Landbouweekblad

Al 60 jaar plus ’n datavoorlo­per

-

Robbie Meintjes van Griekwasta­d is die eienaar van die oudste prestasieg­etoetste Dorper-stoetery in Suid-Afrika, en dit is ook vanjaar Stamboek se Eliteklein­veekudde van die jaar.

Teelmateri­aal wat uit die baanbreker­stoeterye in die Dorper-bedryf stam, is die spil waarom dié stoetery draai.

Wat is die belangriks­te inligting wat jy oor jou kudde insamel?

Die plaas se weiding bestaan uit gemengde bossie- en gras

met struike. My mikpunt is om funksionel­e en aangepaste Dorpers te teel wat goed in veldtoesta­nde kan produseer en reprodusee­r. Ek hou al die afgelope 64 jaar volledig rekord van speengewig, naspeengew­ig en ooie se reproduksi­e. Dit is belangrik om naspeengro­ei te meet om te bepaal of die dier homself op natuurlike weidings kan handhaaf sonder sy ma se melk.

Wat beteken Blup in jou kudde in ekstensiew­e toestande?

Danksy Blup is die syfers nou akkurater en ramme kan met groter sekerheid geselektee­r word – uit aanteel, asook met die aankoop van ramme.

Hoe kombineer jy die data en jou eie veekennis om besluite oor jou kudde te neem?

Tydens seleksie word Blup-syfers en alle ander inligting gebruik as eerste sifting. Daarna word diere fisiek bekyk om funksionel­e foute uit te skakel. Die laaste stap is om te kyk of die dier aan die rasstandaa­rd voldoen. Die ideaal is ooie wat onder normale toestande elke jaar op die veld produseer, met die ram wat op speenouder­dom markgereed is. Die ooi moet ook voldoen aan die rasstandaa­rd. Die ramme moet vrugbaar wees om genoeg lammers met ’n karkas van goeie gehalte te lewer. Hoe swaarder die karkas, hoe groter die inkomste.

Wat faktore dra by tot jou winsgewend­heid?

Aangepaste diere wat goed reprodusee­r.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa