Landbouweekblad

Kultivars wat landbou vorentoe vat

-

Beter saad én gunstiger omstandigh­ede as gevolg van bewaringsb­oerdery het groot verskille aan die stabilitei­t en produktiwi­teit van koringboer­dery gemaak, sê Kobus Dippenaar en Cobus Bester van Moorreesbu­rg, Leon Groenewald van Caledon en Niekie Mouton van Eendekuil.

Almal sonder die koms van Sensako se SST-kultivars uit as ’n wending in koringboer­dery, met SST 88 as een van die suksesvols­te kultivars van die afgelope 30 jaar.

Die sukses van SST 88 word toegeskryf aan ’n goeie wortelstel­sel wat die kultivar ook relatief droogtebes­tand maak. “SST 88 is van daardie solid kultivars. Hy drop jou nooit nie,” sê Dippenaar.

Groenewald meen dit is ’n langgroeik­ultivar wat jy moet weet hoe om te behandel.

Dippenaar, Bester en Dirk Lesch van Malmesbury sê in die era voor die “SST’s” was Palmiet ’n baie goeie kultivar.

Deesdae is dit egter SST 0166, sê Lesch en Bester.

Vir húl omstandigh­ede is en bly die lusernkult­ivar

SA Standaard die beste, sê Laubscher Coetzee van Oudtshoorn.

“SA Standaard is droogtebes­tand en baie goed weidingsbe­stand. As hy by ons gevat het, is hy amper soos onkruid. Die fout wat mense partykeer maak, is om te dink omdat hy so droogtebes­tand is, hoef jy hom nie water te gee nie. As jy hom behandel soos die ingevoerde kultivars, is hy net so goed.”

In die mieliebedr­yf was verbeterin­ge in die laat 1980’s tot 1990’s te danke aan PAN6479, wat Kobus van Zyl, landboukun­dige by Omnia, as ’n groot staatmaker beskou. “Daarna het Carnia CRN 3549 goed gevaar. Al het sy graad probleme gegee, was die opbrengspo­tensiaal goed.”

CRN 3505 het kort daarna die voortou gevat, sê Van Zyl. “Dit was ’n kultivar wat teen lae stand steeds baie goeie opbrengste gelewer het.”

Die era van geneties gemodifise­erde mieliekult­ivars, met Bt- en Roundup Readygene het daarna begin.

Willem van Zyl van Hoopstad sê hul mielie-opbrengste het ’n hupstoot met die koms van Monsanto-kultivars (Dekalb) begin. “Ons gemiddeld was 5-6 t/ha voor dié kultivars. Dit het gestyg tot gemiddeld 8,6 t/ha tot

9,9 t/ha voor die afgelope drie versuipjar­e.”

In die “versuipjar­e” het hy gemiddelde opbrengste van 5,5 t/ha, 7,9 t/ha en 8,1 t/ha behaal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa