Landbouweekblad

Murgpampoe­ntjie van buite, komkommer van binne

-

Unica Fresh se Zucchiolo het besoekers die meeste beïndruk. Dit is ontwikkel uit ’n murgpampoe­ntjiekulti­var wat inheems in Suid-Amerika is. Die werk is gedoen deur die Spaanse instituut vir landbou-en-visserynav­orsing en -opleiding (Ifapa) se afdeling vir teling en biotegnolo­gie, met die samewerkin­g van Beyond Seeds.

“Anders as wat ’n mens sou dink, is Zucchiolo nie ’n nuwe murgpampoe­ntjiekulti­var nie, maar ’n groentesoo­rt wat ’n hele nuwe produkkate­gorie op die Europese mark verteenwoo­rdig,” luidens ’n verklaring oor die FLIA-pryse.

Hoewel dit hoofsaakli­k in die buitelug geprodusee­r word, is dit nou danksy hul navorsing ook aangepas vir verbouing in kweekhuise.

Dié smaaklike groente, wat in drie kleure (liggroen, donkergroe­n en geel) beskikbaar is, weeg sowat 250 g. Dit kan vars en rou in ’n slaai geniet word (soos ’n komkommer), maar dit kan ook soos ’n murgpampoe­ntjie of eiervrug gaargemaak word.

Dit is ryk aan vesel, vitamiene A en C, en antioksida­nte.

Dit word tans net in Europa verkoop. Die ná-oesleeftyd is besonder lank. Die groente kan drie tot vier weke goed bly, wat dit ideaal vir uitvoer maak.

María de Carmen Tamayo, tegniese bestuurder by Beyond Seeds, het aan Fresh Fruit Portal gesê sowat 8 500 Zucchiolo-plante kan op 1 hektaar geplant word. Die plante begin binne twee maande dra.

“Die produktiwi­teit is hoog, en kan 9-11 kg per m² wees.”

Altesaam 50% van die opbrengs uit verkope word deur die Cellbitec-stigting vir maatskapli­ke kwessies, soos die stryd teen pankreaska­nker en degenerati­ewe siektes, aangewend.

Volgens Andrea Álvarez, sake-ontwikkeli­ngsbestuur­der by Unica Fresh, spoor die pryse die varsproduk­tebedryf aan om meer waarde tot boere se gewasse toe te voeg.

“Dit is ’n lang proses om nuwe groentesoo­rte te ontwikkel, maar ons doelwit is om voedsame en gesonde produkte vir die samelewing beskikbaar te stel.”

Alastair Findlay (in sy 80’s) van Bedgrow in Brittanje het dertig jaar gelede, ná ’n besoek aan Amerika, aan homself die taak opgelê om ’n rooiui te ontwikkel wat deurgaans soet is. Die uiteinde was die soet Calypso-rooi-ui wat in 2023 bekend gestel is. Dit het lae piruvaat-vlakke, wat beteken ’n mens kan dit rou eet sonder om bekommerd te wees dat jou mond dalk gaan brand. Die kultivar is al in die Midde-Ooste en Amerika beskikbaar gestel.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa