Landbouweekblad

Langlewend­heid ’n onderskatt­e eienskap

Langlewend­heid is ’n onderskatt­e teeleiensk­ap wat stoet- en kommersiël­e boere gerus kan oorweeg, sê Zippo Lamprecht, Boran-stoetteler van Dewetsdorp.

-

Einde April vanjaar het LB5X, ook bekend as Legacy, ’n Borankoei van Radie Loubser en Zippo Lamprecht van Dewetsdorp se Umoja-stoetery haar 20ste verjaardag gevier. Volgens Logix se data was sy toe die oudste produseren­de Boran-koei in Suid-Afrika. Daar is nog drie ander Borankoeie wat later vanjaar dieselfde ouderdom sal bereik.

Beesboere ag nie die ekonomiese waarde van langlewend­heid as teeleiensk­ap hoog genoeg nie, sê Zippo.

Hy verduideli­k in ’n normale beesboerde­ry word ’n stelsel van vervanging­sverse gebruik wat die ouer koeie vervang namate hulle uitgeskot word. “As jou koeie langlewend is, gaan jy dalk ’n kleiner persentasi­e vervanging­sverse hoef aan te hou. Dit maak dit weer vir jou maklik om ’n veiling te hou, want jy hoef nie soveel verse terug te hou nie.”

Sulke koeie gee ook vir boere wat hul kuddes wil uitbrei die geleenthei­d om te vergroot. “Hulle gee jou daardie ekstra ses jaar en produseer nog net so goed soos die ander koeie, veral as jy hulle ook laat spoel.”

Vanuit die kommersiël­e boer se oogpunt is langlewend­heid steeds ’n bonus. “Tot aan die einde van haar lewe gee sy elke jaar ’n kalf. Dit is dus ’n bykomende R8 000 teen dieselfde prys.”

As oor ou koeie gepraat word, dink ’n mens aan koeie wat agt of nege jaar oud is. Maar op Zippo se plaas het hy 30 koeie wat van 10 tot 20 jaar oud is, en hy gebruik bulle wat al 13 of 14 jaar oud is en steeds ’n trop koeie met gemak kan dek. “Die diere, veral die Afrika-rasse soos Borane, wys nou vir ons hoe oud hulle werklik kan word en steeds produktief kan wees.”

 ?? ?? Oud, maar nog nie koud. LB5X is ’n mediumraam­dier, volgens Zippo baie korteropdi­e been met heelwat breedte.
Oud, maar nog nie koud. LB5X is ’n mediumraam­dier, volgens Zippo baie korteropdi­e been met heelwat breedte.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Hier is LB5X (regs) in 2021 saam met een vanhaar kalwers. Sy hetal68 kalwers gelewer, hetsy natuurlik of deur embriospoe­ling.
FOTO’S: VERSKAF Hier is LB5X (regs) in 2021 saam met een vanhaar kalwers. Sy hetal68 kalwers gelewer, hetsy natuurlik of deur embriospoe­ling.
 ?? ?? LB5X, ook bekendas Legacy, wat einde April 20 jaar oud geword het, was in daardie stadium die oudste produseren­de Boran-koei in Suid-Afrika volgens Logix se data.
LB5X, ook bekendas Legacy, wat einde April 20 jaar oud geword het, was in daardie stadium die oudste produseren­de Boran-koei in Suid-Afrika volgens Logix se data.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa