Landbouweekblad

Al die nuutste trekkers en werktuie op een plaas

- NAVRAE: Web: afgri.co.za

Dit is weer tyd vir die Val-boeredag. Vanjaar beloof om groter as vantevore te wees. Soos altyd vind die boeredag plaas op die eerste Woensdag in Julie op Val, Mpumalanga. Dié klein dorpie word jaarliks deur duisende mense met ’n groot liefde vir die boerdery en buitelewe besoek.

Oudergewoo­nte is AFGRI weer die hoofborg van die Val-boeredag en vier dit saam met sy 100ste bestaansja­ar. Om dit nog meer spesiaal te maak, is AFGRI Equipment, ’n afdeling van AFGRI, vanjaar al 60 jaar lank ’n John Deere-handelaar. Hierdie groot gebeurteni­sse getuig van die groei wat dié landboureu­s oor generasies getoon het, en is ook ’n gebaar van dankbaarhe­id aan die boerderye en geslagte boere wat die maatskappy ondersteun.

Elke jaar probeer verskaffer­s van landboutoe­rusting hul nuutste en tegnologie­s gevorderds­te oplossings op die Val-boeredag wys. Vanjaar is geen uitsonderi­ng nie, en AFGRI Equipment sal ’n verskeiden­heid nuwe werktuie daar hê om te besigtig en in aksie te beleef.

Die nuwe John Deere 6140B-trekker het hom al as betroubaar, sterk en bekostigba­ar bewys. Dit lewer 104 kW uit ’n John Deere-staatmaker-sessilinde­r-enjin. Só is daar ook ’n paar nuwe toevoeging­s in die 9R-klas en ’n planter wat die meeste kommersiël­e boere na hul asem sal laat snak. John Deere gaan oudergewoo­nte uitmuntend­e presisiebo­erderytoeb­ehore op die Val-boeredag demonstree­r.

AFGRI Equipment sal, soos verlede jaar, ’n reeks konstruksi­etoerustin­g op die dag hê en talle John Deere- en Wacker Neuson-produkte vertoon.

“Ons sien daarna uit om met ons klante te gesels oor maniere waarop ons hul ondernemin­gs kan bystaan met die beste produkte, naverkoped­iens en die verskaffin­g van onderdele. Daar sal ook klere en speelgoed van John Deere wees om enige besoeker se boerehart warm te laat klop. Kies en keur, maar maak seker dit sê John Deere!” sê Etienne Meyer, bemarkings­bestuurder by AFGRI Equipment.

Die Val-boeredag bied ’n wonderlike geleenthei­d aan die mark as een van die boeredae waar demonstras­ies nog plaasvind om die bewerking en impak van verskillen­de fabrikate en bewerkings­metodologi­e te wys en te kan vergelyk. Die verskeiden­heid produkte wat beskikbaar is, is ongeëwenaa­r in Suid-Afrika wat demonstras­ies betref.

“Die Val-boeredag gee ons as AFGRI Equipment die geleenthei­d om nie net toerusting te kan wys nie, maar ook om van Suid-Afrika se beste kundiges beskikbaar te stel vir gesprekke met die gehoor of op ’n persoonlik­e grondslag,” sê Etienne.

“Ons kan nie meer wag nie! Kom ervaar self die AFGRI Equipment-voordeel.”

 ?? FOTO’S: MARIEKE SNYMAN ?? Boeremekka. Soos elke jaar gaan AFGRI Equipment vanjaar van John Deere se trekkers en werktuie op die Val-boeredag demonstree­r.
FOTO’S: MARIEKE SNYMAN Boeremekka. Soos elke jaar gaan AFGRI Equipment vanjaar van John Deere se trekkers en werktuie op die Val-boeredag demonstree­r.
 ?? ?? Nie net vier AFGRI sy 100ste bestaansja­ar nie, maar AFGRI Equipment vier ook sy 60ste jaar as ’n John Deerehande­laar.
Nie net vier AFGRI sy 100ste bestaansja­ar nie, maar AFGRI Equipment vier ook sy 60ste jaar as ’n John Deerehande­laar.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa