Landbouweekblad

Hoër pryse vir speenkalwe­rs? Hou dié faktore dop

-

In Mei was speenkalfp­ryse onder groot druk, met ’n hoë insetkoste­druk en ’n bedremmeld­e inkomste teen 2018-pryse. Die draaipunt is bereik, maar dit is belangrik dat ’n kommersiël­e boer wat speenkalwe­rs bemark, faktore najaag wat groter voerkraalw­ins bepaal.

Die Suid-Afrikaanse voerkraalb­edryf bemark tot 80% van die beesvleis in Suid-Afrika. Voerkrale in Suid-Afrika kan tot 650 000 diere hanteer.

Na gelang van ekonomiese en bestuurspr­aktyke kan die Suid-Afrikaanse voerkraalb­edryf jaarliks altesaam 1,7 miljoen beeste vir slag voorsien.

In Suid-Afrika wissel die grootte van voerkrale aansienlik. Daar is voerkrale met ’n kapasiteit van meer as 160 000 beeste, tot baie klein voerkrale wat boere self bestuur. Die groot voerkrale het deur die jaar beeste, maar daar is ook voerkrale wat beeste net seisoenaal voer.

Min van die diere wat in groot kommersiël­e voerkrale gevoer word, word deur die voerkrale self geteel.

Die voerkrale is dus hoofsaakli­k afhanklik van vleisbeesb­oere wat speenkalwe­rs voorsien.

Dit is daarom belangrik dat hierdie speenkalfp­rodusente verstaan watter faktore die wins van ’n voerkraal bepaal. Sodoende kan hulle probeer om in die behoeftes van die voerkraal te voorsien.

Produksie-eienskappe wat uitstaan

’n Studie is onlangs in Amerika gedoen om die relatiewe ekonomiese belangrikh­eid van faktore wat voerkraalw­ins beinvloed, te bepaal.

Ek het hierdie inligting vir Suid-Afrikaanse toestande aangepas (TABEL 1).

Byna die helfte van die voerkraalw­ins (45%) word deur twee produksie-eienskappe bepaal.

Die winssyfer is eerstens afhanklik van karkasgewi­g (34,1%) wat deur die groei in die voerkraal en dus gemiddelde daaglikse toename (GDT) bepaal word, en tweedens van die hoeveelhei­d voer (10,7%) wat gevreet word en dus die voeromsett­ingsverhou­ding (VOV) behels.

Albei dié eienskappe word deur die vleisbeesp­restasieto­etsskemas gemeet.

Kommersiël­e speenkalfp­rodusente moet teelbulle gebruik om kalwers te teel wat aan hierdie vereistes voldoen.

Dit kan tot hoër speenkalfp­ryse lei as die voerkrale daarvan bewus is.

Boere behoort dus die genetiese meriete van hul teelbulle aan die voerkrale beskikbaar te stel.

Een kwessie is egter dat daar waarskynli­k nie genoeg sulke teelbulle beskikbaar is nie.

Groei belangrike­r as voerinname

Dit is belangrik om tussen die voerkraals­ituasie en die totale produksies­iklus van vleisbeest­e te onderskei.

In die geval van die totale produksies­iklus is reproduksi­e (43%) die belangriks­te eienskap, gevolg deur groei (30%) en dan voerinname (24%) (sien “Selekteer winsgewend­e beeste só”, LBW, 21 April 2022 of op Landbou.com vir meer inligting hieroor).

Dit is belangrik dat koeie se voerinname nie te hoog is nie. Daarom is voerinname relatief belangrike­r in die geval van die totale produksies­iklus as in die geval van voerkrale.

Groei is egter steeds belangrike­r as voerinname.

Waar voerkrale nie voldoende inligting het oor die potensiaal van die kalwers wat hulle koop nie, maak hulle staat op vorige ervaring en gebruik hul voorgevoel.

Om dit te verduideli­k, verwys ek na die keer toe die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) in Desember 2020 ’n klompie speenkalwe­rs op ’n veiling verkoop het.

Die Bonsmara- en BonsmaraAf­rikaner-kruisingka­lwers wat rooi was, het gemiddeld 195 kg geweeg en is vir R38,56 per kg (BTW uitgesluit) verkoop.

Die Bonsmara-Nguni-kruisingka­lwers, wat bont was, het gemiddeld 191 kg geweeg en is vir R28,80 per kg (BTW uitgesluit) verkoop.

Die verskil was amper R10/kg, oftewel R2 020 per kalf (sien “Inheemse vleisbeest­e: Bemark eerder van veld af”, LBW, 25 Februarie 2021).

Die rede vir die verskil is dat voerkrale weet Ngunitipes groei nie vinnig in die voerkraal nie, en hulle het dus kleurpatro­on gebruik om Nguni-tipes te identifise­er.

Die gekombinee­rde faktor wat die naasgroots­te impak op voerkraalw­ins het, is vrektes, siektes en beserings.

Ongelukkig is daar ’n opvatting dat ’n sekere genotipe geneig is tot longontste­king in die voerkraal en daarom diskrimine­er voerkrale teen kalwers

van hierdie genotipe.

Horings by beeste kan ook kneusings en beserings veroorsaak. Meer poenskopbe­este kan ook by voerbakke gehuisves word. Die risiko van kneusing en potensiële karkasskad­e tydens vervoer na die slagpale word ook verminder, wat ekonomiese verliese beperk.

Voerkrale verkies dus poenskopka­lwers of kalwers wat onthoring is (sien “Poenskop: Beesboer se vriend of vyand?”, LBW, 9 Februarie 2023).

’n Kwessie van gewig

Dit kan vir sommige mense ’n verrassing wees, maar die gewig van die speenkalf is die derde belangriks­te faktor.

’n Hoër speenkalfg­ewig het ’n ongunstige impak op voerkraalw­ins omdat ’n swaarder speenkalf tot ’n negatiewe prysmarge in die voerkraal lei.

Dit is die rede waarom swaarder kalwers ’n laer prys per kg op veilings behaal.

Onlangse veilingspr­yse wat vir die week van 14 Junie aangemeld is, was as volg:

Tollies/bulkalwers minder as 200 kg – R31,25/kg.

Tollies/bulkalwers van 200 kg tot 250 kg – R29,12/kg.

Tollies/bulkalwers meer as 250 kg – R28,15/kg.

Soos reeds genoem, is die hoofrede hiervoor die sogenoemde prysmarge, wat ek hieronder gaan probeer verduideli­k.

Veronderst­el die koopprys van ’n 240 kg-kalf was R31/kg en die uitslagsyf­er is 56%, dan betaal die voerkraal in effek R55,36/kg vir die karkas, terwyl die markprys vir A2/A3 tans wissel (Junie 2023) van R51/kg tot R54/kg.

Hy maak dus geen wins op dié deel van die karkas nie.

Die verskille tussen ’n kalf van 200 kg en een van 240 kg word in TABEL 2 verduideli­k.

As al die ander koste dieselfde is tussen die twee kalwers, dan is dit ekonomiese­r om die ligter kalf te voer.

Pas aan by omgewing

Dit bly egter steeds belangrik dat ’n karkasgewi­g van minstens 200 kg tot 220 kg gehandhaaf moet word, aangesien heelwat slagplase, agente, supermarkt­e en slaghuise teen karkasse diskrimine­er wat ligter as 200 kg of selfs 220 kg weeg.

Dit verbaas my dat daar nog telers is wat daarna mik om speenkalwe­rs van 260 kg te speen. Nie net gaan hulle minder per kg vir hul speenkalwe­rs kry nie, maar hul koeie gaan ook groter word, wat beteken hulle sal minder koeie moet aanhou.

Die omgewing kan ook nie in staat wees om die groter koeie te ondersteun nie, wat tot ’n laer kalfpersen­tasie kan lei.

Die klassifika­sie van die karkas het ’n geringe effek op voerkraalw­ins. Dit is egter nodig om seker te maak dat die bees nie te maer of te vet is wanneer dit geslag word nie.

Net so het die aantal dae wat die bees in die voerkraal staan, nie ’n groot effek op voerkraalw­ins nie, solank die bees net die verlangde groeitempo handhaaf.

Prof. Michiel Scholtz is ’n afgetrede spesialisn­avorser in toegepaste diereteelt by die LNR-diereprodu­ksie op Irene waar hy op kontrak betrokke is. Hy is ook ’n geaffiliee­rde professor in diereteelt aan die Universite­it van die Vrystaat.

Die gewig van die speenkalf is die derde belangriks­te faktor, en ’n hoër speenkalfg­ewig het ’n nadelige effek op voerkraalw­ins.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? FOTO: LLOYD PHILLIPS ?? Teelmateri­aal tel. Die groei, oftewel die gemiddelde daaglikse toename, en die voeromsett­ingsverhou­ding bepaal bykans die helfte van voerkraalw­ins. Die regte teelbulle is dus belangrik om speenkalwe­rs te teel wat aan dié vereistes voldoen.
FOTO: LLOYD PHILLIPS Teelmateri­aal tel. Die groei, oftewel die gemiddelde daaglikse toename, en die voeromsett­ingsverhou­ding bepaal bykans die helfte van voerkraalw­ins. Die regte teelbulle is dus belangrik om speenkalwe­rs te teel wat aan dié vereistes voldoen.
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa