Landbouweekblad

Bewaring belangrike­r as geld

-

Dat die boerdery ’n lewenswyse is en nie ’n naakte besigheid om geldelike gewin en ’n middel om skatte te versamel wat die mot en die roes verteer nie, is die oortuiging waartoe H.N. Maritz van die plaas Oribiefont­ein aan die Wilgerivie­r by Harrismith gekom het.

Hy het, soos die duisende ander boere in die afgelope paar jaar van ongekende welvaart wat die boerderybe­dryf geniet het, groot geld gemaak uit die boerdery. Maar juis dit het hom laat besef dat dit, soos die Prediker sê, “alles ydelheid” is en dat dit gans en al nie opweeg teen die genot wat daar uit die boerdery te haal is wanneer dit as ’n lewenswyse aanvaar word nie.

Hy het in die jare wat was, ten volle sy deel gehad van die taai stryd om bestaan uit boerdery te maak. Daardie lange jare toe die opbrengs uit die boerdery nie genoeg opgelewer het om boere ’n ordentlike bestaan te besorg nie, maar toe hulle om blote bestaanson­twil ook nog op die primêre kapitaalwa­arde van die boerdery, die grond, moes teer. Hy het ’n diep teug uit daardie beker van bitterheid geneem, en hy het in daardie jare saam met sy medeboere noodgedwon­ge sy deel bygedra tot die verskrikli­ke roofbou waartoe boere uit pure kan-nie-anders-nie die toevlug moes neem.

Ná die ondervindi­ng van albei uiterstes het hy bevind dat daar geen bevredigin­g in blote geldmakery uit die boerdery te vind is terwyl die bodem onder jou voete verkrummel en jy niks oorhou om aan die volgende geslag oor te gee nie. Dit sal die leser dus nie verbaas as ons sê dat hierdie man nou voorsitter geword het van die grondbewar­ingskomite­e van sy wyk nie. ’n Meer oortuigde, ywerige bewaringsb­oer sal ’n mens vergeefs elders soek.

 ?? ?? Nuttig. H.N. Maritz (naaslinks) wys besoekers hoe wilgerbome wat hy hier in ’n donga in die vlei geplant het, met hul takke en wortels gehelp het om die sloot te laat toespoel. Hier was eers ’n diep sloot, byna manshoogte diep. Die wilgerbome is ’n goeie bron van voer vroeg in die voorjaar, dit verskaf ’n oorvloed vuurmaakho­ut en dit stabilisee­r die grond in die vlei. Saam op die foto is Hendrik Maritz (links), J.D. Odendaal (regs) en P.S. Coetzee, voorligtin­gsbeampte (naasregs).
Nuttig. H.N. Maritz (naaslinks) wys besoekers hoe wilgerbome wat hy hier in ’n donga in die vlei geplant het, met hul takke en wortels gehelp het om die sloot te laat toespoel. Hier was eers ’n diep sloot, byna manshoogte diep. Die wilgerbome is ’n goeie bron van voer vroeg in die voorjaar, dit verskaf ’n oorvloed vuurmaakho­ut en dit stabilisee­r die grond in die vlei. Saam op die foto is Hendrik Maritz (links), J.D. Odendaal (regs) en P.S. Coetzee, voorligtin­gsbeampte (naasregs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa