Krybeheeroorjou graanopberging
Deur self sy graan op te berg, kan ’n boer die gehalte van sy graan beheer, terwyl hy koste bespaar.
Met die modernisering van die landbou het opbergingsbehoeftes skerp toegeneem. Selfopbergingsgeriewe hou verskeie voordele vir die boer in.
Waardetoevoeging. Deur te verseker dat jy skoon, onbeskadigde en insekvrye graan opberg, skep jy ’n bate waaroor jy beheer het tot die punt van lewering of verbruik.
Kostebesparing. Deesdae se sentrale opbergingspunte het baie bykomende koste, soos hantering, skoonmaak en sifselverlies. Deur self graan op te berg, kan van hierdie koste vermy word. Die meeste van die opbergingsgeriewe wat RSA Grain Storage Solutions oprig, betaal hulself oor ’n tydperk van drie jaar tot vyf jaar af.
Verbeterde logistiek. Jy het beheer oor die logistiek rakende graanhantering, asook ’n besparing op vervoerkoste. Vog- en temperatuurbestuur.
Temperatuur en vog word deur sensors in die silo’s of graandamme gelees en bied boere akkurate regstreekse data. Sodoende kan opgebergde graan wat ontkiem of vrot word, vermy word.
Gehaltebeheer. Met jou eie opbergingsgerief kan jy verseker dat die gehalte van die graan wat jy insit, dieselfde is as wat jy uithaal.
Opemark-voordeel. Jy word nie gedwing om een sentrale punt se koopaanbod te aanvaar nie. Daar is verskeie maatskappye wat spesialiseer in die bemarking van graan uit selfopbergingspunte.
Opberging op lang termyn.
Graanopberging is ook geskik vir die veeboer. Aankope van graan teen die laagste moontlike prys in die jaar en die opberging daarvan vir gebruik deur die seisoen, verseker dat voerkoste laag gehou word.
Risikobestuur. Met die korrekte
prosesse kan jy risiko’s verminder of selfs uitskakel omdat die graan ten alle tye onder jou beheer is.
Met al die bogenoemde punte in ag geneem, is dit belangrik om te verseker dat die opbergingsgerief wat jy oprig, geskik is vir jou spesifieke behoeftes. RSA Grain Storage Solutions spesialiseer in pasmaakoplossings wat op jou plaas sal werk.