Landbouweekblad

Só verander wetgewing

-

In 1973 mag die naam van ’n landgoed slegs vir landgoedwy­n gebruik word.

“Jy kon slegs landgoeddr­uiwe op die landgoed verwerk, niks anders nie. Daar was wel nie ’n vereiste dat dit op een stuk grond, of aangrensen­de stukke grond, moes wees nie,” vertel André Matthee van die Wyn-en-spirituali­eëraad.

Teen 1982 is nuwe regulasies onder die Wet op Wyn, Ander Gegiste Drank en Spirituali­eë (Wet 25 van 1957) uitgevaard­ig. Die naam van ’n landgoed kon steeds slegs vir landgoedwy­n gebruik word en jy kon slegs landgoedwy­n in jou kelder op die plaas maak. Sedert 1973 het die aantal wynlandgoe­dere van 14 tot 53 gegroei.

Dié wet is op 1 Julie 1990, toe daar 69 landgoeder­e was, vervang ná die Wet op Drankprodu­kte (Wet 60 van 1989) in werking getree het.

“Vir die eerste keer kon landgoedke­lders ook vir nie-landgoeddr­uiwe gebruik word. Produsente kon dus nou druiwe of wyn inkoop en in hul kelders verwerk. Die landgoedna­am was egter steeds eksklusief vir landgoedwy­n bedoel en alle druiwe of wyn wat aangekoop is, moes ’n ander handelsmer­k gebruik.”

Dit het op 14 Desember 2003 verander, toe daar wysigings gemaak is aan die Wyn van Oorsprong-stelsel. Die 85 geregistre­erde landgoeder­e is toe toegelaat om hul naam te gebruik op wyn wat gemaak is van druiwe of wyn wat ingekoop is. Hulle mag tot vandag toe steeds die woord “landgoedwy­n” slegs gebruik vir druiwe van die landgoed.

“Vandag is daar 234 landgoeder­e. Daar is ’n paar wat slegs landgoedwy­n produseer, maar die meeste produseer ook ander wyn. Altesaam 125 landgoeder­e sertifisee­r hul wyn as landgoedwy­n.”

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa