Identifiseer grasse met nuwe toepassing
Daar word dikwels gesê dat die veeboer eintlik ’n grasboer is en dat sy vee net die “fabriek” is wat die gras verwerk en omskakel na die verkoopbare produk – die diere wat aanteel.
’n Nuwe slimtoepassing vir mobiele toestelle, GrassPro Southern Africa, is onlangs deur die weidingskundige Frits van Oudtshoorn en SmartSearch Apps bekend gestel om die boer te help om grasse te identifiseer. Dit verskaf ’n magdom ekologiese en anderland bou-inligting, foto’ sen verspreidingskaart e van elke spesie. Die toepassings luit verder G PS-funksionaliteit i nom slegs die gras spesies wa top j ouplaas voorkom, aan te dui.
Frits sê die boer boer eintlik met die goeie, smaaklike weigrasse wat die voedingstowwe bevat wat nodig is vir groei en verbetering van liggaamskondisie. Hulle word spesifiek deur die dier gekies en meer as ander grasse bewei. Om dieselfde rede vestig die boer dikwels sulke grasse as aangeplante weiding. In die moderne era van kommersiële boerdery raak dit ál belangriker vir die boer om die algemene grasse op sy plaas te kan identifiseer. Hierdie kennis kan hom help om veranderings in veldtoestand en drakrag visueel te monitor en vroegtydig aanpassings te maak.
Gras identifikasie is maklik met die bekroonde Smart Se a r c h sagteware. Altesaam 360 gras spesies in Suider-Afrika word ingesluit. Drie tot tien hoëgehaltefoto’s van elke spesie word verskaf. GrassPro is beskikbaar in ’n gratis evaluasie weergawe van 50 spesies. Die volledige weergawe met 360 spesies word teen R199,99 per jaar verskaf. Die eerste aflaai sluit die evaluasie weergawe in, waarna jy kan opgradeer.
Dit is beskikbaar op Google Play en Apple se AppStore.
PRYS: R199,99 per jaar.