Landbouweekblad

Só sien ander vir Christi

-

Robert Graaff, uitvoerend­e hoof van Graaff Fruit

Sy tasbare passie vir alles wat hy aanpak, sy nederige grootword en sy optimistie­se houding staan beslis uit. Hy is ’n bewys daarvan dat die landbou ’n goeie loopbaan bied, en nie net vir plaaseiena­ars nie.

Dr. Ivan Meyer, Wes-Kaapse minister van landbou

Christi van den Heever is ’n welverdien­de wenner. Hy is ’n visionêre, hardwerken­de en toegewyde boer. Sy agtergrond voorspel net goeie dinge vir sy toekoms, maar ook vir die volhoubaar­heid van die landboubed­ryf. Baie geluk en alles van die beste!

Jerrie Fredericks, produksieb­estuurder op Rietfontei­n

Christi is ’n goeie leier en iemand om na op te kyk. Hy gee duidelike doelwitte waarna ons as ’n span moet werk. Hy gee elke bestuurder onder hom die geleenthei­d om homself te ontgin, luister na ander se planne en laat ons toe om self planne te beraam. Christi is daar wanneer jy hom nodig het, maar gee jou ook die ruimte om jou ding te doen. Hy is nie iemand wat ’n one-man show run nie, maar is oop vir ander se mening en bied goeie geleenthed­e vir sy mense om te ontwikkel en te groei. Hy deel in die sukses, maar wanneer dit nie goed gaan nie, vat hy die pak saam met jou.

Marlandi van den Heever, Christi se vrou

Ek het nog nooit meer van ’n mensemens gesien as Christi nie. Sy liefde vir Jesus, sy gesin, die natuur en mense is aansteekli­k. Hy leef voluit en bou verhouding­s sover hy gaan. Hy het werklik ’n Godgegewe talent, daarom is hy so suksesvol in die landbou. Hy help mense en skep werkgeleen­thede waar hy kan. Om te boer, is nie ’n werk vir Christi nie, maar sy passie. As jy doen waarvoor jy lief is, sal jy suksesvol wees. Jesus ken Christi se hart en seën hom ongeloofli­k baie.

Pierre van den Heever, Christi sebroer

Christi is ’n broer en ’n boer wat van ’n uitdaging hou en dan maak hy seker hy maak ’n sukses daarvan. Hy is lojaal, opreg en baie eerlik. Christi se sukses lê daarin dat hy alle eer aan die Here gee. Hy is ’n boer wat sy medemens goedgesind is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa