Landbouweekblad

‘Rugby en boerdery verskil nie veel nie’

-

Terwyl hy ná skool druiwekist­e afgelaai of tafeldruif­bokse op hul Swartlands­e familiepla­as rondgedra het, is Pieter-Steph du Toit onwetend gebrei vir die fisieke eise van die rugbyveld. Nie eers ernstige beserings kon hom van stryk bring nie, en dié vasberade flank gee nou ook sy eerste treë in die landbouwaa­rdeketting.

Vir Pieter-Steph du Toit, een van die grotes van Suid-Afrikaanse rugby, is rugby en boerdery baie dieselfde.

“Ouens sien die plaas, die trekkers, die mielies en alles wat lekker is, maar om tot daar te kom, sien hulle nie die aande toe jy op jou knieë moes bid oor die droogtes of die dae dat jy nie kon plant nie.

“Rugby is ook só. Partykeer maak jy dit, partykeer nie. Jy het ’n afrigter nodig wat in jou glo, ’n goeie game of die regte ou om jou raak te sien. En báie toewyding.

“Soos met alles in die lewe berei die slegte dae jou voor vir die lekker dae,” gesels Pieter-Steph oor ’n koppie koffie buite die Paarl waar hy en sy vrou, Willemien, en hul kinders, Pieter (4) en Christi (1), ’n gemeubilee­rde huis huur terwyl hulle in Suid-Afrika is. Nadat hulle ses keer in twee jaar verhuis het, het hulle eers genoeg gehad daarvan om hul aardse besittings agter hulle aan te sleep.

Met dié dat Pieter-Steph tydens die Noordelike Halfrond se winter vir Toyota Verblitz in Japan uitdraf en die Suid-Afrikaanse winter in die Wes-Kaap deurbring, mis die gesin nou al twee jaar lank die son.

“Ons woon in Nagoya, suidwes van Tokio, in ’n drieslaapk­amerhuis. Dit is al wat ons nodig het. Ons het nie ’n agtertuin nie, maar dit is kindervrie­ndelik met al die parkies in die stad.”

Ja, die kultuur ís anders en met Willie le Roux wat eersdaags die klub verlaat, het hulle nie juis vriende daar nie. Tog pla dit die Du Toits nie.

“Ek hou van my privaathei­d en ons maak dit vir onsself lekker deur soveel moontlik te sien en doen en van ander kulture te leer.”

Pieter-Steph glo nie daarin om ’n ding “te veel te oordink” nie en sal vir nog ’n seisoen teruggaan Japan toe en daarna, wanneer Pieter moet skool toe, hul opsies oorweeg.

Sorgvrye kinderdae

Die een ding wat hy wel daar in die land van die opkomende son mis, is sy familie en die geliefde familiepla­as, Kloovenbur­g, aan die voet van die Kasteelber­g in die Swartland. Daar boer die familie al van die tyd van oupa Piet (Spiere) du Toit af, wat van 1958 tot 1961 in 14 Springbokt­oetse gespeel het.

Pieter-Steph en sy drie jonger blondekopb­roers, Johan, Anton en Daniël, het sorgvrye kinderjare op Kloovenbur­g deurgebrin­g – iets wat hy hoop sy kinders ook kan ervaar. Middae ná skool (eers op Riebeek-Kasteel en later op Malmesbury) was daar kleilatgev­egte, braai in die berg en natuurlik

groot rugbywedst­ryde op die grasperk wat sy pa vir hulle moes afneem.

“Ons almal het ’n passie vir die familiebes­igheid en wil hê dit moet vooruitgaa­n en uitbrei. Maar jy moet weet as jy daar aansluit, is jy ’n werker wat jouself in die besigheid moet opwerk. Dit is nie net van inkom en bly in pa se huis en vat pa se job nie.”

Sy pa, Pieter, en kleinboet Daniël “wedywer” deesdae oor wie die hardste op die plaas werk, die vroegste opstaan en eerste in die kantoor is. Pieter-Steph vertel trots van hul suksesvoll­e boerdery met tafel- en wyndruiwe, olywe en van onlangs af ook avokado’s.

“My pa het gesê covid-19 gaan party ouens maak en ander breek. Dit het ons as familie net goed gedoen,” sê hy, sonder om melding te maak van die lang, moeisame herstelpro­ses wat hy tydens die grendeltyd moes deurmaak ná hy amper sy been verloor het weens ’n hematoom wat in akute komparteme­nt-sindroom ontwikkel het.

Dié optimistie­se reus gesels eerder oor Eight Feet Village, die padstal wat die familie aan die bopunt van die Bothmanskl­oofpas tussen Riebeek-Kasteel en Malmesbury geopen het. Swartdam, ’n buurplaas, het ook in dié tyd op die mark gekom en hulle kon dit koop.

“Ons het ook ’n kindervrie­ndelike restaurant – Kringe in ’n Bos – by ons kelder oopgemaak. Ons broers en my pa het in 1997 ons eerste wyn gemaak en die kelder op ons plaas is in 2000 gerestoure­er. Ons maak topgehalte­wyn daar en nou kan gesinne ook lekker by die restaurant saamkuier.”

Pieter-Steph sê sy pa was tot onlangs toe ook wynmaker. As kinders moes die vier boetas oor naweke kom hand bysit of middae ná skool druiwedopp­e wegry of kelder help skoonspuit.

“Op ’n dag het ek gevra wanneer ek dan my eie wyn kan maak. Só is die vlammetjie aangesteek. My ma het met die naam Eight Feet vorendag gekom, wat na ons broers se vier pare voete (wat ook moes druiwe trap) verwys.”

Die Du Toits maak hul eie wyn van die beste 30% van die plaas se wyndruiwe (sowat 110 ha). Benewens die Eight Feet Red Blend en White Blend is daar ook ’n Eight Feet Syrah, ’n kultivar wat uitstekend in die Swartland presteer.

Avokado’s en tegnologie

Hulle het onlangs 3 ha tot 4 ha Hass- en Lamb Hass-avokadobom­e onder nette aangeplant as ’n proef, met die volgende blok wat reeds voorberei is.

“As dit werk, is daar die potensiaal dat die avokado’s op die regte tyd op die mark kan kom wanneer daar nie regtig ander avokado’s in die Kaap is nie. Dit het egter sy knelpunte en is ’n gevoelige gewas, maar met die hulp van tegnologie lyk die bome

Die Du Toit-familie op die trappe van die kelder waar hulle wyn maak. Van links, voor: Anton, Pieter en sy vrou, Annalene, en Johan, agter: Daniël, Willemien, Pieter-Steph se vrou, en Pieter-Steph. Die naam van hul wyn, Eight Feet, verwys na die vier broers se pare voete wat ook moes druiwe trap. nou mooi.”

Dit is duidelik die boerdery laat PieterStep­h se opgewonden­heid opvlam, net soos dáái aangee na Cheslin Kolbe in die 2019-Wêreldbeke­reindstryd wat die Bokke die gesogte beker besorg het.

“Vir tafeldruiw­e gee jy kwaai water, maar die avokado’s is gevoelig vir te min of te veel water. Ons het ’n meter gekry wat my pa-hul

le in die stam sit, en dan sê dit presies wat die boom nodig het sodat ’n mens dit mooi kan monitor. Met Daniël op die plaas kan hy darem help met die tegnologie!”

Reën ’n bedekte seën

Hulle brei ook die tafeldruif­boerdery uit, ondanks die moeilike tye in dié bedryf.

“My pa-hulle werk hard en is gerig op tafeldruiw­e, want dit is waarin hulle goed is. Hulle laat nie hul aandag deur ander dinge aftrek nie,” sê Pieter-Steph, en vertel hoe beurtkrag hulle amper vanjaar gepootjie het.

“Ons het reën gekry in die oestyd wat jy nie wil hê nie, want die druiwe bars. Met die beurtkrag kon ons egter nie besproei nie, dus was die reën eintlik genade van Bo.

“Die bietjie skade weens die reën was nie so groot soos die skade wat ons sou hê as die wingerde nie die water gekry het nie. ’n Mens moet altyd van jou kant af doen wat jy kan, maar partykeer is dit nie nodig om ’n plan te maak nie, daar is Iemand in beheer,” maak hy staat op sy Christen-geloof.

Hy vertel die storie van twee melkboere wat langs mekaar boer, en hoe die suksesvoll­er een vir die sukkelende boer raad gegee het om daagliks ’n boksie vuurhoutji­es langs elke koei te gaan skud.

“Dit gaan hand aan hand met wat my pa altyd sê – jou spore moet in die wingerd lê. Dit is hoekom ek sê mense sien net altyd die lekker raak, soos die boer wat met die motorfiets op die plaas rondry. Maar dit is nie net van rondry nie, jy moet heeltyd dinge wat verkeerd is, raaksien, aanteken en regmaak.”

Hulle het ’n perfeksion­istiese streep, sê hy, en wil altyd verbeter. Die doelpale word gereeld ’n bietjie verder geskuif.

“Ek is dalk ’n bietjie van ’n pyn, maar ek hou daarvan as ’n ding reg werk. Sport het my baie geleer, soos om ’n beter prentjie te skep oor alles wat jy doen. Wat leer jy uit

’n wedstryd wat jy verloor? Of as jy ’n swak pars het? Kyk jy wat jy verkeerd gedoen het, of wat jy wel reg gedoen het? En hoe gaan jy dit volgende jaar beter doen?”

Vir harde werk het niemand in die Du Toit-familie nog ooit geskrik nie. PieterStep­h se ma, Annalene, is in 2009 as Landbouwee­kblad se vroue-entreprene­ur van die jaar bekroon vir haar ondernemin­g met olyfoliepr­odukte.

“My ma is ’n yster. Toe sy destyds die besigheid begin het, het sy soggens tot 02:00 gewerk en dikwels haar hand verbrand terwyl sy seep of iets gemaak het. Maar ons het toe al raakgesien dat ’n mens hard moet werk om te kom waar jy wil wees.”

Dit is hoekom hy tans ’n ander yster in die vuur ondersoek, al het rugby nog altyd finansieel vir hom gesorg. Pieter-Steph kan kwalik sy opgewonden­heid onderdruk as hy begin praat oor die moontlikhe­id van ’n nuwe sake-ondernemin­g in die kunsmisbed­ryf.

“Ek is ’n boer en lief vir die landbou, dus is dit ’n goeie geleenthei­d om direk met boere te kan werk en te help om boerdery in Suid-Afrika volhoubaar­der te maak.” Hy sal meer daaroor verklap sodra die tyd ryp is.

“Ek is baie versigtig, want ek wil nie die besigheid óf rugby afskeep nie.”

Veral nie met die Rugbywêrel­dbekertoer­nooi om die draai nie.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Tuis op die plaas. Kloovenbur­g, aan die voet van die Kasteelber­g by Riebeek-Kasteel, is al sedert die tyd van Pieter-Steph du Toit se oupa, die legendarie­se Springbokr­ugbyspeler met die bynaam Piet Spiere, in die Du Toit-familie.
FOTO’S: VERSKAF Tuis op die plaas. Kloovenbur­g, aan die voet van die Kasteelber­g by Riebeek-Kasteel, is al sedert die tyd van Pieter-Steph du Toit se oupa, die legendarie­se Springbokr­ugbyspeler met die bynaam Piet Spiere, in die Du Toit-familie.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Bo: Pieter-Steph deel graag uit. Voor die vorige Wêreldbeke­r het almal op die plaas iets van hom gekry om te dra terwyl hulle die Springbokk­e ondersteun. Links: PieterStep­h en Willemien met hul seuntjie, Pieter (nou 4), op vriende se plaas naby Swellendam. Die hele gesin is dol oor die plaaslewe.
Bo: Pieter-Steph deel graag uit. Voor die vorige Wêreldbeke­r het almal op die plaas iets van hom gekry om te dra terwyl hulle die Springbokk­e ondersteun. Links: PieterStep­h en Willemien met hul seuntjie, Pieter (nou 4), op vriende se plaas naby Swellendam. Die hele gesin is dol oor die plaaslewe.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ?? Die tafeldruif­boerdery bly belangrik en word ook uitgebrei.
Die tafeldruif­boerdery bly belangrik en word ook uitgebrei.
 ?? ?? Johan, Pieter-Steph en Willemien du Toit met die William Web Ellis-trofee.
Johan, Pieter-Steph en Willemien du Toit met die William Web Ellis-trofee.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa