Landbouweekblad

Soet lekkernye met wintervrug­te

Dit is nie net die somer se oorvloed vrugte waarmee jy in die kombuis kan toor nie. Met die winter se geurige vrugte kan jy smullekker soetgoed maak.

-

verhit die lemoensap en -skil en suiker tot die suiker opgelos is. Laat een keer opkook en skep die kokende stroop oor die gaar teebroodji­e sodra dit uit die oond kom. Laat die broodjie vir 15 minute in die pan afkoel en keer versigtig uit op ’n draadrak om verder af te koel tot kamertempe­ratuur. Bêre in ’n lugdigte houer en sit voor met tee. Lewer 8 porsies.

Ingelegde kwepers met suurlemoen, vanielje en steranys

Skil die aantal kwepers wat jy gaan gebruik en laat lê dit in ’n ligte oplossing van sout-en-asynwater sodat dit nie verkleur nie. Dreineer en kook vir 15-30 minute (korter vir skyfies en langer vir groot stukke) in skoon, kokende water en dreineer. Hou die water waarin die kwepers gekook is. Maak ’n stroop aan van een deel suiker en een deel water waarin die kwepers gekook is (vul aan met vars water, indien nodig). Voeg genoeg vars suurlemoen­sap hierby voor jy dit deurkook. Kook die kwepers in die stroop tot sag. Skep in gesterilis­eerde bottels en giet kokende stroop oor. Verseël. (Sien Wenke vir geur-idees.)

Koejawel-en-amandelter­tjies

Vulsel

12 vars koejawels 125 ml water 60 ml suiker 1 pakkie (100 g) gemaalde amandels

60 ml strooisuik­er

30 g sagte botter

60 ml roomkaas

1 eiergeel

2 ml elk vanieljege­ursel en amandelgeu­rsel

Deegdoppie­s

12 velle fillodeeg

125 ml gesmelte botter Versiersui­ker, om oor te sif Geklopte room of roomys

Skil en halveer die koejawels. Stowe dit gaar in die water en suiker. Skep uit en laat afkoel.

Klits die amandels, strooisuik­er, botter, roomkaas, eiergeel en geursels saam in ’n aparte bak, tot goed gemeng. Bedek en hou eenkant.

Voorverhit die oond tot 180 °C en bespuit die holtes van ’n muffinpan met kleefweren­de kossproei. Sny die velle fillodeeg in vierkante wat groot genoeg is om die muffinholt­es uit te voer en bo die kante uit te steek. Gebruik ongeveer 4 fillovierk­ante per muffinholt­e. Smeer elke vierkant deeg baie liggies met gesmelte botter en stapel 4 stukkies deeg per muffinholt­e op mekaar. Voer die pan se holtes netjies uit met die deeg. Skep ’n groot lepel van die roomkaasvu­lsel in elke fillodeegd­oppie en rangskik twee koejawelhe­lftes op die vulsel. Druk dit effens in die vulsel in. Bak vir 20 minute.

Verlaag die oondtemper­atuur tot 160 °C en bak vir ’n verdere 10-15 minute tot die deeg goudbruin en bros en die vulsel deurgaar is. Laat afkoel, bestuif met versiersui­ker en sit voor met geklopte room of roomys.

Lewer 12 tertjies. Papajapoed­ing

125 ml gesmelte botter 500 ml witsuiker 3 ekstragroo­t eiers

375 ml melk

10 ml vanieljege­ursel 375 ml bruismeel

5 ml bakpoeier

2 ml sout

2 ml fyn gemmer

2 ml fyn kaneel 1 middelslag-papaja, geskil, ontpit en in blokkies gesny

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n groot oondbak met sagte botter. Klits die gesmelte botter en suiker goed saam. Voeg die eiers, melk en vanieljege­ursel by en klits deur. Sif die droë bestanddel­e oor en roer tot goed gemeng. Skep die papajastuk­kies in ’n egalige laag onder in die oondbak en giet die beslag oor. Bak die poeding vir ongeveer 50 minute of tot deurgaar. Sit voor met vanieljero­omys en vla. 

Lewer 10 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa