Terugbetaalplan maak voertuie bekostigbaar
MFC, ’n afdeling van Nedbank, het die voortou geneem met sy innoverende terugbetaalplan sodat meer mense in moeilike tye toegang tot voertuigfinansiering kan kry.
In 2023 moes baie besighede wat die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie vorm, struikelblokke oorkom wat die gemiddelde verbruiker ook direk beïnvloed het. Die inflasiekoers het in Januarie verlede jaar 6,9% bereik en in Desember tot 5,1% gedaal – die laagste vlak in die laaste vier maande van 2023.
Gedurende die jaar het hoë inflasie die prys van voedsel en nie-alkoholiese drank beinvloed, waaronder die prys van stapelvoedsel, soos groente, brood, graan, olie, vette en suiker.
In Desember was daar ’n bietjie welkome nuus vir die vervoerbedryf en die motoris toe koste minder as in vorige maande gestyg het danksy ’n daling in brandstofpryse.
Ten spyte hiervan het die verkope van nuwe voertuie volgens die nasionale vereniging vir voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) in Desember vir die vyfde agtereenvolgende maand op ’n jaargrondslag gedaal. Altesaam 40 439 nuwe voertuie is in Desember 2023 verkoop, vergeleke met 41 721 in Desember 2022 – ’n afname van 3,3%. Dit dui daarop dat daar minder aptyt vir die aankoop van nuwe voertuie was.
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers in Januarie 2023 met 25 basispunte verhoog – van 7% tot 7,25% – en met nog 50 basispunte in Maart (tot 7,75%) en weer in Mei, wat die koers aan die einde van die jaar op 8,25% te staan gebring het.
Hierdie styging het dit vir verbruikers moeilik gemaak om bestaande skuld terug te betaal, en instellings trap klei om produkte te lewer wat waarde toevoeg en die las van verbruikerskuld verlig.
In die lig van hierdie kwessies het MFC, ’n afdeling van Nedbank, die voortou geneem om innoverende produkte te ontwikkel wat toegang tot voertuigfinansiering makliker maak vir diegene wat ’n alternatief vir tradisionele finansieringsopsies nodig het.
Namate voertuigpryse styg, is die MFC Step Payment Plan daarop gerig om verbruikers te help met aansoeke om finansiering vir nuwer modelle, wat stremming op hul kontantvloei gedurende die beginjare van ’n ooreenkoms verlig.
Dié plan behels ’n alternatiewe kontrakstruktuur wat verbruikers in staat stel om verminderde paaiemente aan die begin van die leningstermyn te betaal. Paaiemente neem geleidelik na die einde van die termyn toe, maar sonder ’n ballonbetaling.
Vergeleke met ander gestruktureerde aanbiedinge bied die MFC Step Payment Plan dus die voordeel dat die verbruiker ’n baie laer paaiement in die vroeë stadiums van die afbetalingsverkoopsooreenkoms betaal, wat sy besteebare inkomste verbeter.
Die kliënt het ook nie die las van ’n ballonbetaling wat ná die finale paaiement vereffen of herfinansier moet word nie.
’n Kliënt-eerste-benadering beteken dat die geleidelike paaiementverhoging gegrond is op jaarlikse inkomsteverhogings wat in ooreenstemming met basiese prysinflasie is. Die assessering tydens die aansoekfase word gebruik om bekostigbaarheid te verseker.
Die MFC Step Payment Plan maak voertuigfinansiering uit die staanspoor bekostigbaarder, en bied kliënte ’n duidelike toekomstige betalingstruktuur sodat hulle kan beplan en voorbereid wees om die lening oor die ooreengekome termyn terug te betaal.
Doen navraag by jou deelnemende MFC-goedgekeurde handelaar en benut die MFC Step Payment Plan vir die aankoop van jou volgende motor.
Vrywaring: Hierdie artikel is nie finansiële advies nie.