Landbouweekblad

‘Verwerk akkurate data reg — anders mors jy jou tyd’

-

Vanjaar se titelhouer van Stamboek se Vleisbeesk­udde van die Jaar is Frikkie Kruger, wat op Waterpasla­agte by Boshof in die Vrystaat met Bonsmaras boer.

Weidings is dié datagedrew­e boer se groot bate, en daarom is hy eerstens ’n grasboer wat weidings bestuur vir ’n volhoubare boerdery.

Watter tegnologie maak die grootste impak op jou besluite en winsgewend­heid?

Ons gebruik ’n weidingste­lsel wat ontwerp is deur die landboukun­dige Riaan Dames van Best Farmer SA, waarvolgen­s 50% van die veld per jaar benut en die ander helfte gerus word.

Die jongste beskikbare tegnologie van veevoerver­vaardigers word aangewend.

Rantsoene vir fase Dveld

toetse word self gemeng van eie grondstoww­e, soos mieliekuil­voer, maar die konsentraa­t kry ons van Telwiedre-voere.

As Bonsmara-teler is datainsame­ling die kern van my boerdery. Data word ingevoer op BenguFarm, waardeur data verwerk en aan Stamboek deurgegee word. Vereiste data sluit in geboortege­wig, speengewig, fase D-toetse, marmering en oogspiergr­ootte. Die akkurate insameling van data is ’n voorvereis­te.

Watter inligting buiten Blup en data-aantekenin­ge gebruik jy?

Blup en die data-aantekenin­ge rakende teelwaarde­s is die kern wat verwerk word. Indien jy nie die inligting wat jy kry, gebruik nie, mors jy jou tyd.

Dit word gebruik om teelwaarde­s vir dekgroepe saam te stel en te bepaal watter bulle by watter koeie gebruik word. Syfers word gebruik om groot speenkalwe­rs te teel, sonder dat die koeie te groot word en geboortege­wig styg.

My kuddedoelw­it is om feitlik al die eienskappe bo die rasgemidde­lde te hou, sonder dat uiterstes geteel word. Die balans tussen die dier en jou omgewing is baie belangrik. Die inligting word aan stoet- en kommersiël­e kopers oorgedra.

Wat is die belangriks­te inligting wat ’n ekstensiew­e beesboer moet aanteken?

Die minimum gegewens is gewig, veral geboorte- en speengewig. Data van elke dier is belangrik en diere moet genommer word, hetsy met oorknippe of plaatjies. Só weet jy ten minste of ’n koei elke jaar ’n lewensvatb­are kalf gee.

Watter nuwe veetegnolo­gie maak jou opgewonde?

DNS-ontwikkeli­ng maak dit moontlik om vaderskaps­bepaling te doen. Meerbulpar­ing kan dus gedoen word. Dit is ook ’n doeltreffe­nde hulpmiddel om die miostatien­mutasiegee­n-status te bepaal. Die inligting word in die veilingska­talogusse gepublisee­r. Genomika verhoog die akkuraathe­id van teelwaarde­s.

Wat beteken volhoubaar­heid binne jou kudde vir jou?

Boer so produktief moontlik en moenie altyd die maksimum speengewig najaag nie. Kry ’n balans tussen jou insette en weidings, en sorg dat jou weidings altyd in ’n goeie toestand is. Só hoef jy nie onnodige byvoeding te gee om droogtetoe­stande te oorleef nie.

 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa