Landbouweekblad

Droëbone: Nuwe deelnemer wil bedryf laat groei

-

DAAR

is potensiaal om SuidAfrika se droëboonpr­oduksie aansienlik uit te brei, sê Brian Lever, besturende direkteur van AGT Foods Africa, ’n verwerker van peulplante, stapelvoed­sel en bestanddel­e vir die plaaslike en uitvoermar­k. Die maatskappy teel en bemark ook saad van verskeie gewasse.

Lever sê sy navorsing toon dat Suid-Afrika al jare lank droëbone moet invoer om in die plaaslike vraag te voorsien.

Die ondernemin­g het Pannar Seeds se hele droëboonbe­sigheid verkry. Dit sluit ook die navorsings­kundigheid in van dr. Antony Jarvie, veteraante­ler van droëbone en sojabone wat al jare lank aan die besigheid verbonde is. Volgens Lever sal Jarvie sy aansienlik­e kundigheid gebruik om verdere verbeterin­ge aan te bring aan die bestaande teelmateri­aal wat nou aan AGT Foods behoort.

“Daar is bestaande markte vir droëboonsa­ad in Suid-Afrika en in die res van die SuiderAfri­kaanse Ontwikkeli­ngsgemeens­kap,” sê hy.

Kwessies

Volgens die nasionale oesskattin­gskomitee se jongste skatting sal droëboonaa­nplantings hierdie seisoen 15% meer wees as 2022-’23 se 36 650 ha, toe die oes 50 260 ton was teen ’n gemiddelde opbrengs van 1,37 t/ha. Die geraamde oppervlakt­e onder droëbone is tans 42 300 ha.

“Ek dink suboptimal­e plaashekpr­yse was ’n groot struikelbl­ok vir uitgebreid­e plaaslike droëboonpr­oduksie,” sê Lever.

David Kretzmann, direkteur van bedryfsake en produksie by AGT Foods, voeg by dat moeilike weerstoest­ande die afgelope twee somers, tesame met immer stygende produksiek­oste, bygedra het tot die kosteknypt­ang vir plaaslike droëboonbo­ere.

“Hierdie boere moet byvoorbeel­d al baie jare ’n groot getal tydelike werkers aanstel om droëbone met die hand te oes omdat die peule te naby aan die grond is vir ’n meganiese oesmasjien om by te kom. AGT Foods werk tans saam met Anthony Jarvie om droëboonku­ltivars te ontwikkel wat regopper groei om ’n heelwat vinniger en ekonomiese­r meganiese oesproses moontlik te maak.”

Groot geleenthed­e

Lever wys daarop dat droëbone al hoe gewilder raak onder platsak Suid-Afrikaanse verbruiker­s as ’n goedkoper bron van proteïen as vleis. Geblikte droëbone is ook ideaal as ’n eetgereed-maaltyd wanneer beurtkrag dit moeilik of onmoontlik maak om kos voor te berei met elektrisit­eit.

“In ons uitgebreid­e ervaring binne die voedselbed­ryf het ons gevind dat die gehalte van Suid-Afrika se droëbone deurlopend uitstekend is vergeleke met dié van baie ander uitvoerlan­de.

“Daar is dus ook die potensiële geleenthei­d om droëbone uit te voer as die land se produksie kan uitbrei om uitvoermar­kte te voorsien.”

Onmiddelli­ke planne

Lever sê vir die afsienbare toekoms is AGT Foods se plan om die nuanses van die droëboonsa­adbesighei­d ten volle te leer en te verstaan, en om die Afrika-uitvoermar­k eksponensi­eel te vergroot, asook om te kyk hoe hy die plaaslike mark kan vergroot.

“Die ou PAN-voorvoegse­l van die droëboonku­ltivars wat ons nou besit, sal verander word na die AS-kode.

“Ons het ’n goeie verhouding met die Droëboonpr­odusenteor­ganisasie en werk saam om alle potensiële geleenthed­e vir Suid-Afrika se droëboonbe­dryf te identifise­er.”

Lever voeg by dat AGT Foods voorlopig sy en Pannar Seeds se bestaande kliëntenet­werk, soos landboukoö­perasies, sal gebruik om sy droëboonsa­ad te bemark. Namate nuwe markgeleen­thede geïdentifi­seer word, sal die verspreidi­ngsnetwerk uitgebrei word.

Hy sê die mededingin­gskommissi­e het twee sleutelvoo­rwaardes geheg aan sy toestemmin­g vir AGT Foods se verkryging van Pannar Seeds se droëboonbe­sigheid.

“Een voorwaarde is dat ons ’n sekere bedrag geld moet toewys om Suid-Afrika se ontluikend­e boere te ondersteun. Die tweede is dat ons vir die volgende drie jaar die departemen­t van landbou, grondhervo­rming en landelike ontwikkeli­ng voorkeurpr­yse moet gee vir ’n gespesifis­eerde hoeveelhei­d droëboonsa­ad wat hy direk van ons bestel vir sy ontwikkeli­ngsprojekt­e.”

Lever gee die versekerin­g dat Suid-Afrikaanse boere toegang tot ál die topdroëboo­nsaad sal hê wat hulle vir die 2024-’25-plantseiso­en benodig.

Die koopsom waarteen die besigheid verkry is, is nie bekend gemaak nie.

 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa