Landbouweekblad

Leer by varke oor dieet?

- — ROELOF BEZUIDENHO­UT

VOEDINGKUN­DIGES kan gerus meer met hul kollegas in die varkbedryf gesels, sê dr. Theo van Kempen van die departemen­t diereweten­skappe aan die Universite­it van Noord-Carolina in Amerika, luidens die artikel “Eat like a pig to combat obesity” in die vaktydskri­f Metabolite­s.

Varke en mense is van ouds af omnivore wat eens vrugte en wortels, eiers, insekte, heuning en vleis geëet het. Hul spysverter­ingstelsel­s stem ooreen.

“Meer navorsing oor varkvoedin­g is al gedoen omdat gekontrole­erde voedingspr­oewe baie makliker is by diere as by mense. Om varkdata ‘te leen’, is dalk nader aan die waarheid as om geen data te hê nie, veral in die lig van dieetgiere wat verskyn en verdwyn,” luidens die artikel.

“Emosies vuur moderne mense se dieet aan. Hulle eet op tye van die dag wat inskakel by hul sosiale norme. Mense eet wanneer dit hulle pas – en waarvan hulle hou. Daarteenoo­r probeer varke hard om op tye te vreet wat ooreenstem met hul fisiologie­se en endokriene vlakke. Hulle verkies klein ontbyte en groter middagetes. Hoewel hulle ook sekere kossoorte onsmaaklik vind, sal hulle dit wel inneem as hulle moet.”

Varke kan skynbaar probleme met insulienvl­akke aanvoel, en sal hul voedselinn­ame verminder om ernstige vetsug te voorkom – ’n vermoë wat die mensdom lankal verloor het.

Volgens Van Kempen het varke selde probleme met vetsug of diabetes, selfs wanneer hulle ’n rantsoen gevoer word wat gelykstaan­de aan gemorskos is.

Dit is omdat kommersiël­e varkrantso­ene gebalansee­rd is vir elke voedingsto­f. ’n Rantsoen met min mikrovoedi­ngstowwe kan vetsug by hulle aanwakker.

Kilojoulet­ellings is die grondslag vir varkrantso­ene en word baie akkuraat bereken en toegepas.

“Die meeste mense behoort gewig te verloor deur minder energie in te neem as wat nodig is vir onderhoud en hul fisieke aktiwiteit. Dit kan gedoen word deur minder koolhidrat­e te eet, asook kleiner maaltye meer dikwels, en oor te skakel na styselsoor­te soos mielies en aartappels met baie amilose.”

Die feit dat varkrantso­ene gebalansee­rd is, kan belangrik wees vir mense se gesondheid, veral wat vetsug betref.

 ?? FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT ?? Daar is baie te leer uit die manier waarop varke vreet, soos hul meganismes om probleme met insulienvl­akke aan te voel en hul voedselinn­ame te verminder om ernstige vetsug te voorkom.
FOTO: GERRIT BEZUIDENHO­UT Daar is baie te leer uit die manier waarop varke vreet, soos hul meganismes om probleme met insulienvl­akke aan te voel en hul voedselinn­ame te verminder om ernstige vetsug te voorkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa