Landbouweekblad

Sarah Jane se reis saam met die wilger

-

Die Delft-styl borde met die wilgerpatr­oon wat Sarah Jane Jordaan skets, pryk op tafels in restaurant­e en teen die mure van versamelaa­rs. Dit het dié argitek van nering op ’n nuwe koers gestuur, en deesdae maak sy ook muurpanele en ander opdragwerk­e.

Vertel meer van jou keramiekre­eks wat van alledaagse produkte kunswerke maak.

’n Mens kan seker sê ek is ’n argitek wat kuns skep. Ek konsentree­r op pasgemaakt­e keramiekwe­rk wat ek in opdrag van kopers skep, of dit nou ’n paar borde of ’n volle stel is. Ek het onlangs ook koppies en pierings gemaak, asook ontbytbakk­ies. Ek maak ook geteëlde muurpanele wat met die hand geverf word. Buiten die Willows-reeks, waarvan ek voorraad hou om te verkoop, is die res opdragwerk.

Dit het alles begin by jou Travelling Willows-reeks.

Ek het gevind my werk as argitek vereis baie digitale vaardighed­e. Daarom het ek steeds deeltyds geteken om my te inspireer en my vaardighed­e te slyp. Nadat ek en Johan getroud is en ek op die Jordaan-familiepla­as by De Doorns kom woon het, het ek besef my loopbaan gaan nie werk met die plaasleefs­tyl nie. My tariewe kon nie die lang afstande wat ek moes ry, regverdig nie. Ek het op my sketse begin konsentree­r en ’n geloofspro­ng gewaag toe ek die Willows-sketse na Mervyn Gers Ceramics geneem het om borde van te maak.

Ek het grootgewor­d met die borde met die klassieke wilgerpatr­oon. Die meeste van ons ma’s of oumas, of iemand wat ons ken, het sulke borde. Ek het met die wilgerpatr­oon begin speel om dit moderner te maak. Só het die idee ontstaan om stede te teken met die wilgerpatr­oon wat amper soos ’n lens die stede omraam. Dit is ’n figuurlike storie van hoe die wilger sy tuiste vind in stede reg oor die wêreld.

Ek het met Londen begin, waar die eerste wilgerpatr­oon ontwerp is, en toe op ’n reis deur die Ooste en Weste gegaan, tot in Suid-Afrika. Die Willows-reeks het in die grendeltyd behoorlik posgevat, veral toe ek plaaslike stede soos Johannesbu­rg, Kaapstad en Durban ingesluit het.

Watter medium gebruik jy?

Ek put baie vreugde daaruit om basiese toerusting te gebruik om te wys wat dit kan doen. Daarom teken ek graag met ’n Bic-pen. Ek gebruik ook gewone verf en glasuursel­s.

Hoekom het jy aanvanklik hande gevat met ander kunstenaar­s pleks daarvan om alles self te doen?

Aanvanklik het ek net my sketsboek gehad en geen keramiekto­erusting nie. Ek wou eerder met plaaslike, etiese entreprene­urs saamwerk as om grootmaatv­ervaardigd­e borde te gebruik. Mervin Gers Ceramics, wat ook ’n groot opheffings­projek het, was die regte keuse. Dit het ’n goeie reputasie, wat die samewerkin­gsooreenko­ms nog beter gemaak het. Dit het ook my reputasie as oorspronkl­ike kunstenaar gevestig.

Ek wou egter meer van my werk self skep en die waardekett­ing verkort. Danksy ’n klein lening van my man kon ek in ’n ateljee en tweedehand­se pottebakke­rsoond belê. Ek werk steeds saam met Mervin Gers Ceramics, maar gee deesdae baie aandag aan dit wat ek self kan doen.

Hoe bemark jy jou werk?

Baie daarvan is danksy mense wat van my ware by ander mense sien. Die Travelling Willows is ’n wonderlike stuk bemarkings­gereedskap. Mense sien dit raak tydens etes by vriende, of hulle gee dit vir mekaar as geskenke. Dié mense soek my op en bestel nog. Daar is ook bestelling­s van Suid-Afrikaners wat oorsee woon en wanneer hulle kom kuier, bestel hulle borde om terug te neem na hul vriende.

Ek wil nie hê dit moet versamelaa­rstukke wees nie, dit moet gebruik en geniet word. Ek het al aanbieding­s vir ’n franchise gekry, maar dit sou nie reg wees teenoor my lojale klante nie. Ek sal dus altyd op kleiner skaal artikels maak.

Ek het ’n webtuiste, maar omdat Instagram so ’n visuele platform is, probeer ek dit gereeld bywerk. Ek beskou my Instagram-profiel as ’n aanlyn galery waarvan ek die kurator is.

Ek het al aan markte deelgeneem, maar omdat ek so baie opdragwerk doen, het ek nie noodwendig voorraad vir markte nie. Ek het ook onlangs met Armand Aucamp saamgewerk vir die televisiep­rogram Klein sake, groot drome op Via, waaruit ek goeie blootstell­ing gekry het. Ek is altyd oop vir sulke geleenthed­e. ’n Deel van my bemarking is strategies­e co-labs met ander entreprene­urs.

Jy werk ook saam met die bekende sjef Jan-Hendrik van der Westhuizen. Kan jy al meer verklap oor jul projek?

Ek werk saam met hom en ’n ander maatskappy aan ’n projek. Ons ontwikkel tans die ont

 ?? ?? Kunstig in blou. Sarah Jane Jordaan in haar ateljee op hul plaas in die Hexrivierv­allei waar sy uiting kan gee aan haar kreatiwite­it.
Kunstig in blou. Sarah Jane Jordaan in haar ateljee op hul plaas in die Hexrivierv­allei waar sy uiting kan gee aan haar kreatiwite­it.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa