Landbouweekblad

‘Somerweidi­ng, sonder lyding’

Blaarrykhe­id, smaaklikhe­id en hoë gehalte is wat Barenbrug se sorghum en babala enige boer bied.

- Navrae: Neill van der Merwe, tegniese bemarker, Barenburg Wes-Kaap, 064 850 3052; e-pos: nvdm@barenbrug.co.za

Suid-Afrika het van die beste boere ter wêreld, maar dit is nie altyd maklik om in hierdie land te boer nie.

Die moeilike omgewingst­oestande speel ’n groot rol in die struikelbl­okke wat boere moet oorkom. Daarom is dit belangrik dat boere altyd die regte gewasse en kultivars kies wat die risiko’s in ag neem.

Sorghum

Bargrazer is seker die bekendste voersorghu­mkultivar in Barenbrug se reeks. Dié kultivar het ’n groot markaandee­l en is gewild onder boere reg oor Suid-Afrika.

Bargrazer is aangepas vir sanderige, klei- en leemgrond en die blaar:stingel-verhouding bied ’n gebalansee­rde bron van ruvoer en lewer deurlopend­e hoë opbrengste met uitstekend­e voedingswa­arde. Beeste kan op ’n planthoogt­e van ongeveer 75 cm begin wei en skape op ’n hoogte van 50 cm. Om goeie hergroei te verseker, moet jy seker maak die plante word nie laer as 20 cm gesny of bewei nie.

Bargrazer vestig goed wanneer die grondtempe­ratuur deurlopend hoër as 16 °C is.

Barsweet is die kuilvoerko­ning onder sorghums. Dié soet sorghum bied uitstekend­e kuilvoerop­brengste en het ’n goeie voedingswa­arde. Jy kan hierdie kultivar teen ’n laer saaidigthe­id plant as voersorghu­m en teen ’n plantdiept­e van 20-40 mm na gelang van die grondsoort.

Rol die land ná plant om goeie kontak tussen die grond en saad te verseker vir ’n goeie, eweredige opkoms.

Babala

Nutrifast is Barenbrug se pronkbaste­rbabala wat blitsig hergroei en blaarryk is. Hierdie blousuurvr­ye opsie verseker die boer van hoë gehalte én hoë opbrengste, wat lei tot baie goeie melk- en vleisprodu­ksie. Nutrifast het ’n hoë proteïen- en metabolies­e-energie-inhoud wat vergelykba­ar is met dié van voerhawer in die winter.

Vroeë beweiding is die geheim tot sukses, aangesien dit die voedingswa­arde en smaaklikhe­id aansienlik verhoog. ’n Saaidigthe­id van 8-12 kg/ha word aanbeveel – heelwat minder as gewone babala en sorghum danksy meer sade per kilogram en die gewas se uitstekend­e stoelvermo­ë. Barenbrug se algemene babala is ’n blousuurvr­ye, wyd aanpasbare opsie vir skaap-, bok- en beesboere. Babala maak bestuur maklik met vinnige, maklike en veilige vestiging. Beweiding kan al van vroeg af plaasvind.

Probeer om die gewas nie toe te laat om hoër as 500 mm te groei nie, aangesien die smaaklikhe­id verlaag verby dié hoogte.

Babala verkies goed gedreineer­de grond, maar kan ook op grond met ’n laer potensiaal geplant word.

Sorghum en babala het beter uithouverm­oë teen wind, hitte en droogte as ander somergewas­se, dus is Barenbrug se somerpakke­t jou oplossing vir die komende seisoene.

 ?? FOTO: BARENBRUG ?? Hemelhoog.
Die verstommen­de potensiaal van Barenbrug se Barsweetso­et sorghum as kuilvoer.
FOTO: BARENBRUG Hemelhoog. Die verstommen­de potensiaal van Barenbrug se Barsweetso­et sorghum as kuilvoer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa