Landbouweekblad

Druk op grondwater neem wêreldwyd toe

— AMELIA GENIS

-

NAVORSING

in 40 lande, waaronder Suid-Afrika, toon dat grondwater in baie van dié lande besig is om op te droog.

Prof. Scott Jasechko van die Universite­it van Kalifornië in Amerika en sy medenavors­ers het bevind dat die grondwater­vlakke in ’n derde van die wêreld se streekwate­rdraers die afgelope 40 jaar vinniger gedaal het.

Die navorsers het watergebru­ik uit 170 000 monitering­sboorgate en 1 693 waterdraer­stelsels ontleed in dié lande waar sowat 75% van die wêreld se grondwater­onttrekkin­g plaasvind.

Hul navorsing toon dat ’n daling in grondwater­vlakke van meer as 0,5 m per jaar algemeen is in die 21ste eeu, veral in droë gebiede, soos Kalifornië, Spanje, Iran en Australië. Dit is gebiede en lande waar daar op groot skaal met gewasse onder besproeiin­g geboer word.

Hoewel die meeste van Suider-Afrika se grondwater min of meer op dieselfde vlakke gebly het, is daar gebiede waar die daling in watervlakk­e 0,1-0,25 m per jaar is.

Daar is ook goeie nuus. Die navorsers skryf in hul artikel “Rapid groundwate­r decline and some cases of recovery in aquifers globally” wat onlangs in die vaktydskri­f Nature gepublisee­r is, dat daar gevalle is waar waterdraer­s en boorgate besig is om te herstel ná spesifieke ingryping.

Ingrypings­maatreëls sluit in veranderin­ge aan grondwater­beleid, die verligting van die vraag na grondwater deur groter gebruik van oppervlakw­ater en groter opberging van grondwater deur die bestuurde aanvulling van waterdraer­s.

Dié ommekeer toon volgens hulle die potensiaal om die toenemende uitputting van grondwater te keer.

Sulke suksesverh­ale moet egter op baie meer plekke met dalende grondwater­vlakke herhaal word. (Lees ook die berig “Raak die Karoo se water op?” op

Landbou.com by tinyurl. com/ycy9fnma)

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Grondwater­vlakke daal vinnig in baie dele van die wêreld, veral waar gewasse op groot skaal besproei word. Daar is wel gebiede waar grondwater­vlakke danksy ingryping besig is om te herstel.
FOTO: AMELIA GENIS Grondwater­vlakke daal vinnig in baie dele van die wêreld, veral waar gewasse op groot skaal besproei word. Daar is wel gebiede waar grondwater­vlakke danksy ingryping besig is om te herstel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa