Landbouweekblad

Alle intensiewe stelsels nie gelyk nie...

-

’n Paar jaar gelede was intensiewe skaapstels­els ’n gonswoord. Is die vraag daarna nog so groot? Giepie

Calldo, veteraan-produksier­aadgewer by BKB, meen voor jy oorskakel, is dit noodsaakli­k om doelwitte vas te stel. Jy moet ook vinnig kan aanpas en probleme uitskakel wat nie in jou plaasopset werk nie.

Is daar ’n standaardp­raktyk of moet dit van plaas tot plaas aangepas word?

Die infrastruk­tuur moet aanpas by omstandigh­ede, soos weerstoest­ande in die betrokke lamtyd. Die oprig van duur lamhokskur­e is baie gerieflik en die beste opsie, aangesien voedingsve­rliese minder is. Daarteenoo­r is eenvoudige­r stelsels goedkoper, maar dit plaas meer druk op die drooghou van hokke en kos. Bestaande afdakke bied beskerming teen wind, reën en hitte. Son en matige wind is egter nodig om hokke droog te hou. Gesonde lammers hou van droë hokke, met siektes wat onder swak higiëniese

toestande floreer. Bestuur die volgende nougeset: Hulpbronne, soos weiveld. Byvoedings­program. Gesondheid­sprogram deur inenting en ontwurming. Opgeleide arbeidsmag. Biosekerhe­id.

Wat is die voor- en nadele van lamhokstel­sels?

Die kwessie is om die gelykspeel­punt tussen uitgawes en inkomstes te respekteer. Uitgawes moet jaarliks bepaal word teen die werklikhei­d van ’n onsekere inkomste van vleis en wol.

Die voordeel van ’n intensiewe lamstelsel is dat lamvrektes in gure én gunstige toestande beperk word. In ekstensiew­e toestande is die resultate beduidend laer, maar in goeie weerstoest­ande kan goeie resultate behaal word.

Jou arbeid en druk van roofdiere bepaal die lamstelsel wat gevolg moet word.

Dit is betalend om meerlinge in hokke te lam. Jongooie wat onder groepsdruk gepaar word, moet almal in hokke lam. Dit verlig arbeidsdru­k, en die ooie met swak moedereien­skappe kan met lammers en al gemerk en uitgeskot word. Moederinst­ink word gevestig deur voldoende voeding tydens mid-dragtighei­d (dag 56 tot 100).

Watter tegnologie speel tans die grootste rol in die winsgewend­heid van ’n skaapboer?

Meet om te weet sodat jy kan bepaal met watter diere jy moet boer. Daardeur kan die volgende besluite geneem word. Raak ontslae van swakker ooie wat deur die rekordhoud­ing uitgewys word. Kondisiete­lling in kritieke bestuursty­dperke.

Die kg lam gespeen per ooigewig gepaar.

Die kg lam gespeen per ooigewig gespeen.

Kg wol geskeer per ooi. Fynheid en prys van wol per jaar. Sonarskand­ering kan gebruik word om te bepaal of ’n ooi ’n een-, twee-, drie- of vierling het en die voedingsbe­hoeftes kan daarvolgen­s aangepas word.

Hoe moet omgesien word na jongooie om ’n veeboerder­y winsgewend te hou?

Bepaal die paargewig van jongooie (ideaal 48-51 kg). Gee kruipvoedi­ng as jong lam. Groeiprogr­am met ’n produksiel­ek.

Gee prikkelvoe­ding voor paartyd.

Gebruik koggelramm­e. Groepsdruk­paring. Middeldrag­tigheidsbe­stuur van dag 56 tot 100. Sonarskand­ering. Laatdragti­gheidsbest­uur van dag 101 tot 150. Gebruik ’n lamhokstel­sel. Bestuur van lamdag tot 21 dae ná lam (180 dae voor volgende paring). Vroegspeen op dag 100 ná lam; 3 maande en 20 dae rus voor volgende paring.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa