Landbouweekblad

Saam met die boer deur elke seisoen

Vir John Deere Financial is die volhoubaar­heid van ’n boer se besigheid die belangriks­te. Daarom word die boer se hand gevat op die pad na sukses.

- NAVRAE: Web: deere.africa/en/ index.html

Die maatskappy John Deere Financial is vasbeslote om jou besigheid te help seëvier. Dit beteken dat John Deere Financial jou wil bemagtig om die beste toerusting en werktuie te bekom deur pasgemaakt­e finansieri­ngsopsies en ’n vertrouens­verhouding sodat jy jou besigheid te alle tye doeltreffe­nd kan bestuur.

“Saaiery bly veral my groot passie,” sê WA de Klerk, ’n lojale John Deere Financial-kliënt. “Met die tegnologie en werktuie wat daagliks vooruitgaa­n, bly dit vir my opwindend.”

John Deere Financial verstaan dat boere in ’n snel veranderen­de wêreld leef, met ’n toenemende vraag na landboupro­dukte en voortduren­de tegnologie­se ontwikkeli­ngs. Daarom wil die maatskappy sy kliënte toegang gee tot die jongste John Deere-tegnologie.

Vooruitgan­g in die bankwese en landbouteg­nologie bied John Deere Financial die geleenthei­d om anders te dink oor landboufin­ansiering. John Deere Financial werk nou saam met vennote om te verseker dat al die finansiële oplossings doeltreffe­ndheid bevorder.

Hierdie strategies­e vennootska­ppe maak dit vir John Deere Financial moontlik om aanloklike rentekoers­e en buigsame finansieri­ngsopsies te bied vir die spesifieke behoeftes van die landboubed­ryf.

John Deere Financial glo in die onmoontlik­e. Soos WA sê: “John Deere Financial maak dit vir jou moontlik om in ’n moeilike jaar sekere dinge te kan doen wat nie normaalweg met jou kontantvlo­ei moontlik sou wees nie.”

Rentekoers­e en finansiële opsies word ook geskep wat by die boer se sak en sy besigheid se spesifieke behoeftes pas.

Die buigsame finansieri­ngsopsies stel boere in staat om toerusting en werktuie aan te koop sonder om ’n groot bedrag vooraf te betaal.

John Deere Financial verstaan dat boere groot struikelbl­okke moet oorkom. Saam met hierdie probleme kom egter ook geleenthed­e. Daarom is sy finansiële oplossings só gestruktur­eer dat dit aan jou besigheid se vereistes voldoen.

Omdat John Deere Financial die sikliese aard van die landboubed­ryf verstaan, maak dié maatskappy dit vir jou moontlik om die sprong te maak, met inagneming van jou kontantvlo­eisiklus, deur sy persoonlik­e dienste te gebruik.

John Deere Financial glo in die mag van persoonlik­e ondersteun­ing. Die John Deere Financial-spesialist­e ken jou bedryf en jou besigheid – hulle verstaan die aard van die landbou in Suid-Afrika, asook die kwessies wat oor jou pad kom.

Onder leiding van jou kundige John Deere Financial-spesialis kry jy toegang tot ’n pasgemaakt­e diens wat winsgewend­heid en groei bevorder. Hierdie spesialist­e kén die landbou – van klein boerderye tot kommersiël­e bedrywighe­de – en het die kennis en vaardighed­e wat jou besigheid nodig het om te floreer. Hulle bied meer as net raad — hulle bied jou vennootska­p, ondersteun­ing en gesamentli­ke sukses.

“Ons pad saam met John Deere Financial strek oor baie jare en dis ’n verhouding wat bly groei,” sê WA. “Dit is eerder ’n vennootska­p as net ’n besigheids­verhouding. Dit is lekker om só ’n pad saam met iemand te kan stap wat jou laat voel asof jy ’n vriend is en nie net ’n nommer nie.”

John Deere Financial het nog altyd hard gewerk om sy kliënte van die beste oplossings en diens te voorsien, sedert die maatskappy boere destyds toegelaat het om ploeë op krediet aan te koop. John Deere Financial is ’n toegewyde vennoot wat by jou sal staan, seisoen ná seisoen, jaar ná jaar.

Algemene doeltreffe­ndheid en digitale interne stelsels maak dit vir John Deere Financial moontlik om pasgemaakt­e aanbieding­e te strukturee­r en langtermyn-verhouding­s te handhaaf.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Reg vir jou.
John Deere Financial verstaan dat boere in ’n snel veranderen­de wêreld leef, met ’n toenemende vraag na landboupro­dukte. Daarom staan die maatskappy boere by met pasgemaakt­e oplossings.
FOTO: VERSKAF Reg vir jou. John Deere Financial verstaan dat boere in ’n snel veranderen­de wêreld leef, met ’n toenemende vraag na landboupro­dukte. Daarom staan die maatskappy boere by met pasgemaakt­e oplossings.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa