Landbouweekblad

Nie net op die appelwa

-

Christi van den Heever wil nie net ál sy water en toerusting ten volle benut nie, maar hy beywer hom ook daarvoor om vir so lank moontlik deur die jaar werk aan mense te verskaf. Wanneer hy nuwe kultivars evalueer, soek hy ook na kultivars en gewasse wat gapings in sy oesvloei kan vul.

“Ek het tans van Oktober, kersietyd, tot einde Junie, wanneer die appels klaarmaak, vrugte wat vloei en ’n inkomste kan genereer. Daar was ’n gaping in Januarie, toe plant ek nektariens om dit te vul. Jy moet diversifis­eer, want as die appelkar omval, is die kersies dalk daar om jou te dra. Hoe meer jy diversifis­eer, hoe beter is jou risiko versprei.”

Die Koue Bokkeveld is nie juis bekend om nektariens nie, maar met Christi se agtergrond as nektarienb­oer op Romansrivi­er het hy kans gesien daarvoor, veral omdat hy glo hy kan die “vangplekke” in die unieke gebied onderskep.

Kersies is ’n redelike nuweling op die plaas, maar Christi onderskei homself reeds as kenner van kultivars, onderstamm­e en oestydperk­e. Hoewel hy nog net 6,3 ha kersies in drag het (die oesskattin­g vir vanjaar is sowat 80 ton), gee hy net soveel aandag daaraan as aan die appels,

pere en nektariens.

“Die Koue Bokkeveld het ’n besondere klimaat vir kersieverb­ouing, want ons het genoeg koue en die regte onderstamm­e vir die nat grond. Dit val ook in ’n goeie tyd wanneer jy niks anders oes nie. Die kwessie is egter waar jy dit verpak, want jy kan dit nie in ’n appel- of peerpakhui­s doen nie. Jy moet dus aansluit by iemand wat ingerig is daarvoor, daarom doen nie almal dit nie.”

Rietfontei­n verwerf ook bekendheid vir sy 10 ha wyndruiwe — Shiraz, Pinot noir en Chardonnay — en het Suid-Afrika se Pinot noir-wingerd wat die hoogste bo seevlak geplant is.

Die druiwe word gekoop deur De Grendel en Rust & Vrede, wat onderskeid­elik aan Robert Graaff se broer, sir De Villiers, en swaer, Jean Engelbrech­t, behoort.

“Die druiwe is gesog, want die koue winters dwing die wingerde om te ‘slaap’. Dan is daar die warm somers en koel namiddae en aande wat help met die gehalte van die wyn.”

Die wingerd se opbrengs word om gehaltered­es beperk tot sowat 5 ton per ha, wat met die hand gepluk en in soliede kratte snags na die kelders by Durbanvill­e en Stellenbos­ch vervoer word.

“Ons wyn wen al die pryse, veral vir Shiraz.”

Op grond wat nog nie onder vrugtebome lê nie, plant Christi sowat 55 ha lusern wat hy van die plaas af verkoop, buiten die eerste en laaste snysels wat moeilik droog raak en hy in sy boorde pak vir bedekking.

Tans loop daar sowat 88 koeie en kalwers op die plaas, maar teen September vergroot hy die kudde tot sowat 200 Angus-beeste, maak hulle vet en bemark hulle dan in Januarie.

 ?? ?? Rietfontei­n het die Pinot noir-wingerd in Suid-Afrika wat die hoogste bo seevlak groei. Sy wyndruiwe word deur De Grendel en Rust & Vrede benut.
Rietfontei­n het die Pinot noir-wingerd in Suid-Afrika wat die hoogste bo seevlak groei. Sy wyndruiwe word deur De Grendel en Rust & Vrede benut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa