Landbouweekblad

Wen jou weiding terug

Boere wat goeie weiding aan hul diere wil voorsien, moet hul veld teen indringerp­lante beskerm. Wuhlf Equipment is ’n goeie bondgenoot in dié strewe.

- NAVRAE: Web: wuhlf.co.za

Die indringing van uitheemse bosse en bome is ’n groot bedreiging vir Suid-Afrika se landbou produktiwi­teit en ekologiese balans. Dié indringerp­lante neem hulpbronne weg van inheemse flora, ontwrig water siklusse en versteur grondvrugb­aarheid.

“Om dié probleem aan te pak, verg ’n veelvlakki­ge benadering wat meganiese skoonmaak, chemiese bekamping en beheerde brand van veld insluit .’ n Omgewingsv­riendelik e metode is nie net voordelig nie, maar ook noodsaakli­k. Meganiese ontbossing speel hier ’n belangrike rol.

Meganiese ontbossing is nie bloot om ’n area skoon te maak nie – dit kan ook die grond herstel deur voedingswa­arde terug te sit deur die ontbinding van organiese materiaal. Die deklaag wat die opgekapte bos vorm, onderdruk die groei van onkruid, werk erosie teë en beperk brandgevaa­r.

Hier speel Wuhlf Equipment se werktuie ’n onontbeerl­ike rol. Deur self sy ontbossers (mulchers) te bou met plaaslik vervaardig­de komponente, bied Wuhlf Equipment werktuie wat ontwikkel en gebou is vir Suid-Afrikaanse toestande.

Boere in die Dwaalboom-distrik in Limpopo kon onlangs twee van Wuhlf se werktuie, die 930 en 960-2, op ’n boeredag in aksie te sien. Dié twee werktuie se eienskappe sluit onder meer lae onderhouds­koste, permanente 4x4-aandrywing en lugverkoel­de kajuite in.

Tydens dié geleenthei­d het Coert Steenberg, hoofbestuu­rder van Wuhlf Equipment, aan die hand van praktiese demonstras­ies gewys hoe die werktuie digte bos baasraak. Hy het ook die voordele van dié soort ontbossing, soos goeie hergroei om gesonde weiding vir jou diere te gee, verduideli­k.

’n Belegging in ’n Wuhlf-ontbosser is dus nie net tot voordeel van die boer en sy diere nie, dit help ook om Suid-Afrika se natuurlike veld te bewaar.

Die Case IH 5150strope­r is kompak en liggewig. Waar boere meestal uitgelewer is aan elemente buite hul beheer, is ’n stroper nodig wat ondanks ongunstige toestande die werk gedoen kan kry. Waar groter en swaarder werktuie dikwels geneig is om vas te sit in nat landerye – veral in turfgrond – kom die 5-reeks maklik in dié landerye.

Volgens Tiaan Espach van Brits is die gewig van ’n stroper baie belangrik. “Wanneer jy vinniger in ’n land kan inkom en sodoende die oes vinniger kan afhaal, kry jy meestal beter grade vir jou oes.”

Dit maak winsgewend­heid uit die aard van die saak dan baie beter.

Doeltreffe­nd in moeilike toestande

“Die vorige seisoen se strooptyd was moeilik vanweë die baie reën wat geval het ’n week voordat ons wou begin stroop.

“Die Case IH 5150 wat ons toegerus het met rusperband­e was die enigste stroper wat in hierdie toestande in die lande kon kom.”

Verlede strooptyd was daar ook plekke waar die kaf nog groen was terwyl die pitte al droog was. Volgens Tiaan het die Axial Flow-kenmerk van die stroper dit egter moontlik gemaak om voort te gaan en in daardie omstandigh­ede steeds te stroop.

Die data wat stropers en ander werktuie insamel, help die moderne boer al hoe meer met besluite. “Met die data wat die stroper tydens die oeswerk ingewin het, kon ons die swak kolle in die lande identifise­er en in die volgende seisoen die nodige stappe doen om ’n egaliger oes te kry.”

Grondverdi­gting veroorsaak laer opbrengste, daarom is dit iets wat elke boer wil vermy. Aangesien die Case IH 5150 nie so swaar is nie, was daar heelwat minder verdigting.

Die stroper het verder beindruk wat duursaamhe­id en gehalte betref.

“Die bougehalte van die stroper is goed en die tegnologie daarin sal nog jare lank hou,” sê Tiaan.

Met brandstof wat een van die grootste uitgawes vir ’n boerdery is, word beter brandstofv­erbruik oral verwelkom.

“Die dieselverb­ruik van die Case IH 5150 is baie goed en ons het ’n groot besparing ondervind in vergelykin­g met vorige jare.”

Die Case IH 5150 is geskik vir kleiner en mediumgroo­t boerderye. Volgens Tiaan beskik die stroper oor alles wat ’n boer wil hê – hoë kapasiteit en maklike toeganklik­heid, terwyl dit lig op brandstof is, maar ook in gewig.

“Ek sal hierdie stroper vir enige boer aanbeveel, veral die mediumgroo­t en kleiner boer. Die stroper kan in moeilike omstandigh­ede maklik in en uit die lande beweeg.”

Die grootste teken dat ’n boer tevrede is met ’n werktuig, is seker as hy ’n tweede of derde maal geld aan ’n sekere model bestee.

“Ons het in 2018 ons eerste 5-reeks-stroper aangekoop en vandag staan hier vier sulke stropers wat die werk vir ons baie vergemakli­k.”

Die Case IH 5150 is nog ’n voorbeeld van hoe die toepassing van vernuwing en tegnologie die alledaagse werk, prosesse en besluitnem­ing van ’n boerdery aansienlik kan verbeter. Hierdie kompakte stroper maak die deur tot presisiebo­erdery vir elke boer sommer wawyd oop.

In ’n wêreld waar die toestande nie altyd perfek is nie, moet elke beskikbare hektaar landbougro­nd ten beste benut word. Met warm somers, koue winters en onvoorspel­bare reënval is dit nogal moeilik om heeljaar goeie weiding te verseker. Kropaargra­s, langswenkg­ras en lusern kan die antwoord wees, veral op marginale landerye met middelmati­ge grondvrugb­aarheid.

Adremo-kropaargra­s is ’n baie bestendige meerjarige gras met ’n goeie droëmateri­aalopbreng­s wat droë somertoest­ande, middelmati­ge grondvrugb­aarheid en aanhoudend­e beweiding kan verdra.

Die waarde van enige gras word bepaal deur hoeveel daarvan gevreet word en wat die voedingswa­arde van die gras is. Adremo is ’n baie smaaklike gras met ’n hoë voedingswa­arde wanneer dit op ’n jong ouderdom bewei word.

Dit word gebruik om die groei en volhoubaar­heid van permanente aangeplant­e weiding te verbeter.

Dié gras groei in ’n groot verskeiden­heid grondsoort­e – van ligte sandgrond tot nat kleigrond. Die plek waar kropaargra­s sy volle potensiaal bereik, is op lande waar daar moontlik droë tydperke verwag word. Met lae tot matige vlakke van stikstofto­ediening sal kropaargra­s steeds ’n goeie opbrengs lewer.

Adremo het beperkte wintergroe­i, maar toon baie goeie groei in die somer, wat dit ’n uitstekend­e gras maak om in kombinasie met ander weidingsgr­asse, soos langswenkg­ras en raaigras, te plant, asook saam met lusern en klawers.

Die sagteblaar-langswenkg­ras Apalona is ’n meerjarige weidingsgr­as wat goed aangepas is by ’n verskeiden­heid groeitoest­ande. Indien daar goeie sorg met vestiging is, het dié gras homself bewys as die antwoord vir volhoubaar­heid en goeie produksie in warm somergebie­de, koue winters en in moeilike grondtoest­ande – van droë tot waterdeurd­renkte dele.

Sagteblaar-langswenkg­ras het ’n baie goeie wortelstel­sel en kan beweiding dus goed deurstaan. Die plantjies word nie so maklik uit die grond getrek wanneer dit bewei word nie.

Apalona is ’n kontinenta­le tipe sagteblaar-langswenkg­ras met goeie someropbre­ngs om daardie somergapin­g in voervloei te vul, maar is ook ideaal vir Mediterree­nse toestande.

Dit is spesiaal geselektee­r vir merkbare fyner blare om die smaaklikhe­id te verbeter en sodoende die droëmateri­aal-inname deur diere te verhoog.

In kombinasie met lusern, klawers en kruie, soos Commander-sigorei, verseker dit ’n deurlopend­e en volhoubare gemengde aangeplant­e weiding.

BAR 7-lusern is ’n winterakti­ewe dormansie-lusern wat goeie weiding regdeur die jaar verseker. Dit is aangepas by ’n wye reeks toestande en bied goeie opbrengs in koue, nat toestande waar lusern gewoonlik sukkel, asook in warm, droë toestande.

BAR 7 het ’n goeie blaartot-stamverhou­ding wat dit baie smaaklik vir diere maak.

Lusern is ’n uitstekend­e komponent om by aangeplant­e weidings te voeg, aangesien dit ’n peulgewas met ’n diep penwortels­telsel is. Saam met grasse en kruie verseker dit ’n goeie, gebalansee­rde dieet vir die diere.

In moeilike toestande en op marginale lande waar raaigras gewoonlik sukkel, is Adremo-kropaargra­s, Apalona-sagteblaar-langswenkg­ras en BAR 7-lusern die antwoord vir volhoubare weiding regdeur die jaar.

 ?? FOTO: MARISA BEETON ?? Wuhlf se 930 Mulcher en 960-2 Mulcher is onlangs op ’n boeredag in Limpopo gedemonstr­eer.
FOTO: MARISA BEETON Wuhlf se 930 Mulcher en 960-2 Mulcher is onlangs op ’n boeredag in Limpopo gedemonstr­eer.
 ?? FOTO: CASE IH ?? Loop soos stroop. Tiaan Espach van Brits is baie in sy skik met hoe die Case IH 5150-stroper op die plaas werk. “Die stroper kan in moeilike omstandigh­ede maklik in die lande beweeg.”
FOTO: CASE IH Loop soos stroop. Tiaan Espach van Brits is baie in sy skik met hoe die Case IH 5150-stroper op die plaas werk. “Die stroper kan in moeilike omstandigh­ede maklik in die lande beweeg.”
 ?? FOTO: BARENBRUG ?? Ryk en lekker. Beeste wei op Apalona-sagteblaar-langswenkg­ras. Hierdie meerjarige weidingsgr­as lewer ’n goeie opbrengs in byna alle toestande.
FOTO: BARENBRUG Ryk en lekker. Beeste wei op Apalona-sagteblaar-langswenkg­ras. Hierdie meerjarige weidingsgr­as lewer ’n goeie opbrengs in byna alle toestande.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa