Mercedes haal sy plaasjapiestreke uit
Die Mercedes-Benz GLC het onlangs dié vervaardiger se C-klas-sedan verbygesteek as sy topverkoper wêreldwyd. Die gewildheid van die sportnutsvoertuig was duidelik toe die boervroue op die 300D 4Matic verlief geraak het op Landbouweekblad se SUV vir ’n boe
Dit is geen geheim dat Suid-Afrikaanse boervroue entrepreneurs en planmakers van formaat is. Waar ’n boer altyd ’n plan maak, maak ’n boervrou ’n plan B, C en sommer D ook.
’n Mens hoor gereeld stories van boervroue wat die plaas se boeke tydens maer jare laat klop met konfytverkope of beskuit bak. Lanklaas was dit so duidelik hoe die ratte in ’n boervrou se kop draai as sy probeer uitwerk hoeveel vetkoeke sy sal moet verkoop om die nuwe Mercedes-Benz GLC 300D te kan bekostig, soos toe Esri Meintjès uit dié sportnuts-blits klim ná ’n spoedlopie op die teerpad. (Net tussen ons, dit sal regtig-egtig báie vetkoeke moet wees.)
“Sjoe! Ek dink ek is verlief op hierdie kar,” sê Esri met blink oë. “Hy ry ongelooflik sag. Hy het spoed as jy iets moet verbysteek. Dis ’n baie lekker kar.”
Wat van plaaspad ry daar in Viljoenskroon se wêreld waar Esri en haar man, JP, met mielies op die plaas Kruispan boer?
“Ons paaie lyk baie mooi. Hy sal definitief lekker ry daar.” As sy nie ore gehad het nie, het haar glimlag reg rondom haar kop gegaan.
Esri twyfel egter of sy verby haar man sal kom. Met vier seuns, Schalk, SJ, Hendrik en JP, sal dit knap gaan om die hele gesin in dié vyfsitplek-voertuig te pas vir ’n gesinsvakansie. En JP is bekend as ’n man wat sy boerdery deur ’n syferbril bekyk – hy het immers twee jaar lank by ’n Safex-graanhandelaar in Johannesburg gewerk. Sy gaan hom dus nie maklik oortuig van só ’n duur speelding nie.
Sjarmante Duitser
Die Mercedes-Benz GLC 300D 4Matic was een van sewe sportnutsvoertuie wat die vroue tydens die
by die Sandwani-wildplaas buite Pretoria getoets het, maar hy was die een wat hulle die breedste laat glimlag het.
Al daardie praktiese oorwegings
SUV vir ’n boervrou-dag
wat die boervroue se motorvoorkeure kenmerk, het teen 200 km/h by die venster uitgewaai namate dié Duitser hulle met sy sjarme oorrompel het.
Anneri Lindeque, wat saam met haar man, Org, buite Mbombela in Mpumalanga met makadamianeute boer, sê sy sal nie olie- en petrolkanne in hom laai nie, maar “vir al die ander goed is hy wonderlik”.
“Ek het hom toe teen 200 km getoets,” sê sy oor haar teerpadrit met die GLC 300D. “Hy ry fantasties. Hy het woema, maar verminder ook vinnig spoed as jy wil stop. Ek dink dit is ’n dorpskar. Ons trek een van die dae dorp toe,” sê sy skertsend.
“Sjoe, as jy trap, laat waai hy,” sê Amoné Kriek, wat saam met haar man, Gert, met sojabone en mielies op die plaas Leeubank by Balfour in Mpumalanga
boer. “Sy enigste nadeel is dat jy vinnig wíl ry.”
Dit is duidelik dat die vervaardiger nie leë beloftes maak met sy aanspraak van 0-100 km/h in 6,3 sekondes en ’n topspoed van 243 km/h nie.
Die GLC 300D se ratsheid is te danke aan sy 2 liter-turbodiesel-enjin wat 198 kW en 550 Nm-wringkrag lewer. Voeg daarby vier silinders en ’n outomatiese negespoed-ratkas, en jy het ’n blitsige sportnutsvoertuig.
In ’n goed deurdagte stap het Mercedes nie net aan krag en spoed aandag gegee nie, maar ook aan doeltreffende brandstofverbruik. Die GLC het ’n ligte hibried-stelsel met 48 Vtegnologie. Dit help die enjin om vinniger aan te skakel en op luierspoed te kom, en bied ’n ekstra 17 kW/200 Nm op sekere tye, soos teen lae spoed of wanneer jy versnel. Dit alles dra by tot billike brandstofverbruik van 6,1 liter/100 km.
Stadsjapie gaan grondpad toe
Gegewe dat die GLC op die
Mercedes C-klas-sedan se onderstel gebou is, verwag ’n mens dat hy goed op teer sal vaar, maar hoe gaan dit wanneer hy stof moet vreet?
Wel, waar die C in GLC na die C-klas verwys, staan die GL vir Geländewagen, Duits vir veldryvoertuig. Steeds was die vroue ’n bietjie wantrouig dat hy op grond gaan presteer, en weer het die Duitse wa reggestaan om hulle te verras.
“Hy hanteer die grondpad baie goed. Dit het my verbaas. Ek is gewoond aan ’n Merc op die teerpad, maar hy het regtig baie goed gedoen op die grondpad,” was Anneri se kommentaar ná sy die kwartmyltoets voltooi het. Dié toets verg dat die vroue deur ’n stukkie veld ry en dan op grondpad moet kyk hoe vinnig hulle tussen twee bepaalde punte kan versnel en dan weer tot stilstand kom.
Elisca Pistorius van Val in Mpumalanga het dié uitdaging met albei hande aangegryp en 142 km/h gehaal. Elisca, wat saam met haar man, Johann, op Paardefontein met mielies, sojabone en Droughtmaster-beeste boer, is ’n selferkende jaagduiwel, mits sy veilig voel.
“Luister, hy loop! Jy voel glad nie dat jy so vinnig beweeg nie. Selfs met die stuk veldry was sy hantering goed.”
Amoné was net so verras: “Jy weet nie eens jy ry grondpad nie. Ek het ook gehou van hoe sag sy suspensie op ál die oppervlakke is.”
Vir Jolandie Malan het die Mercedes stof in die oë van die ander sportnutsvoertuie geskop op die kwartmyl. Haar man, Jimie, is die hoofbestuurder van die JD Malan-groep, asook ’n wild-en-Ankole-boer.
“Hy het baie vinnig spoed gehaal en voluit gery. Ek het regtig veilig gevoel teen 126 km/h en toe ek rem trap, het hy ook vinnig gereageer.”
Geen speel-speel 4x4
Die Mercedes se goeie verrigting word gewis aangehelp deur lugvering en agterwielstuur – deel van die ingenieurswese-pakket wat een van vyf opknappakkette by die GLC is.
Die Avant Grande-voor- ▶