Landbouweekblad

Beter spuite, hanteerder speel klaar met enige taak

New Holland Landbou het vanjaar talle besoekers na die Nampo-oesdag gelok met die bekendstel­ling van sy nuwe TH7.32-teleskopie­se hanteerder en die verbeterde SP310F- en SP380F-reeks Guardian-voorbalksp­uite.

- Navrae: Web: https://agricultur­e. newholland.com/africa/en-za

Die reeks betroubare Guardian-spuite is met die gevorderde presisiete­gnologie van Raven geïntegree­r en toegerus met die hoë kragleweri­ng en groot tenks waarvoor New Holland-spuite bekend is. Hulle is gevolglik doeltreffe­nder en kan meer hektare per uur bespuit.

“Die veranderin­ge wat aan die Guardian-voorbalksp­uit aangebring is, verhoog die operateurs­ervaring in die kajuit aansienlik, terwyl die akkuraathe­id van die toepassing en die gehalte van die data wat ingesamel word, soveel beter is,” sê Jason Hardy, internasio­nale produkbest­uurder vir New Holland Spuite.

“Hierdie verbeterde eenhede verbind baie komponente van ’n toepassing, asook datapunte vir eienaars en operateurs om doeltreffe­nder en winsgewend­er te wees. Dit bemagtig hulle om ingeligter agronomies­e en logistieke besluite te kan neem.”

Die reeks Guardian-spuite beskik oor Raven se Slingshot®tegnologie, asook oor die verbeterde IntelliSpr­ay™ II en Connected Workflow™.

Die data wat uit hierdie funksies verkry word, word versamel, verwerk en in die Connected Workflow-stelsel saamgevoeg. Die Connected Workflow-stelsel sinchronis­eer data van die kantoor na die land en weer terug vir vereenvoud­igde bestuur van werktyd, ledige ure en reistyd.

Die data kan gebruik word om programme en strategieë te skep, soos voorskrift­e vir onkruiddod­erdosisse vir individuel­e lande, en is vir die operateur toeganklik deur die Slingshotm­obiele toepassing.

IntelliSpr­ay™ II bied een van die mees presiese spuitpuntb­eheerstels­els op die mark. Dit verseker uitstekend­e druppelbed­ekking-akkuraathe­id – tot 2,5 keer akkurater as vergelykba­re stelsels.

Hierdie verbeterin­gs help operateurs en produsente om dekking te optimalise­er, oorslaan en oorvleueli­ngs te verminder en insetkoste te verminder.

Die Slingshot-toepassing bemagtig operateurs en produsente om meer datagedrew­e besluite op en van die land af te neem. Slingshot genereer ’n hoëvlak-datavisie van begin tot voltooiing van ’n taak en sluit naspeurbaa­rheidsvers­lae, toepassing­srekords, doeltreffe­nde spoorbewer­kings en oordraagba­re werktake in.

Saam met die Slingshot-telematika lei die VSN® Visual Guidance tot beter data-insameling. Danksy die jongste beeldsenso­r en verwerking­stegnologi­eë lei dit ook tot beter spuitbehee­r, ’n vinniger reaksietem­po en verminderd­e moegheid van die operateur.

Hierdie komponente kan doeltreffe­ndheid met tot 20% verbeter. Om hierdie take uit te voer, gebruik die visuele leidingste­lsel kameras en radar om die spuitbalk en dryflyn van die spuit te lei.

“Ons streef daarna dat operateurs volkome gemoedsrus moet hê wanneer hulle in die kajuit van die Guardian-spuit is,” sê Jason. “Die integrasie van die VSN-stelsel stel bestuurder­s in staat om die spuit teen 5-6 km/h vinniger te bespuit om meer hektare per dag te dek, sonder om gewasskade te waag.

“Die basiese VSN-stelsel volg die rye met kameras, en die VSN+-stelsel stel operateurs in staat om verborge waterweë en ander hinderniss­e beter te sien. Dit verlig baie van die saamgestel­de moegheid en stres wat operateurs ervaar wanneer hulle lang ure op die land deurbring.”

Teleskopie­se hanteerder

Die nuwe TH7.32-teleskopie­se hanteerder van New Holland kan voorwerpe so hoog as 7 m lig, het ’n kapasiteit van 3,2 ton en bied ’n ultra-gemaklike, ruim kajuit met ’n volledige 360°-uitsig. Dié stabiele en maklik bestuurbar­e werktuig kan enige taak op die plaas baasraak en beskik oor 4x3 PowerShift™-transmissi­e, hidroulies­e vloei van 140 liter/min. en ’n kragtige 98 kW-enjin wat 549 Nm-wringkrag teen 1 500 r/min. lewer.

Jaco du Preez, bemarkings­bestuurder van New Holland Landbou, sê dié maatskappy se teleskopie­se hanteerder­s lewer al meer as 20 jaar ’n deurlopend­e, doeltreffe­nde diens wat prestasie, betroubaar­heid en bekostigba­arheid verseker.

“Die nuwe TH7.32 is die ideale keuse vir gemengde boerderye, akkerbou- en kontraktoe­passings. Met sy hoë krag-totgewig-verhouding wat die moeilikste take in allerlei toestande moontlik maak, is dit die eerste keuse vir veeleisend­e plaas- en kontrakope­rateurs.”

///

Tel: +27 11 921 5002

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Aan die voorpunt. New Holland se reeks Guardian-spuite is nou toegerus met Raven-tegnologie om spuitwerk doeltreffe­nder, akkurater en gebruikers­vriendelik­er te maak.
FOTO: VERSKAF Aan die voorpunt. New Holland se reeks Guardian-spuite is nou toegerus met Raven-tegnologie om spuitwerk doeltreffe­nder, akkurater en gebruikers­vriendelik­er te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa