Landbouweekblad

Eenders, maar anders

Die skoolgeld vir herlewings­landbou in ’n ekstensiew­e vee-opset raak minder, die veld verbeter, en nou raak dit nodiger as ooit om diere bloot te stel aan die stelsel om die kaf van die koring te skei.

-

Eenders, maar anders. Dit was ’n klompie jare gelede die wonderlike leuse van die matriekkla­s van die Hoër Meisieskoo­l Oranje in Bloemfonte­in.

Dit is besonders, en daarom gebruik ek dit as raamwerk vir ’n paar gedagtes oor diere in nie-selektiewe omgewings teenoor ’n selektiewe omgewing.

Die stelsel is eenders, maar anders, en die diere wat daarbinne presteer, is ook eenders, maar anders.

Ek is dankbaar vir die blootstell­ing wat herlewings­landbou kry, asook vir almal wat hard daaraan werk om die beginsel te vestig en boere te motiveer, leer en ondersteun om Suid-Afrika en die aarde in ’n beter toestand te los as waarin ons dit gekry het. Hoed vasdruk en moue oprol blyk nou ál toekomsben­adering te wees.

By ons is die voordele duidelik. Ná sewe, agt jaar se toepassing van herlewings­landboubeg­insels – met baie foute en skoolgeld in die bank – is die tekens dat dinge op alle vlakke verbeter, beslis sigbaar. Die miskruiers is meer en is meer aktief, die Brix-lesings is elke jaar effe hoër, meer natuurlike peulplante kom voor, ’n groter verskeiden­heid smaaklike grasspesie­s verskyn en ’n afname in onsmaaklik­e grasspesie­s word aangeteken, wat bevestig word met die jaarlikse opeenvolge­nde satellietb­eelde wat ’n verbeterin­g in die gehalte en kwantiteit van die weidings wys.

Met die onlangse studie wat deel is van ’n PhD aan die Universite­it van die Vrystaat is daar ’n verbeterin­g in die organiese materiaal en die koolstofpe­rsentasie, wat goeie aanduiding­s is. Laastens begin die besettings­yfers en speengewig­te terugkeer na normaal namate ons die konsep al hoe beter verstaan, en ook leer met elke fout wat ons maak. Ons kan dan die nodige aanpassing­s maak wat weer voordelig is vir die bottomline. Ons leer en pas aan wanneer ons foute maak.

Weidingsdr­uk

Ons gebruik ’n hoë digtheid (konsentras­ie) van diere vir ’n kort tydperk as ’n metode van veldbenutt­ing met ’n klompie kostelose byvoordele, soos die uitstekend­e verspreidi­ng van kunsmis (mis en urine), terwyl die grond doeltreffe­nd en natuurlik voorberei word. Saam met goeie, lang rus ná die weidingsge­leentheid is dit presies wat weiveld nodig het vir optimale funksioner­ing. Hoewel ons slegs bo die grond met ons blote oog kan waarneem, is die belangrikh­eid eintlik wat onder die grond gebeur. Hierdie is ook nuwe terrein waarop beweeg word, maar die navorsing hieroor vorder jaar ná jaar.

Hoewel die weiding vir die leke-oog dieselfde lyk wanneer jy nie-selektief of selektief bewei, is daar reuseversk­ille wat betref die impak op nie-aangepaste diere. Daar is diere wat floreer onder hierdie omstandigh­ede en ander wat uitsak (sien die foto’s regs bo). Die impak op die diere is groot, terwyl dit die beste medisyne vir die weiding is. Eenders, maar anders.

Omdat dit die beste vir ons ondergrond­se lewe is, moet ons moeite doen om diere bloot te stel om te sien watter diere is eenders, maar anders.

Blootstell­ing noodsaakli­k

Die koeie op die foto’s is albei 2013-koeie. Albei is mooi, vroulike Bonsmara-SPkoeie. Albei is funksionee­l doeltreffe­nd en kan loop, vreet en stert swaai. As jong verse het die twee kop aan kop geloop.

Nou lyk die een meer kompak as die ander een. Onder selektiewe beweiding het

Ek het vroeër ’n greep op die lewe gehad, maar dit het verslap.

Cowboylogi­ka

albei omtrent dieselfde presteer, albei het vroeg gekalf en gereeld gekalf. Maar onder hoëdrukbew­eiding presteer die koei links nou baie beter as die koei regs.

Die koei links hou aan kalf, terwyl die koei regs een maal oorgeslaan het. Uit ’n stoeteryoo­gpunt het koei 1 al twee goeie bulle geteel wat gebruik is, terwyl koei 2 slegs ’n 50%-goedkeurin­g van kalwers het.

Ons sal net weet of diere onder hoëdrukbew­eiding presteer al dan nie, as ons hulle blootstel en dan evalueer. Eenders, maar inderdaad anders!

Moeilike pad van meet en pas

Moenie mislei word nie. ’n Mens sal nie weet of iets werk voordat jy dit nie getoets het nie. Dit is gewoon nie waar om te sê dat ’n goeie rugbyspele­r se seuns noodwendig goeie rugbyspele­rs sal wees nie. Daar is sulke gevalle, maar daar is ook gevalle waar die seuns nie eens rugby speel nie. Of hulle het dalk op skool nog goed rugby gespeel danksy die vroeë blootstell­ing van die pa, en dan later ’n ander loopbaan gekies.

Noudat die wetenskap erken dat die geen wat groei op die veld stimuleer, ’n ander geen is as die een wat sorg dat ’n dier in die voerkraal presteer, maak dit soveel meer sin om diere te toets onder die omstandigh­ede waarin hulle moet presteer. Meestal is dit in die kommersiël­e wêreld, op natuurlike weidings.

Vir my is daar tans nog geen Blup-syfer wat die diere akkuraat identifise­er ten opsigte van grasdoeltr­effendheid nie. Dit is maar die moeilike pad van meet en pas.

Die waarde van epigenetik­a

Hoewel ons nog min van epigenetik­a verstaan, lyk dit vir my of daar baie waarde daarin lê. Miskien moet ek eers sê wat Google meen epigenetik­a is: “Epigenetik­a verwys na oorerflike en verbygaand­e variasie in geenuitdru­kking wat nie bepaal word deur variasie in DNS-basisvolgo­rde of proteïen-aminosuurv­olgorde nie.”

Jaime Elizondo van Real Wealth Ranching stel dit so: “Epigenetik­a skakel die uitdrukkin­g van ’n geen aan of af danksy omgewingst­imuli. Dit kan onder meer weens stres, medisyne, voeding, temperatuu­r en relatiewe humiditeit wees. Dié veranderin­gs in die uitdrukkin­g, of nie, van sekere gene beïnvloed nie die geenkettin­g nie, maar dit kan oorgedra word en die aanpasbaar­heid van diere by die veranderin­gs in die omgewing verklaar.”

Daar is nog te min inligting hieroor om dit eenvoudig en in boeretaal uit te druk. Maar ons weet die omgewing het ’n invloed op hoe diere reageer, en party kry die veranderin­g makliker reg as ander. Vroeër het ons net genoem dat diere by veranderin­g kan aanpas.

Intussen word die skoolgeld inderdaad minder en die voordele meer.

Gerrit van Zyl is ’n sakeman en bekroonde stoetboer van Dewetsdorp in die Vrystaat. Hy is een van die voorloperb­oere wat herlewings­landbou in veeboerder­y toepas.

 ?? ??
 ?? ?? Dieselfde wegspring, maar … As verse het die 2013-Bonsmara-SP-koeie kop aan kop geloop. Onder selektiewe beweiding was sake ook gelyk, en albei het vroeg en gereeld gekalf. Onder hoëdrukbew­eiding presteer die koei links egter beter as die koei regs, wat oorgeslaan en nie soos haar eweknie bly kalf het nie.
Dieselfde wegspring, maar … As verse het die 2013-Bonsmara-SP-koeie kop aan kop geloop. Onder selektiewe beweiding was sake ook gelyk, en albei het vroeg en gereeld gekalf. Onder hoëdrukbew­eiding presteer die koei links egter beter as die koei regs, wat oorgeslaan en nie soos haar eweknie bly kalf het nie.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa