Landbouweekblad

Monitering en oplossings

-

Waar water reeds besoedel is, is dit moeilik om korttermyn-maatreëls in te stel wat nie bykomende koste beloop nie. Diere wat direk uit besoedelde riviere suip, word aan dieselfde besmetting­srisiko’s as mense blootgeste­l. De Lange en Bekker het die volgende wenke gegee.

■ Moniteer en toets gereeld oppervlak- en grondwater om moontlike bronne van besoedelin­g te identifise­er.

■ Boere wat direk stroomaf van plaaslike owerhede boer, moet veral versigtig wees.

■ Hou streng by fitosanitê­re

maatreëls vir produkte wat rou geëet word waar besproeiin­gswater direk daarmee in kontak kom.

■ Tydens die eerste puls van vloedtoest­ande spoel baie ongesuiwer­de rioolwater vanaf digbewoond­e gebiede af. Die risiko vir siekte-oordrag is dan aansienlik hoër. Besproeiin­gsboere moet dus versigtig wees tydens die eerste hoogvloeit­ydperke.

■ Plaas veesuiping­s, soos krippe, sodat dit die maksimum sonblootst­elling kry om te verseker dat patogene organismes vernietig word. ■ Verwyder waterplant­e uit

opgaardamm­e om sonblootst­elling verder te verhoog.

■ Hou indien moontlik eers besproeiin­gswater in vlak damme sodat dit aan sonlig blootgeste­l kan word. UVbestrali­ng is uiters doeltreffe­nd om patogene organismes te vernietig.

■ Plaas pomptoerus­ting só dat slegs helder water besproei word. Die meeste van die skadelike chemiese middels, soos farmaseuti­ese afbreekpro­dukte en swaarmetal­e vanaf rioolwater, is hidrofobie­s en beland in die riviersedi­mente. Vermy dus daardie sedimente.

■ Chloorbeha­ndeling alleen

kan nie Cryptospor­idium uit

water verwyder nie – kook dit vir minstens twee minute. ■ Diere met ’n goed-ontwikkeld­e immuunstel­sel sal gewoonlik die bedreiging van kriptospor­idiose kan oorkom. Daar moet ’n goeie inentingsp­rogram vir ander siektes wees, voorkom voedingste­korte, sorg dat waterbronn­e vry van patogene is, let op werkers se higiëne en konsulteer jou veearts.

■ Boere moet volgehoue druk plaas op plaaslike owerhede wat nie rioolwater behoorlik suiwer nie, en aansluit by nieregerin­gsorganisa­sies wat hulle beywer vir verbeterde watergehal­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa