Landbouweekblad

Waardevols­te bedryf skep ook enorme waarde as grootste verbruiker van voer

-

Die braaihoend­erbedryf is waardegewy­s die grootste landbousek­tor in SuidAfrika en kan volgens prof. Ferdi Meyer van die buro vir voedsel- en landboubel­eid (BFAP) baie bydra om landbougro­ei te bevorder.

Die bedryf se jaarlikse inkomste is sowat R50 miljard en dit dra 16% tot die landbou se bruto binnelands­e produk by, terwyl die beesvleiss­ektor 12,2% bydra en die mieliebedr­yf 10,5%.

Die bedryf is verantwoor­delik vir 50% van die land se voerverbru­ik en as ’n mens lêhenne bytel, is dit 60%.

Dit is ’n baie diverse sektor met van groot geïntegree­rde maatskappy­e tot ’n groot getal kleiner boere wat hoenders lewend verkoop. (GRAFIEK 7). Laasgenoem­de se produksiek­oste is beduidend hoër as dié van produsente met grootskaal­se bedrywighe­de.

Die bedryf het sowat

50 000 mense regstreeks in diens en nog baie meer onregstree­ks.

Hoendervle­is se aandeel in Suid-Afrikaners se verbruik van vleis het van 62% in 2010 tot 66% in 2021 gestyg. In dié tydperk het die braaihoend­erbedryf 500 000 ton tot die verbruik van vleis toegevoeg.

Die bedryf ding weens invoer regstreeks met groot internasio­nale produsente mee en moet daarom mededingen­d wees. Mededingen­dheid is ook

belangrik as hy wil uitvoer.

“Die bedryf het ondanks verskeie probleme sterk gegroei en regtig goed gedoen. Dit het die afgelope paar jaar beduidende vordering gemaak om invoer te vervang.

“Produsente het die gaping benut en dit met plaaslike produksie vervang, wat ’n suksesverh­aal is,” sêMeyer.

Produsente kry egter tans swaar weens hoë voer- en beurtkragk­oste. Boonop is verbruiker­s ook onder druk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa