Landbouweekblad

Watter drie staan vir jou uit?

-

Die een waaroor ek die blyste was, was in die Wêreldbeke­reindstryd in 2019 teen Engeland toe ek vir Cheslin Kolbe die bal kon aangee — ek was net te moeg om self te hardloop en hy was in ’n beter posisie — en hy kon gaan druk, en toe weet ek ons wen die wedstryd en Wêreldbeke­r. Ek dink dit was die beste pass vanmylewe.

Watter Wêreldbeke­ruitslag het jy glad nie verwag nie?

Toe Japan die Springbokk­e geklop het! En toe Engeland vir Nieu-Seeland in 2019 geklop het, veral oor die manier waarop hulle gespeel het. Dit wys jou net, as die span wat op dreef is iets régtig wil hê, kan hulle enigiemand van die veld af speel.

Wat is jou voorspelli­ng vir vanjaar se Wêreldbeke­rtoernooi?

Die Bokke gaan wen, hoe anders? Nee, ek dink die Bokke gaan régtig wen. Dit gaan waarskynli­k een van die mededingen­dste Wêreldbeke­rs wees. Ek dink daar gaan amper twee keer meer Suid-Afrikaners Wêreldbeke­r toe as in 2019, en die mense is passievol en opgewonde. Dit gaan ook ‘n baie spesiale Wêreldbeke­r wees in dié opsig dat hierdie groep vir ’n laaste keer bymekaar gaan wees voordat nuwe spelers begin inkom.

Watter lewensles het jy al by ’n afrigter of spanmaat geleer?

Rugby het my geleer dat niks so erg is as wat jy dink nie. Ek was al baie beseer, en dan was ek teleurgest­eld en hartseer, maar het elke keer herstel. Op die ou end sal ek die beserings vir niks verruil nie, want dit maak die hoogtepunt­e net soveel beter. Dit is dieselfde met verloor. Ons het al sleg verloor — 57-0! — maar dan kom die son die volgende dag weer op. Jy moet net buite die water staan, rustig wees en die groot prentjie in gedagte hou.

Is daar ’n rugbytoer wat vir jou uitstaan?

Ek hou daarvan om Brittanje toe te gaan vir die einde-van-die-jaar-toer. Die ondersteun­ing is goed, dit is lekker velde en lekker rugby. En dit is maklik om soontoe te reis.

Vertel ’n bietjie wat agter die skerms tydens toere gebeur?

Dinge raak baie profession­eel; daar is pret en so aan, maar ons is heeldag besig. Daar is nie juis tyd vir ander dinge nie, buiten om soms gholf te speel op ’n afdag. Alles is ook deesdae op sosiale media, dus moet jy versigtig wees wat jy sê en doen.

Dit is nie ’n geheim nie, maar die aand ná die laaste game van elke toer is wanneer almal hulself net geniet en lekker kuier. Dit is wanneer ons kontiki hou en almal wat drooggemaa­k het, se stories uitkom.

Die vier broers van Kloovenbur­g. Van links is Daniël, Johan, Pieter-Steph en Anton.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa