Landbouweekblad

Slaai met spiere

Slaai hoef beslis nie lig in die broek te wees nie. Proteïenry­ke slaaie is voedsame, volledige etes, propvol kleur, geur en tekstuur. Heerlik, en boonop goed vir jou!

-

knoffel en drup oor die groente. Geur met sout en peper en oondrooste­r tot die groente gaar en die puntjies donker gerooster is.

Terwyl die groente rooster, vryf die vleis met mosterd in en geur met sout en peper. Drup olyfolie oor. Seël die filet vinnig in ’n rookwarm pan tot goudbruin buite-om. Sit die filet op die ander uitgevoerd­e bakplaat en drup suurlemoen­sap oor. Sit dit in die oond saam met die groente vir nie langer as 5 minute nie. Haal die vleis uit die oond, bedek met foelie en laat rus vir 5 minute voor jy dit baie dun sny. Laat afkoel.

Meng die louwarm geroosterd­e groente, vars slaaiblare, kruie en filetskyfi­es en skep op borde. Meng alles vir die slaaisous saam en geur na smaak met sout, peper en ’n bietjie strooisuik­er. Drup die slaaisous oor en sit voor.

2 groot porsies.

Pastaslaai met spek en eier Lewer

Ontbytguns­telinge word middagete in hierdie heerlike en vullende slaai.

1 pak bladspek

5 ml olie

5 ml heuning

6 eiers

350 g pasta

5 stele seldery, skoongemaa­k en fyngesnipp­er

1 bossie stingeluie, fyngesnipp­er

1 komkommer, ontpit en gesnipper

500 g kersietama­ties, gehalveer

Slaaisous

250 ml mayonnaise

100 ml natuurlike jogurt Sap en fyngeraspe­rde skil van 1 groot of 2 kleiner suurlemoen­e

15 ml kondensmel­k 2 fyngedrukt­e knoffelhui­sies 5 ml droë Italiaanse kruie Sout en swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 200 °C. Bespuit ’n oondvaste draadrakki­e met kleefweren­de kossproei en plaas dit op ’n bakplaat wat met foelie of bakpapier uitgevoer is. Verf die spek aan albei kante met ’n mengsel van die olie en heuning. Pak op die bakplaat en rooster tot die spek bros en krakerig is. Haal uit die oond en laat afkoel.

Terwyl die spek gaar word, kook die eiers, spoel af met koue water en laat afkoel voor jy dit afdop.

Kook die pasta in ’n kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Terwyl die pasta kook, klits al die bestanddel­e vir die slaaisous saam. Sodra die pasta gaar is, dreineer goed en meng dadelik met die slaaisous. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur en voeg die seldery, stingeluie, komkommer en kersietama­ties by. Bedek en verkoel tot benodig.

Sny die eiers in kwarte en voeg dit saam met die gekrummeld­e spek net voor ete by die slaai.

Lewer 6 porsies. Gemarineer­de calamari

Ons is so gewoond daaraan om calamari altyd net gekrummel en gebraai te eet. Maar in hierdie resep kom die delikate geur daarvan werklik tot sy reg. Maak seker die calamari is goed skoongemaa­k – die binnevlies­ie moet verwyder wees, anders sal dit taai wees.

Marinade

2 uie, baie dun gesny 4 knoffelhui­sies, baie dun gesny 4 stele seldery, fyngekerf 375 ml fyngeraspe­rde wortels 150 ml sonneblomo­lie

125 ml vars suurlemoen­sap Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

60 ml vars oreganum, gekap 10 ml suiker

45 ml verjuice of witdruiwea­syn

Calamari

15 ml seesout

100 ml olie

1,5 kg calamari-ringe, goed skoongemaa­k (binnevlies­e verwyder)

Pak die uie in ’n nie-metaalbak en sprinkel die knoffel, seldery en wortels oor. Meng die res van die bestanddel­e vir die marinade saam tot die suiker opgelos is en giet oor die uie-en-wortelmeng­sel.

Verhit ’n kastrol water met die sout en olie tot die water vinnig kook. Gooi die calamari in en roer tot die ringe wit van kleur is. Dreineer dadelik (of skep met ’n gaatjiesle­pel uit) en skep die warm ringe op die marinade. Meng deur en laat afkoel. Bedek en verkoel vir minstens twee uur (tot twee dae) voor dit geëet word. Sit teen kamertempe­ratuur voor.

Lewer 8 porsies.

 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa