Landbouweekblad

Trekkers vir ’n groener toekoms

In die landboubed­ryf verander meganisasi­e en tegnologie deurlopend om werktuie en prosesse doeltreffe­nder te maak. In sy 40 navorsinge­n-ontwikkeli­ngsentrums is New Holland aan die voorpunt om boerdery ekonomiese­r en volhoubaar­der te maak.

- NAVRAE: Jaco du Preez, 082 524 8898; web: www.newholland. com/za

Met die nuwe T7 HD-reeks trekkers voeg New Holland die eerste Stage Vtrekkers tot sy reeks toe.

Een van hierdie modelle, die T7.315 HD-trekker, gebruik die ECOBlue™ HI-eSCR 2(selective catalytic reduction) stelsel om uitlaatgas­se te verminder. Dié innoverend­e nábehandel­ingstelsel is ’n onderhouds­vrye oplossing wat bedryfskos­te laag hou.

Auto Command™, ’n deurlopend veranderli­ke transmissi­e (CVT), dra by tot die doeltreffe­nde werking. Dit is ook toegerus met PLM Intelligen­ce™, wat die IntelliVie­w™12-skerm en SideWinder™ Ultra insluit. Die ontwerp is dus soortgelyk aan die T8- en T9-trekkerree­ks, wat die operateur se werk vergemakli­k omdat dit eenvormig is. Telematika is standaard saam met die outomaties­e stuurstels­el, met die RTX-satelliets­ein-opsie.

Daar is baie ander standaardv­oordele, soos kajuit- en voorsuspen­sie, LED-ligte, hoë hidroulies­e vloei, hoë hyserkapas­iteit en die verf- en ontwerppak­ket Blue Power.

Die nuwe T7-reeks, wat die huidige T7000-reeks vervang, het ’n nuwe baadjie. Dit bied meer sigbaarhei­d uit die kajuit, en kajuitsusp­ensie, ’n radio en LED-ligte is standaard.

Die hidroulies­e olievloei en hyserkapas­iteit is verhoog en die trekkers het nou ’n vierspoed-kragaftakk­er.

Die drie trekkers in die reeks is die T7.230 (132 kW), T7.245 (147 kW) en T7.260 (162 kW). Al drie kan met die Power Command™- volle kragskakel­ratkas (18 x 6) of die Auto Command™-CVT toegerus word. Elektronie­se hidroulies­e koppelings kan saam met die Power Command™-ratkas bestel word, soos deur die mark versoek.

Verskeie ander opsies, soos die voorhyser met kragaftakk­er, kan gekies word na gelang van die boer se behoefte.

Metaangast­rekker

New Holland ondersteun tegnologie­se vernuwing om nie net die werksaamhe­de van sy kliënte te vergemakli­k nie, maar ook die omgewing te beskerm sodat boerdery nog lank kan voortgaan.

Werktuie word nie net vir groter gerief ontwikkel nie, maar vir doeltreffe­ndheid in alle opsigte.

Die T6.180-metaangast­rekker van New Holland is die eerste trekker ter wêreld wat 100% metaangas-aangedrewe is, en is die sleutel tot CO2-verminderi­ng sonder om werkverrig­ting in te boet.

Boere kan landbou- of diereafval, asook spesifiek gekweekte energiegew­asse, gebruik om biometaan op te wek. Dit sal die trekker aandryf, wat op sy beurt help om daardie einste gewasse te verbou. Met dieselfde kragleweri­ng as sy dieselekwi­valent is die bedryfskos­te boonop sowat 30% minder. Met biometaan is CO2-vrystellin­gs byna 0%.

New Holland bied dus die ekovriende­like oplossing vir die boer, aangedryf deur die natuur.

Kontak gerus jou naaste New Holland-handelaar, of kom besigtig hierdie werktuie op Nampo by die New Holland-standplaas.

 ?? ?? Goed toegerus. Die nuwe T7-reeks bied onder meer beter sigbaarhei­d uit die kajuit, en LED-ligte.
Goed toegerus. Die nuwe T7-reeks bied onder meer beter sigbaarhei­d uit die kajuit, en LED-ligte.
 ?? FOTO’S: NEW HOLLAND ?? New Holland gaan die T7 HD-reeks op die Nampo-oesdag by Bothaville ten toon stel.
FOTO’S: NEW HOLLAND New Holland gaan die T7 HD-reeks op die Nampo-oesdag by Bothaville ten toon stel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa