Landbouweekblad

Só skeer jy 363 skape in 9 uur

Tienie du Plessis het as 24-jarige universite­itstudent vir die eerste keer ’n skeermasji­en opgetel ná ’n kopbeserin­g sy rugbyloopb­aan beëindig het. Hy het pas die eerste Suid-Afrikaanse skaapskeer­rekord opgestel.

-

poging was eerstens om geld in te samel vir die Pink Drive-borskanker­bewusmakin­gsveldtog, asook om lig te werp op die skeerbedry­f in Suid-Afrika en die fisieke eise wat daagliks in Suid-Afrika aan skeerders gestel word.

Watter boodskap oor die skeerbedry­f wil jy aan SuidAfrika­anse wolboere oordra? Ek kon wys dat een persoon wat nege uur lank produktief kan skeer, op ordentlike geriewe, 300 en meer skape kan skeer.

Ek is nie die vinnigste of beste skeerder in Suid-Afrika nie. Die feit dat ek dit kon vermag, toon aan boere dat hulle ’n beter skeerder met ’n beter gesindheid kan hê indien hulle belê in infrastruk­tuur om skeergerie­we te verbeter.

Met minder struikelbl­okke in sy pad kan die skeerder sy volle potensiaal tot voordeel van die wolboer bereik. Só kan minder arbeid produktiew­er gebruik word, wat eindelik tot voordeel vir die wolboer sal wees. Hy gaan ’n skeerder hê wat beter gehalte lewer, terwyl ons hom steeds goed vergoed. Só kan ons uiteindeli­k ’n goedkoper skeerkoste aan die boer bied.

Watter belangrike lesse het jy geleer?

Enige wêreldskee­rrekord word binnenshui­s gehou en nooit in die buitelug onder ’n oop tent soos wat ons geskeer het nie. Jy kan die klimaat binne ’n gebou meer beheer.

Die bietjie reën wat deur die nag geval het, het die olievloei van die skape verander.

Die koue temperatur­e vroegoggen­d was die grootste struikelbl­ok; ons het daar momentum verloor.

Ons sal volgende keer toe tente gebruik en die diere wat buite die kraaltjie gestaan het, onder die tente sit om hitte binne die skape te hou.

Ons sal ook die skape wat eerste geskeer word, in ’n warmer omgewing sit. As jy nie lekker begin nie, het dit ’n impak op die res van die dag.

Dit spoel oor in die tweede les – dat rekordskee­r ’n mental

game is. Jou lyf kan so sterk en fiks as moontlik wees, maar as jou kop nie reg ingestel is nie, gaan jy ’n lang dag hê.

Dit het gehelp dat ek ouer is en ervaring het. Ná die eerste sessie kon ek my brein afskakel en dink oor wat gebeur en hoe die res van die dag moet verloop en my ingesteldh­eid regkry vir die tweede sessie.

Ek het besef die getal van 450 wat ek wou skeer, was nie meer ’n moontlikhe­id nie. Met die aanvang van die tweede sessie kon ek met ’n optimistie­se ingesteldh­eid terugkom en kon ek voel hoe almal se gesindheid verbeter en ons kon konsentree­r op die res van die dag.

Soos Chris van der Linde, ’n profession­ele sterkman en die motivering­spreker vir die geleenthei­d, die vorige aand gesê het: Beheer die goed wat jy kan beheer, want daar is baie buite jou beheer.

Een van die kwessies vir skeerders is dat jou kop meermale laer as jou hart is gedurende die skeerprose­s. Hoe maak jy voorsienin­g daarvoor en watter impak het dit op jou?

Jy kon ná elke sessie sien hoe my gesig ’n bietjie opgeswel is, veral om my oë.

Jy beheer dit met die tegniek deur jou heupe te laat sak en jou heupe laer as jou kop te probeer hou sodat jou kop nie werklik laer as jou hart is nie.

Dit is moeilik vir my, want ek het lang bene, maar ek het gelukkig ook weer langer arms.

Ek moet probeer om my tegniek aan te pas om my knieë meer te buig eerder as om my rug af te buig, en ook my kop optel om my rug meer reguit te maak. As jy ineengekri­mp is en jy is vooroor gebuk, gaan dit ook die vloei van jou skeer benadeel. Ek moet dus my tegniek aanpas om minder stremming op myself te plaas.

Vertel ons meer van die span op die platform.

Ek het geskeer op ’n platform wat ek self gebou het. Om my deur die dag aan te moedig en ingelig te hou oor die hoeveelhei­d skape, was Chris Esterhuyse, ’n baie goeie vriend wat ek deur my skeerloopb­aan ontmoet het, aan my sy.

Isak Klopper, bestuurder van skeeroplei­ding by die nasionale wolkwekers­vereniging, moes omsien dat my gereedskap reg is, maar ek moes self die toerusting omruil.

Vier helpers agter in die kraal het die skape ingejaag.

Die wolklasser­ing is deur my eie skeerdiens, Skaapskêrs­keerdienst­e, behartig.

Drie wêreldskee­rrekordbea­mptes, Eddie Archer, Quinton Rogers en Piet Nel, het die rekordpogi­ng beoordeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa