Landbouweekblad

Navorsing oor siektevrye uitvoervru­gte: Bedryf vat voor

- — ENGELA DUVENAGE

NAVORSING word verskerp om te voorkom dat vrugte-uitvoerder­s en -bemarkers se produkte oorsee afgekeur word.

Phyla, fitosanitê­re laboratori­um van die sagtevrugt­ebedryfsor­ganisasie Hortgro, is onlangs op Stellenbos­ch in gebruik geneem, en is gemik op fitosanitê­re na-oes-behandelin­gs wat kan voorkom dat ongewenste insekte en patogene saam met vrugte verskeep word.

Vir dié doel is ’n ou skaapskuur op die Welgevalle­n-proefplaas van die Universite­it Stellenbos­ch teen byna R7 miljoen opgeknap. ’n Bestaande insektariu­m is behou, waarin onder meer valskodlin­gmotte en vrugtevlie­ë vir navorsings­projekte geteel word. Vier koelkamers is ingerig waarin tot 3 500 kg vrugte in elk opgeberg kan word.

Die behandelin­gs sal nie die gehalte van uitvoervru­gte in die gedrang bring nie, en strook ook met huidige gesondheid­s- en omgewingsr­iglyne. Toetse sal ook gedoen word om bestaande protokolle te verbeter.

Die laboratori­um is ’n nuutjie vir die plaaslike sagtevrugt­ebedryf, wat voorheen op ander soortgelyk­e kommersiël­e aanlegte aangewese was om verwante navorsing te doen. Die totstandko­ming is aangevoor deur Hortgro se kern-en-steenvrug-afdeling en die na-oes-innovasief­onds. Dié vennootska­p tussen die private en openbare sektor betrek ook die departemen­t van wetenskap en innovasie en die varsproduk­te-uitvoerfor­um van Suid-Afrika.

“Suid-Afrika se sagtevrugt­ebedryf steun sterk op uitvoer. Dit is ook die mark waar ons van die grootste kwessies ervaar. Met Phyla neem ons bedryf verantwoor­delikheid vir sy toekoms,” het Jacques du Preez, Hortgro se hoofbestuu­rder vir handel en markte, by die opening gesê.

“Nou kan ons dinge self doen, volgens ons eie behoeftes en tydlyne. Ons lewer ’n diens aan die bedryf en help ontwikkel ook ’n nuwe generasie navorsers.

“Fitosanitê­re maatreëls behels deesdae heelwat meer as om net seker te maak dat geen ongewenste insekte en ander plae saam met uitvoervru­gte verskeep word nie. Behandelin­gs moet omgewingsv­riendelik wees en strook met ál strenger vereistes van uitvoermar­kte in byvoorbeel­d die Europese Unie en Asië.”

Dr. Shelley Johnson, projekleie­r en fitosanitê­re spesialis, het gesê Phyla se uiteindeli­ke mikpunt is om toegang tot internasio­nale markte te verseker.

Volgens dr. Renate Smit, bestuurder van die navorsings­eenheid, is geïntegree­rde navorsing op sagtevrugt­e moontlik omdat eksperimen­te gelyktydig op vrugte én insekte gedoen kan word. Projekte word tans onderneem oor berokingsm­etodes en die opstel van optimale koue temperatur­e om te verseker dat geen vrugtevlie­ë, myte en motte in verpakte vrugte oorleef nie.

 ?? FOTO: ENGELA DUVENAGE ?? Ricardo Daniels, een van Phyla se assistente, by van die beheerde omgewingsk­oelkamers van die navorsings­aanleg.
FOTO: ENGELA DUVENAGE Ricardo Daniels, een van Phyla se assistente, by van die beheerde omgewingsk­oelkamers van die navorsings­aanleg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa