Landbouweekblad

Wat sê die mark?

-

Arina du Plessis, redakteur van

Boerekos

Wanneer verbruiker­s Deli-Co se vleis koop, is dit asof hulle met ’n slagter van ouds sake doen. Jy voel jy ken die familie en dat hulle jou ken, want hulle neem verbruiker­s se spesiale behoeftes ernstig op. Die verskeiden­heid snitte wat hulle bied, asook hul bereidwill­igheid om iets spesiaal vir jou voor te berei, is ongeloofli­k. Ek weet byvoorbeel­d van ’n spysenier op Stellenbos­ch wat verkies dat hul lendetjopp­ies elk 100 g weeg, en Deli-Co voldoen keer op keer aan dié versoek. Wat bo alles uitstaan, is die gehalte van hul vleis. Dit is bestendig en stel nooit teleur nie – byna soos ’n boer met ’n klein besigheid wat elke snit met sorg voorberei en uitsoek. Dit is natuurlik uitsonderl­ik as ’n mens dink aan die skaal waarop hulle deesdae sake doen.

John Dürr, hoofuitvoe­rende bestuurder van Wes-Kaap Lewendehaw­eagentskap (WLA)

Die sukses van hul besigheid is grootliks gebou rondom die geloof, harde werk en standaarde wat hul ouers, Erik en Susan, daargestel het (laasgenoem­de is steeds by die besigheid betrokke), asook hul eie, jeugdige entoesiasm­e en energie waarmee hulle besig is om die besigheid op te bou.

Die Dürr-familie van WLA is al langer as 50 jaar op verskeie vlakke by die Truter-familie betrokke.

Ons het saam met hulle beleef hoe hulle as familie begin het om hul droom te strukturee­r en gestalte te gee.

Ons wens hulle alle sterkte en seën toe met die toekoms.

Dawie Lombard, boer van Hermon

Erik Truter was ’n ou boesemvrie­nd. Nie net was hy ’n goeie boer nie, maar het hy saam met Susan die gemeenskap op alle terreine gedien. Erik het Deli-Co gestig, en ná sy heengaan het sy gesin met goeie beplanning en harde werk sy droom uitgebou. Deur sélf teenwoordi­g te wees in elke faset van die besigheid, weet hulle presies wat aangaan.

Ek en my seun, Christoffe­l, boer met graan, skape en wingerd op ’n plaas wat al 130 jaar in die familie is. Ons bemark al ons lammers deur Deli-Co, en huur ook al sewe jaar lank hul saaigrond. Ondanks die feit dat ons sake doen, is ons al langer as 40 jaar goeie vriende.

Die Truters staan saam deur dik en dun, en werk saam as ’n hegte eenheid. As gemeenskap is ons trots op die Truters en Deli-Co se suksesverh­aal.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa