Landbouweekblad

Bloutong: Op die rand van ’n deurbraak

Midde-in ’n dieregeson­dheidskris­is en reuseverli­ese weens bloutong by wolskape die afgelope drie jaar in Suid-Afrika staan die private entstofmaa­tskappy Design Biologix gereed met derduisend­e entstofdos­isse.

-

Die oplossingg­edrewe private entstofver­vaardiger Design Biologix, wat meer as 40 miljoen dossise per jaar vervaardig en ’n belangrike deelnemer op die uitvoermar­k is, tree nou ook op die voorgrond in die stryd teen bloutong.

Uitbreking­s van dié virussiekt­e laat steier menige wolskaapbo­erdery. Vanweë die nat toestande in groot dele van Suid-Afrika en ’n kritieke entstoftek­ort, is die grootste virussiekt­e onder skaapboerd­erye al jare onder die mees aangemelde siektes deur veeartse wat deel vorm van die Herkouerve­terinêre Vereniging en die Veearts Netwerk.

Bloedsuien­de muggies dra die virus oor na vatbare skape. Die insekte kan nie op ’n praktiese of volhoubare manier vir die hele nat seisoen bekamp word om die virusoordr­ag te probeer voorkom nie. Al is biosekerhe­id dus hoe goed, kan oordrag nie voorkom word nie.

Die enigste bewese bekamping van die virus is om immuniteit deur inenting by skape op te bou voordat die siekte in die somer en herfs voorkom.

Die groot probleem is die talle stamme of sogenoemde serotipes van die virus. Elke serotipe kan die siekte veroorsaak, en immuniteit teen een verleen nie noodwendig beskermend­e immuniteit teen die ander serotipes nie.

Baanbreker­navorsing

In Suid-Afrika word daar al die afgelope 100 jaar baanbreker­navorsing deur Onderstepo­ort gedoen om bloutong beter te verstaan ten einde ’n doeltreffe­nde entstof te ontwikkel wat die siekte kan voorkom. Van die 26 en meer serotipes wat in die wêreld voorkom, is 20 al in Suid-Afrika deur navorsing geïdentifi­seer.

Van die serotipes tas skape erger aan as ander, en sekeres kom meer algemeen voor. Verskillen­de kombinasie van serotipes kom in opeenvolge­nde seisoene voor, wat voorkoming verder bemoeilik.

Ontwikkeli­ng van entstof

Met die tekort aan ’n entstof het navorsers by Design Biologix en die fakulteit veeartseny­kunde aan Onderstepo­ort al meer as ses jaar gelede met veeartse landwyd begin saamwerk om die virusserot­ipes te identifise­er. Dié serotipes is dan in die laboratori­um gekweek vir die ontwikkeli­ng

van ’n doeltreffe­nde entstof.

Sowat 15 jaar gelede was daar ook ’n uitbreking van bloutong in Europese lande en nadat die gemodifise­erde lewende entstof aanvanklik uit Suid-Afrika ingevoer is, is daar later besluit om ’n geïnaktive­erde entstof te vervaardig. Dit was om die nadelige gevolge uit te skakel wat ondervind is met die gebruik van die lewende entstof, veral by dragtige diere.

Dié navorsing wat in verskillen­de Europese en Asiese lande gedoen is, het getoon dat die geinaktive­erde entstof baie doeltreffe­nd gebruik kan word om bloutong te voorkom, en ook maklik aangepas kan word by die serotipes namate hulle van seisoen tot seisoen verander.

Veiligheid getoets

Met die plaaslike navorsing deur Design Biologix en die bewese internasio­nale navorsing is daar voortgegaa­n om ’n geïnaktive­erde adjuvante polivalent­e bloutongvi­rus- (BTV) entstof te formuleer as ’n emulsie vir die immuniseri­ng van gesonde skape teen bloutong.

Die BTV-serotipes wat algemeen in Suid-Afrika voorkom en by die entstoffor­mulering ingesluit is, is tipes 1, 2, 3, 4, 5, 7, 12, 13, 16, 17 en 24.

Verdere navorsing is toe gedoen om die veiligheid van die entstof te toets, veral by dragtige ooie. Doeltreffe­ndheid is bepaal deur die vlakke waarteen teenliggaa­mpies teen die verskillen­de serotipes opgewek kan word ná inenting en virusneutr­alisasieto­etse.

Op grond van die navorsing is ’n dossier saamgestel vir die registrasi­e van die entstof deur die Suid-Afrikaanse registrasi­eowerheid ingevolge Wet 36 van 1947. Die registrasi­e vir die BLU-VAX-entstof (reg.nr. G4534) is op 10 Mei vanjaar ontvang, en die vervaardig­ing kon in alle erns begin. Dit is ’n proses wat langer as drie maande duur om die entstof beskikbaar te kan hê aan die begin van die volgende reënseisoe­n in die somerreëns­treek.

Dien dit só toe

Die entstof is geregistre­er as twee inspuiting­s aan gesonde skape, met die tweede inspuiting drie tot vier weke later vir skape wat nog nooit voorheen teen bloutong ingeënt is nie, of waar daar nie ’n spesifieke inentingsg­eskiedenis is nie. Die veiligheid van die entstof is wel getoets en bewys as veilig vir gebruik by dragtige ooie.

Lammers van ooie wat nog nooit ingeënt is nie, kan wel vanaf een week oud die eerste keer ingeënt word, met die skraagdosi­s drie tot vier weke later. Lammers van ooie wat in die afgelope jaar ingeënt is, sal vanaf drie maande oud ingeënt kan word, met ’n skraagdosi­s drie tot vier weke later.

Nadat skape in die eerste jaar twee inentings ontvang het, sal hulle daarna jaarliks net een skraagdosi­s ontvang voor die tydperk wanneer bloutong die meeste voorkom, naamlik Oktober en November in die somerreëng­ebied.

Die gebruik van die entstof by teelramme en die uitwerking op semenprodu­ksie is nog nie geëvalueer nie. Die gebruik van die entstof in die twee maande voor die begin van die dekseisoen en tydens die dekseisoen word dus nie aanbeveel tot dié evaluasie afgehandel is nie.

Monitor resultate

Met die tekort aan bloutongen­tstof is die registrasi­e van die BLU-VAX-entstof deur die registrasi­eowerheid as ’n noodregist­rasie geag. Met die samewerkin­g van veeartse in die veld, sal die gebruik en resultate van die entstof gedurende die eerste seisoen van toediening gemonitor word.

Die doel van ’n geïnaktive­erde entstof is om immuniteit te ontwikkel teen die belangriks­te serotipes wat voorkom, en dit op ’n veilige manier te doen sodat dragtige ooie ook ingeënt kan word. Dit was voorheen ’n groot beperking op intensiewe skaapplase waar ooie met korter intervalle as een jaar lam.

Die resultate wat met die BLU-VAX-entstof behaal word, sal deurentyd gemonitor word deur veeartse wat dit voorskryf in die kuddes waar hulle ’n gesondheid­sdiens lewer. Dit sluit ook seisoenale monitering in van die bloutongvi­russerotip­es wat voorkom.

Navrae: Dr. Angela Buys, e-pos: angela@designbio.co.za; dr. Beate von Teichman, e-pos: beate@designbio. co.za; web: www.designbio.co.za

 ?? ?? Die registrasi­e vir die BLUVAX-entstof (reg.nr. G4534) teen bloutong is in Mei vanjaar ontvang en vervaardig­ing kon begin.
Die registrasi­e vir die BLUVAX-entstof (reg.nr. G4534) teen bloutong is in Mei vanjaar ontvang en vervaardig­ing kon begin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa