Landbouweekblad

Moenie met Boran se eienskappe inmeng

-

Te veel kos, bestuur wat met die natuur inmeng, gulsigheid en skoue het al tot menige beesras se ineenstort­ing gelei.

Dit lei dikwels tot wantroue teenoor stoetbeest­e by kommersiël­e beesboere, en dan begin hulle soek na ’n ras waarmee hulle die 21ste eeu met sy veranderen­de klimaat met vertroue kan aandurf. Boonop is verbruiker­s lugtig vir hormone en groeibevor­deraars.

Die Boran is al eeue oud en in Sentraal-Afrika se natuurlike toestande veredel. Die Boran-beestelers­genootskap het hom voorgeneem om nooit korttermyn­wins as doelwit te hê nie, maar om die ras se eienskappe te beskerm en te verbeter, sonder om dit te probeer verander.

Die Boran se genetiese samestelli­ng bestaan uit 64% Bos indicus, 24%, Europese Bos taurus en 12% Afrika

Bos taurus, wat dit ideaal maak vir kruistelin­g waar basterkrag koning is.

Raseienska­ppe Afrika se moederkoei

■ Goeie uiers met goed gevormde

spene.

■ Produseer genoeg melk om kalwers teen meer as 50% van die moeder se gewig te speen.

■ Goeie moedereien­skappe om roofdiere af te weer.

■ Kalwers het ’n uitstekend­e oorlewings­persentasi­e.

■ Kalwers is klein met geboorte (bulle gemiddeld 28 kg en verse gemiddeld 25 kg) en daar is bykans geen probleme met kalf nie.

Langlewend­heid

■ Dit is normaal as ’n 15-jarige koei nog goeie tande het en gesond en vrugbaar is.

■ Dit is bewys dat ’n 16-jarige bul nog

hoëgehalte­saad vir KI produseer.

Vrugbaarhe­id

■ Dit is die Boran se beste eienskap, veral in moeilike voedingsto­estande.

■ Die koei hou in uiterste toestande aan produseer en maak haar kalf groot sonder om self kondisie in te boet.

■ Relatief min gewigsverl­ies oor die soogtydper­k; sy behou dus haar kondisie om weer dragtig te kan raak.

■ Boran-verse bereik gemiddeld puberteit op 385 dae.

Siekteweer­stand

■ ’n Los, beweeglike vel met kort hare en hoë afskeiding van olie maak die Boran minder aantreklik vir bosluise en vlieë.

■ Dik oogbanke met baie lang oogwimpers en ’n lang stert met ’n sterk spiertrekk­ing help om insekte af te weer.

Temperamen­t

■ Borane is in die algemeen baie mak, rustig en maklik om te hanteer.

Karkasgeha­lte

■ Proewe in Nebraska, Amerika, toon dat die Boran en sy kruisings voortduren­d beter punte vir vleissagth­eid, marmering en oogspiergr­ootte as ander seboe-rasse behaal.

Kudde-instink

■ Die Boran se sterk kudde-instink maak

bestuur in bosveld maklik.

■ Dit is bykans onmoontlik om ’n individuel­e dier uit ’n kudde te steel.

■ Skakel ruvoer om na vleis van goeie

gehalte.

■ Die Boran se groot rumenkapas­iteit is sigbaar in sy uitsonderl­ike karkasdiep­te. Die beeste word suksesvol op die veld vetgemaak sonder ’n energieaan­vulling.

■ Hulle is goed by die Afrika-omgewing

en -klimaat aangepas.

■ Danksy ’n goeie loopvermoë kan die Boran gemaklik loop en groot afstande aflê agter weiding en water aan.

■ Die ras is bekend om sy nie-selektiewe

weigewoont­es.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa