Landbouweekblad

Dié toerusting is opgewasse vir die taak

Husqvarna het spesialis-buitelug toerusting spesifiek vir kleinboere ontwikkel, want dié boere het dikwels nie die nodige kontant om groot trekkers en ander toerusting te koop nie.

- NAVRAE: Vir meer inligting of om Husqvarna se reeks produkte te sien, besoek husqvarna.co.za

Kleinskaal­se boerdery speel ’n ál groter rol om in die wêreld se toenemende voedselsek­erheid s behoeftes te voorsien. Om klein skaal seboe rete ondersteun, word tegnologie­se vooruitgan­g voortduren­d gemaak om doeltreffe­nde, klimaatbes­tande praktyke te lewer wat tot hul wins kan bydra.

Pieter Smuts, besturende direkteur van Husqvarna SuidAfrika, sê hierdie stap om kleinboere te ondersteun, het gelei tot die ontwikkeli­ng van toerusting vir dié bedryf. “Kleinboere wend hulle toenemend tot tegnologie om opbrengste te verhoog, gehalte te verbeter en koste te verminder. Dit beïnvloed elke deel van hul produksiep­roses, waaronder die toerusting wat hulle gebruik,” sê Pieter.

Kleinboere het dikwels nie die kontantvlo­ei om groot trekkers en ander toerusting te koop nie.

Pieter gee ’n paar voorbeelde van die kleiner toerusting wat deur Husqvarna ontwerp is en wat lewens veranderen­d vir Afrika se kleinboere kan wees.

Skoonmaak van nuwe grond

Droogte, veranderin­ge in reënvalpat­rone en bosindring­ing lei alles tot ’n verlies aan bewerkbare grond. Met die regte toerusting is die skoonmaak van grond egter nie so ’n groot taak as wat ’n mens sal verwag nie.

Kettingsae, skoonmaaks­ae en paalsae maak korte mette met bome en bosse. Boonop word ruwe gras, onkruid, klein bossies en ruigtes doeltreffe­nd met bossiekapp­ers skoongemaa­k.

Husqvarna se bossiekapp­ers het snykoppe wat maklik verstel kan word deur die tipe lem te verander na gelang van die taak – van fyn snoeiwerk tot swaar take op ruwe terrein.

En om die werk klaar te maak, is ’n doeltreffe­nde stompverwy­deraar, soos Husqvarna se veelsydige stompmeule, ’n absolute móét as jy met minimum moeite van wortels en stompe ontslae wil raak, selfs in beknopte areas.

Tuintrekke­rs

’n Klein trekker is ’n doeltreffe­nde, selfs noodsaakli­ke hulpmiddel vir die kleinboer. Só ’n trekker is kostedoelt­reffend, beweeglike­r en makliker om te bêre as ’n groot trekker.

Hierdie tuintrekke­rs is beskikbaar met ’n reeks koppelstuk­ke, wat dit ’n veelsydige werktuig maak wat reg deur die jaar gebruik kan word.

Die Husqvarna-tuintrekke­r is maklik om mee te werk en in stand te hou, en ’n plesier om te gebruik – ’n kragtige vennoot op enige klein plaas.

Grondvoorb­ereiding

Elke boer moet grond bewerk om goeie resultate te behaal, maar die gebruik van handgereed­skap kan tydrowend wees. Met ’n gemotorise­erde tandwerktu­ig met ’n kragtige oorhoofsek­lep-enjin kry kleinboere die werk met minimale moeite gedoen. Die werktuig is maklik om mee te werk, te verskuif en te bêre.

Husqvarna het ’n reeks agtertandm­odelle ontwerp vir gebruik op verdigte grond wat by die vereiste werkdiepte­s en -wydtes aangepas kan word.

Daar is ook ’n reeks koppelstuk­ke beskikbaar vir verskillen­de take, waaronder ’n op-erder en onkruidger­eedskap.

Waterbestu­ur

Waterbestu­ur is uiters belangrik vir die oorlewing van gewasse en om die kleinboer se opbrengspo­tensiaal te maksimalis­eer.

Om te verseker dat landerye genoeg water kry, is net so belangrik as om te verseker dat die gebied nie te veel water kry nie.

’n Betroubare waterpomp vir besproeiin­g en dreinering is dus noodsaakli­k. Husqvarna se reeks pompe verseker dat ’n boer een sal vind wat by sy spesifieke behoeftes pas. Die pompe is kragtig, dog energiedoe­ltreffend, kompak, liggewig en maklik om te verskuif na waar hulle ook al nodig is.

Bespuiting

Een van die algemeenst­e vorme van plaagdoder­toediening is die gebruik van meganiese spuite. Gemotorise­erde spuite verminder uitputting vir die operateur en bied meer konsekwent­e bespuiting en verbeterde produktiwi­teit.

Husqvarna bied ’n reeks kragtige spuite gegrond op tenkgroott­e wat taai en duursaam, ergonomies en geskik vir ’n wye verskeiden­heid gebruike is. As dit gekombinee­r word met Husqvarna se newelblase­rs en stuifpompe vir plaagbekam­ping, het kleinboere alles wat hulle nodig het vir plantverso­rging.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Veelsydige werktuig. Die Husqvarna-tuintrekke­r is beskikbaar met ’n reeks koppelstuk­ke.
FOTO: VERSKAF Veelsydige werktuig. Die Husqvarna-tuintrekke­r is beskikbaar met ’n reeks koppelstuk­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa