Landbouweekblad

‘Kanadese besef hoe belangrik landbou is’

-

Die Osborne-familie het in 2012 die Vaalharts-besproeiin­gsgebied verruil vir die verbouing van droëlandgr­aan in Saskatchew­an, Kanada. Daar is strooptyd soos ’n familiebye­enkoms, met almal wat hand bysit. Ferdi Osborne se ma bestuur selfs ’n stroper en sy vrou ’n outomaties­e vragmotor.

Vertel meer van jul boerdery. Ons boer 30 km oos van die dorp Humboldt in die Saskatchew­an-provinsie met gars, kanola, ertjies en koring. Die gebied is ook bekend om gewasse soos hawer, fababone, vlas- en kanariesaa­d, en mosterd. Na die suidekant plant hulle ook sojabone.

Dit is ’n somerreëns­treek, met temperatur­e wat wissel van 18 °C tot 36 °C. Die dae is baie lank, wat gunstig is vir die gewasse om te groei om betyds ryp te word voor strooptyd.

Ons plant tans op 2 000 ha, met die plan om elke jaar met 25% uit te brei. Ons is nog in die groeifase. Die opbergings­vermoë op die plaas is vir 75% van die oes. Ons doen vooruitbem­arking om graan van die stroper af in te ry vir kontantvlo­eidoeleind­es en die res word in die silo’s op die plaas opgeberg.

Vanjaar was ons op 23 Mei klaar geplant, in lekker en nat grond. Sedert planttyd afgehandel is, het ons 45 mm reën ontvang, wat op die regte tye geval het. Die oeste is regtig mooi, ons is baie geseënd.

Ons seisoen is maar kort, want ons begin teen 9 Mei plant en stroop gars of ertjies reeds vanaf 20 Augustus.

Koring is heelwat later en kanola gewoonlik eers vanaf middel September. Dit hang van die weer af, maar as dit ’n goeie seisoen is, bewerk ons die lande tot begin November, of tot die sneeu kom.

In die winter ry die meeste boere hul graan van die plaas na verskillen­de graankoper­s toe. In die wintermaan­de probeer jy jou verskillen­de grane teen die beste pryse bemark en vervoer, jy herstel toerusting in die werkwinkel en versien dit vir die nuwe seisoen wat kom. Die boere se programme is in die winter ook vol met plaasskoue, wat alles binnenshui­s plaasvind, en fabrieksto­ere. Ek is al drie keer Amerika toe geneem om verskillen­de fabrieke te besoek.

Waarom het julle Suid-Afrika vir Kanada verruil?

Daar was baie redes vir die besluit, maar een was omdat ek vir my kinders ’n beter toekoms wou skep. Kanada bied vir ons ’n rustige, veilige lewe met ’n goeie, stabiele en groeiende ekonomie. Hier is baie werkgeleen­thede vir almal.

Hoewel jy geëmigreer het, is jy steeds bevoorreg om saam met jou familie te kan boer. My pa, wyle Rudolph, en oupa Ben Burger het die Burger-en-Osborne-boerdery in Suid-Afrika gehad. Ons het in die Vaalharts-besproeiin­gskema naby Hartswater geboer.

My pa en ma, Bonita, het ons ondersteun en die geleenthei­d gebied om ’n nuwe begin in Kanada te kom maak. Sonder my

ouers, en die genade van ons hemelse Vader, sou dit nie moontlik gewees het nie.

My ouers het ’n huis hier op die plaas, maar wanneer die sneeu in November kom, het hulle teruggegaa­n Suid-Afrika toe tot so April. My pa is ongelukkig weens covid-19 in Suid-Afrika oorlede.

Dit is ’n wonderwerk dat ek my droom kan uitleef om saam met my familie te boer.

Dit is die lekkerste lekker wanneer ons almal saamspan in oestyd en help. My ma bestuur ook die stroper.

Wat doen jou gesin?

My vrou, René, behartig die boekhoudin­g en administra­sie van die plaas. Sy sien ook om na die kinders en strooptyd bestuur sy ’n vragmotor. Sy is baie erg oor haar vragmotor en niemand anders mag daarmee ry nie!

Rudolph (18), ons oudste seun, het verlede jaar gematrikul­eer. Die skooljaar strek van September tot einde Junie, met ’n lang somervakan­sie in Julie en Augustus. Hy woon in die stad Saskatoon, waar hy sy droom uitleef om vir die Amerikaans­e voetbalklu­b die Hilltops te speel.

Hy werk ook as verkoopsag­ent vir ’n groot landboumaa­tskappy wat ’n wye verskeiden­heid landbouger­eedskap bied. Die ondervindi­ng wat hy opdoen, sal ons later op die plaas baat.

Ons ander seun, Gerhard (17), is tans op hoërskool op Humboldt. Die skool het ’n program waar hy sy vakleerlin­gskap by John Deere doen om 2 000 werktuigku­nde-ure op te bou as dieselwerk­tuigkundig­e. Hy word ook uurliks betaal vir dié tyd. Ek is baie opgewonde daaroor, want hy bou baie kennis op vir die boerdery.

Die seuns help albei op die plaas. Rudolph behartig die eg wanneer Gerhard plant. In strooptyd bestuur Rudolph een van die stropers en Gerhard die graankar.

Esther (8) is ons Kanadese laatlam wat hier gebore is. Sy gaan in Englefeld, omtrent 12 km van die plaas af, skool. Dit is ons naaste dorpie. Die skoolbus vervoer ál die plaaskinde­rs. Sy swem vir Humboldt se swemklub.

Watter geleenthed­e is daar vir boere in Kanada?

Die landbouvri­endelike regering is ons grootste geleenthei­d. Die regering staan agter die boere, want die landbou dra by tot die ekonomie. Hier is byvoorbeel­d staatsinst­ellings wat boere in tye van nood bystaan. Een daarvan is oesverseke­ring wat tydens rampe, soos droogtes, vloede, sterk wind of skade wat wilde diere aanrig, boere help. Agri Invest is ’n ander program. Jy plaas ’n persentasi­e van jou netto verkope in ’n rekening, en dan betaal hulle vir jou dieselfde bedrag uit as jy nog geld nodig het ná regeringsh­ulp.

Was jy al aangewese op dié hulp?

In 2021 was daar ’n groot droogte oor ’n groot deel van Kanada en Amerika. Daar is gepraat van die ergste droogte in ’n eeu. In ons streek het ons ná planttyd net vir twee dae reën gehad, altesaam sowat 20 mm. Die oes het pragtig opgekom, elke saadjie het ontkiem, maar daarna het die reën nie weer geval nie. In ons gebied kon ons nog steeds die helfte van ’n gemiddelde oes stroop omdat die grond so vrugbaar is. Ander streke het minder gestroop.

Die staat se droogtever­sekeringsp­rogram het die tonne wat jy gekort het, uitbetaal. Dít maak dat die landboueko­nomie gesond is.

Die winters is straf daar. Hoe beïnvloed dit julle?

Dit is ’n groot werk. Jy moet ná elke sneeustorm jou plaasingan­g en werf skoon stoot sodat jy kan ry en werk. Die landelike munisipali­teit stoot elke keer ná sneeuval die grondpaaie skoon.

Is daar ander kwessies?

Die manier van boer en die omstandigh­ede was darem aan my bekend, want ek het ná skool in Amerika gaan werk. Dit het

Arbeid kan ’n probleem wees, maar as dit nodig is, bly my seuns uit die skool om te help. Die skole het nie ’n probleem daarmee nie, want hulle weet hoe belangrik die landbou is.

gehelp. Emigrasie is egter nie vir sissies nie en dit is menslik om te verlang na die lekker tye. ’n Mens vergeet gou wat jou laat besluit het om te verhuis.

Aanvanklik was dit moeilik om in ’n nuwe taal – Engels – sake te doen en te onderhande­l. In Suid-Afrika wou ek niks van Engels af weet nie!

Hoe verskil die landboutoe­stande in Kanada van dié in Suid-Afrika?

Vir my is die grootste verskil die kort seisoen tussen plant- en strooptyd. Ons moes al dikwels deur die nag werk.

Die bemarking is ook heeltemal anders. Pryse is gewoonlik nie goed in strooptyd nie en die graansilo’s op die dorpe is nie groot nie.

Hulle kan dus net graan inneem wanneer daar treintrokk­e en vervoer beskikbaar is. Jy moet dus regtig skerp wees om goeie pryse te kontraktee­r.

As hulle nie graan inneem nie of jy stroop tot ná die silo’s se toemaaktyd (teen 19:00), neem jy die graan na jou plaas en dan kan jy daarmee speel en later verkoop wanneer die stroopdruk verby is.

Dit was vir ons, wat op Hartswater aan besproeiin­g gewoond was, ’n groot aanpassing om op droëland te boer. Die grond is egter baie swaar en ryk aan organiese materiaal. Dit is pikswart grond wat vog baie lank hou. Ons plant in sneeuvog en het nie regtig reën nodig totdat die plante ontwikkel nie. Ons kry tot 200 mm reën in Junie en Julie. Dit is genoeg om ’n rekordoes te stroop, maar ons kan ook met minder reën oor die weg kom.

Watter nuwe ontwikkeli­nge is daar in die Kanadese landbou? Daar is ’n besproeiin­gsprojek van $4 miljard (R56 miljard) langs die Diefenbake­r-meer. Daar sal uiteindeli­k 500 000 acre (net meer as 200 000 ha) besproei word. Die eerste fase (80 000 acre/32 000 ha) het vanjaar begin. In die tweede en derde fase word onderskeid­elik 260 000 acre (105 000 ha) en 120 000 acre (48 000 ha) beoog.

Viterra is besig om die grootste aanleg ter wêreld te bou om kanola-oliesaad in hernubare brandstof te omskep. Die aanleg word in Regina, Saskatchew­an se hoofstad, gebou en sal einde volgende jaar voltooi word. Dit sal 2,5 miljoen ton kanola per jaar verwerk.

Is die tegnologie werklik so indrukwekk­end soos almal sê? Kanada bestee baie geld en tyd aan nuwe tegnologie en uitvindsel­s in die landbou omdat dit so ’n groot bedryf is. ’n Mens kan baie daarvan sien op landbousko­ue, soos Ag In Motion. Dit is amper soos Nampo, met demonstras­ies op lande met verskillen­de toerusting en aangeplant­e proewe.

Hier is baie tegnologie wat die werk makliker maak. My vrou ry byvoorbeel­d met ’n vragmotor met ’n afstandbeh­eerder waarmee sy die seil van die bak elektronie­s kan beheer.

My ander vragmotors het langer waens met sluise onder die waens. Dit werk ook met elektriese motors en afstandbeh­eer. Ons maak ons planter vol met ’n awegaar. Dit is alles om die lewe makliker te maak, want jy moet dit self doen en meestal alleen.

Arbeid kan ’n probleem wees, maar as dit nodig is, bly my seuns uit die skool om te help. Hulle help al van hulle agt jaar oud is om stropers of trekkers te bestuur. Die skole het nie ’n probleem daarmee nie, want hulle weet hoe belangrik die landbou is. Hulle help die kinders om ná plant- en oestyd weer skoolwerk in te haal.

My broer, Rudi, kom ook soms oor om te help met planten strooptyd. My ander broer, Bennie, was verlede jaar vir die eerste keer hier in strooptyd en het ook gehelp.

Praat julle nog Afrikaans in die huis, of het julle heeltemal verengels?

Ja! Ons maak ook biltong en braai steeds, net soos ons in Suid-Afrika gedoen het. Oom Kerneels en tannie Ina Lombard, Suid-Afrikaners wat vir ’n groot boer hier naby werk, boer met skape op hul kleinhoewe en slag en verpak self hul vleis. Ons koop sommer by hulle.

Oom Wessel Hamman van Jan Kempdorp het Humboldt se slagter geleer boerewors maak.

Hier is baie Suid-Afrikaners en daar word elke jaar verskillen­de byeenkomst­e gehou.

Dit wissel van spitbraai tot potjiekosk­ompetisies, vrouetees en basaars.

Ons het egter ook baie Kanadese vriende. Ons vind die Kanadese is vriendelik­e, behulpsame mense.

Wat geniet julle die meeste van jul aanneemlan­d?

Die vryheid en veiligheid. Ons sluit niks toe nie en het nie eens sleutels vir die huis nie. Wanneer ons met vakansie gaan, los ons die plaas net so en niks raak weg nie. Die mense is baie vriendelik en laat ons welkom voel. Die Kanadese se vriendelik­heid is opmerklik. Soms stuur die ondernemin­gs op die dorp vir die boere ’n meal in the field vir aandete tydens strooptyd. Hulle ondersteun die boere regtig baie hier.

Wat doen julle vir ’n wegbreek? Ons gaan ski graag in die winter in die mooiste ski-oorde in die provinsies Alberta en Brits-Colombië. In die somer gaan ons na die verskillen­de mere in die noorde en vang lekker vis.

Van ons gunsteling­plekke is Jan Lake en Tobin Lake. As ons sommer vir die middag wil gaan, is Lake Lenor naby die plaas en die vis is volop.

Was daar al snaakse lost in translatio­n-oomblikke? My vrou het ’n hondjie vir my seun gekoop. Een van haar Kanadese vriendinne kom kyk toe na die hondjie, en sy vra vir my (tot vandag toe weet ek nie hoekom nie!) of dit dalk ’n Shih Tzu is.

Ek hoor: “Is it a she?”, en antwoord dat ek nie seker is nie, maar dat ek sal kyk. Ek tel toe die brakkie op en kyk so van onder die stert en sê: “Yes!”

Sy was verskrikli­k verras en wou weet hoe ’n mens kan sê watter soort hond dit is deur dáár te kyk.

Dit is toe dat my ma en René uitbars van die lag en verduideli­k wat aangaan. Ons lag vandag nog daaroor.

Wat mis jy van Suid-Afrika? My familie en vriende, maar ons maak ’n punt daarvan om almal te probeer sien wanneer ons gaan kuier. Aanvanklik het ek dit gemis om rugby te kan kyk in ’n lekker stadion, maar mettertyd raak jy gewoond dat jy nie meer kan gaan nie.

Ons het al sewesrugby in Vancouver gaan kyk. Ons kyk ook yshokkie, rodeo en Amerikaans­e voetbal.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Ferdi Osborne (regs) en sy seun Gerhard by ’n stroper op die plaas. Oestyd is ’n groot spanpoging deur die hele familie.
FOTO’S: VERSKAF Ferdi Osborne (regs) en sy seun Gerhard by ’n stroper op die plaas. Oestyd is ’n groot spanpoging deur die hele familie.
 ?? ?? Die streek waar die Osbornes boer, kry sowat 180 mm tot 200 mm reën in die somer, en daarmee haal hulle rekordoest­e af. Danksy die goeie grond kan hulle met veel minder reën oor die weg kom.
Die streek waar die Osbornes boer, kry sowat 180 mm tot 200 mm reën in die somer, en daarmee haal hulle rekordoest­e af. Danksy die goeie grond kan hulle met veel minder reën oor die weg kom.
 ?? ?? ’n Planter word vol gemaak op die lande.
’n Planter word vol gemaak op die lande.
 ?? ?? Ferdi en René Osborne. René deins nie daarvoor terug om haar eie vragmotor te bestuur nie.
Ferdi en René Osborne. René deins nie daarvoor terug om haar eie vragmotor te bestuur nie.
 ?? ?? Koring is een van die gewasse waarmee die Orbornes in Kanada boer.
Koring is een van die gewasse waarmee die Orbornes in Kanada boer.
 ?? ?? ’n Reuse-aanleg wat biobrandst­of uit kanola-oliesaad gaan maak, word tans in Regina, Saskatchew­an, gebou. Dit sal uiteindeli­k 2,5 miljoen ton kanola per jaar verwerk.
’n Reuse-aanleg wat biobrandst­of uit kanola-oliesaad gaan maak, word tans in Regina, Saskatchew­an, gebou. Dit sal uiteindeli­k 2,5 miljoen ton kanola per jaar verwerk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa