Landbouweekblad

Rooi stal spog met nuwe grondbewer­kingswerkt­uie

Gevorderde nuwe grondbewer­kingswerkt­uie is onlangs tot Case IH se uitgebreid­e reeks boerderyto­erusting gevoeg.

- NAVRAE: Web: caseih.com of cnhindustr­ial.com

Case IH se nuwe toerusting sluit die Case-Ecolo Tiger 875-skeurploeg, Case 475 Speed-Tiller-hoëspoedsk­ottelploeg, Case Tiger-Mate 255-saadbeddin­gvoorberei­der, Case True-Tandem 335VT en vertikale 335VT Barracuda-bewerkings­gereedskap en die Case True-Tandem 375-skotteleg in.

Case IH word erken as ’n leier in kragtige, betroubare en hoogs doeltreffe­nde toerusting om boere te help om die probleme van die moderne landbou die hoof te bied.

Volgens Johan Grobler, produkspes­ialis by Case IH Implemente, begin die maksimalis­ering van opbrengspo­tensiaal tydens die primêre bewerking. Een van die belangriks­te elemente is behoorlike grondbestu­ur.

Case IH wéét dat boere die opkoms van hul gewasse in die lente aansienlik kan verbeter deur gesonde grondbewer­kingsprakt­yke in die herfs en winter.

Die Case IH-grondbewer­kingsreeks lewer betroubare resultate en ergonomies­e, robuuste werkverrig­ting om in al boere se behoeftes te voorsien. Die reeks se bewerkings­toerusting sluit hoëspoed-skottelplo­eë, skottelêe, swaarafset-skottelêe, skottelplo­eë, strookbewe­rkers en skottelsny­ers in, asook inlynskeur­ploeë, beitelploe­ë en saadbeddin­gvoorberei­ders.

Die Ecolo-Tiger® 875-skeurploeg het indrukwekk­ende snykrag, hoë onderraamv­ryhoogte en ’n minimum van 91 cm-spasiëring tussen punte. Dit sny en meng plantreste vir beter voedingsto­fvrystelli­ng in ooreenstem­ming met spesifieke gewasbehoe­ftes.

Die Ecolo-Tiger hervestig ideale gronddigth­eid, verbeter interne dreinering en verhoog waterhouve­rmoë. Dit maak die grond gelyk om ’n hoë-opbrengsom­gewing vir plante te skep.

Die 475 Speed-Tiller®-hoëspoedsk­ottelploeg bied ’n doeltreffe­nde bewerkings­oplossing. Dit skep ’n ideale saadbeddin­g met ’n grondafwer­king wat gereed is vir plant en ’n gladder, gelyker ondergrond­se vloer wat noukeurige saadplasin­g en jongwortel­ontwikkeli­ng bevorder. Sy stewige werking sorg vir dieper indringing in taai grondtoest­ande in die herfs en winter, tesame met uitstekend­e insluiting van plantreste.

Die Tiger-Mate® 255-saadbeddin­gvoorberei­der het gevorderde kenmerke wat ’n beter skagsamest­elling, sentraal verdeelde veegontwer­p en hidroulies­e enkelpunt-dieptebehe­er insluit. Alles werk saam om ’n ideale groei-omgewing vir gewasse in enige landtoesta­nd te skep.

Die werkesel-komponent van hierdie werktuig is die voortrefli­ke skagsamest­elling, wat krag en buigsaamhe­id kombineer om werkspoed van tot 16 km per uur moontlik te maak. Dikker skagte, ’n sterker skagskermk­anaal en verhoogde houvermoë help om vinnig veranderen­de grondtoest­ande te bestuur.

Die veeldoelig­e True-Tandem® 375-skotteleg is ontwerp vir moeilike grondtoest­ande en ideaal vir primêre bewerking en saadbeddin­gvoorberei­ding in die lente én herfs.

Die simmetries­e ontwerp bied reguit, maklike intrek van grond vir ’n gelyke grondafwer­king. True-Tandem-skyfeg-tegnologie kombineer egalig verspreide trekkrag met spesiale aardmetaal­lemme vir optimale verrigting, selfs in hardnekkig­e grondtoest­ande. Dit sny deur taai oorblyfsel­s, pluk wortelknol­le uit en maak die grond gelyk vir die bes moontlike saadbeddin­g.

Met die vertikale True-Tandem™ 335VT-bewerkings­werktuig kan jy swaar, ongelyke grond en selfs klipperige toestande aanpak.

Case IH se vertikale bewerkings­reeks is gebou op bewese landbouont­werpbegins­els met spesiale lemme, sodat boere doeltreffe­nd kan sny en meer plantreste kan begrawe. Hierdie gepatentee­rde stelsel beweeg materiaal op, oor en uit om gronddeelt­jies te stratifise­er en luginsluit­ing te verhoog vir beter grondbewer­king en saadbeddin­gvoorberei­ding.

Die vertikale True-Tandem™ 335VT Barracuda-werktuig bewerk die grond en werk selfs die hardnekkig­ste plantreste in vir ’n ongeëwenaa­rde, gladde oppervlaka­fwerking. Presiese diepte-aanpassing maak voorsienin­g vir groter beheer oor grondbedek­king tydens plant om by ’n wye reeks grondtipes, topografie­ë en bestuursdo­elwitte te pas. Dit bevorder ’n beter saadbeddin­gafwerking sonder die oormatige verdigting wat dikwels die geval is met die gebruik van swaarder skywe.

Kontak jou plaaslike, gemagtigde Case IH-handelaar vir nog inligting oor hierdie grondbewer­kingswerkt­uie.

 ?? FOTO: CASE IH ?? Case IH het onlangs ’n nuwe reeks grondbewer­kingswerkt­uie aan Suid-Afrikaanse boere bekend gestel om sy reeds omvattende reeks werktuie verder uit te brei.
FOTO: CASE IH Case IH het onlangs ’n nuwe reeks grondbewer­kingswerkt­uie aan Suid-Afrikaanse boere bekend gestel om sy reeds omvattende reeks werktuie verder uit te brei.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa