‘SEB-kriteria was nie reg’ vir ambisieuse projekte nie
Die Koöperasie het die afgelope jare groot klem geplaas op bemagtiging en was by 12 b e m agting s projekte betrokke wat duisende mense betrek. Die vraag moet gevra word watter rol hierdie projekte in die onderneming se benarde posisie speel. Ongelukkig moet Jannie erken dat sake nie rooskleurig lyk nie.
Hy is versigtig om te antwoord, want hy wil nie klink asof hy klippe na sy voorgangers gooi nie, maar sê dan tog met die tipiese eerlikheid waarop sy ouers so gesteld was: “Die bestuur by Die Koöperasies e kriteria vir bemagtiging s boerdery projekte was niere g nie. Di sin kort die antwoord. Dis dalk maklik om dit agterna te sê, maar ons moet dit erken.”
Hy sê in bykans 80% van die gevalle waar hulle gesamentlik vennootskappe met bemagtingsboere gesluit het, was dit nie vanweë boerdery potensiaal of ’n uitstaande boer nie.
“Dit was debiteure wat sleg geraak het omdat die staat vir hulle grond gegee het, maar daar was nie geld vir wat ook al die boere wou doen nie. Daarvoor moes hulle hul eie kapitaal gebruik en dikwels het hulle duur korttermyn finansiering gebruik ,’ n groot skuldlas opgebou en kon hulle later nie meer hul koöperasie rekeninge betaal nie .”
Die Koöperasie het dan’ n gesamentlike vennootskap s ooreenkom smet hulle gesluit om 49%-belang in die boerdery te kry, maar hulle kon nooit die skuld uitsorteer nie, want dit was net te groot.
“As jy gaan kyk hoe die biologiese waarde van die boerderye verbeter het, was dit ongelooflik hoe die produksie op die plaas gestyg het. Die projekte het egter begin met ’n agterstand waarmee hulle dit nie kon maak nie, want hulle maak net wins tot hulle rente moet begin betaal en dan kan hulle nie meer nie.”
Die finansiering s model was dus verkeerd. Hy knik. “Besluite is geneem in die hoop dat daar grants sal kom of dat die regering of ’n fonds of iets sal help. Ek moet my voorganger krediet gee daarvoor. Hy het ’n stuk geloof gehad dat daar hulp sal kom wat niemand gehad het nie; sy hart en siel was werklik in die strategie. Maar dit het nooit gerealiseer nie, dus is daardie groot skuldlas nooit afgelos nie.”
Op drie na is hulle nog by al die bemagtiging s projekte as aandeelhouer betrokke. “Ons het nie weggestap as vennoot nie en soek steeds saam met hulle finansiering en oplossings. Ons kan dit net nie meer finansier nie en daarom het ons SEB-afdeling toegemaak.”
As hy na die reuse-bedrag geld kyk wat hulle in die proses moes afskryf, is Jannie spyt hulle het ooit so baie in bemagtiging belê, maar hy ontken nie dat bemagtiging noodsaaklik is nie.
“Dit is ’n lewenspolis wat ons uitneem in Suid-Afrika. Elke Suid-Afrikaner het ’n verpligting om daarna te kyk, maar jy moet dit nie roekeloos doen nie en dit moet volhoubaar wees. Anders gaan dit omval en dan het jy dalk meer skade as waarmee jy weggetrek het.”