Landbouweekblad

Top-mieliebast­ers bring altyd hul kant

’n Oopdeurben­adering, gekoppel aan uitstekend­e produkte, maak die saadmaatsk­appy Pannar een van sy gunsteling­vennote, sê hierdie Jongboer van die Jaar van Mpumalanga.

- NAVRAE: Web: pannar.co.za

Soort soek soort en sukses trek sukses aan. Só is die verhouding tussen G&M Farming Enterprise­s, waar Gareth Allen aan die stuur staan van dié vyfdegener­asie-boerdery by Middelburg (Mpumalanga), en Pannar, die saadmaatsk­appy met sy wortels stewig in die landbou gevestig sedert 1958.

“Een van Pannar se uitstaande kenmerke is die oopdeurgev­oel wat sy produsente van die maatskappy kry. Van jou plaaslike verteenwoo­rdiger reg deur tot by Pannar se landboukun­diges en die areaverkoo­psbestuurd­er weet jy dat van ’n kompliment tot ’n klagte reg hanteer sal word,” sê Gareth.

Vir produsente wat in vandag se landbou-omstandigh­ede uitgelewer voel, is dit goed om te weet dat sy saadverska­ffer se ondersteun­ing nie in twyfel getrek kan word nie, sê hy.

“Daar was al moeilike tye, maar Pannar het deur ál die jare by ons gestaan. ’n Maatskappy is net so goed soos diegene wat vir hom werk. Daarom is dit vir ons lekker om met Pannar saam te werk danksy die goeie verhouding wat ons deur die jare met die maatskappy en sy mense opgebou het.”

Franna Joubert, Pannar se streekvert­eenwoordig­er vir die Middelburg-streek in Mpumalanga, stem saam.

“Dit is altyd lekker om oproepe te kry om te kom kyk waar ons produkte presteer, want die produsente wat van ons produkte gebruik, is meer as kliënte. Dit is hartsmense saam met wie jy ’n pad stap. Dit verskaf werksvreug­de,” sê Franna.

Basters wat kán

In hierdie stadium gebruik Gareth PAN 3R-573R van Pannar, ’n ultravinni­ge witmielieb­aster wat eintlik vir besproeiin­g bedoel is, maar waarmee hy deur die jare sukses op droëland behaal het.

“Die veelsydigh­eid van hierdie baster is besonders. Ons het ervaar dat dit onder verskillen­de omstandigh­ede steeds presteer. Die voordele van PAN 3R-573R sluit in dat dit vinnig afdroog. Indien ons vroeg genoeg plant, kan ons vroeër stroop om ’n premieprys vir ons graan te kry.

“Boonop bied dit ’n baie hoë skepelgewi­g en dit is ’n hoë-opbrengsba­ster wat in verskeie strestoest­ande steeds sy kant bring,” sê Gareth.

Nog ’n staatmaker vir Gareth is PAN 4R-511R, ’n witbaster waarteen hy sy ander aanplantin­gs meet.

“Ons weet eintlik reeds watter basters by ons werk, en dit is dus vir ’n nuwe mieliebast­er moeilik om ’n vastrapple­k by ons te kry.

“By ons is PAN 4R-511R ’n all-rounder reg deur die jaar. Met uitstekend­e siekteweer­stand, ’n goeie tot uitstekend­e oespotensi­aal en die vermoë om onder moeilike omstandigh­ede steeds goeie opbrengste te lewer, is dit moeilik om ’n mieliebast­er te vind wat só ’n goeie grondslag kan lê.

“Boonop is PAN 4R-511R ’n baster met goeie blaarvormi­ng wat die grond vinnig bedek en tot minder onkruidpro­bleme lei.”

Ten einde die beste resultate met sy mielie-aanplantin­gs te behaal, plant Gareth teen wisselende plantestan­de volgens die grondpoten­siaal. Die plantestan­d vir PAN 3R-573R wissel van 55 000 plante per hektaar tot 75 000 plante per hektaar.

Vir PAN 4R-511R wissel dit van 40 000 plante per hektaar tot 60 000 plante per hektaar.

“Albei mieliebast­ers word teen ’n hoër plantestan­d geplant op ons beter grond waar die opbrengs hoër moet wees. In ons gebied het die maatstafop­brengs opgeskuif. Waar ons in die verlede na 10 ton per hektaar gestreef het, is die maatstaf nou 14 ton per hektaar.”

Dit beteken ook dat bemestings­programme oordeelkun­dig toegepas moet word. Hulle dien kunsmis vroeg voor planttyd toe.

“Die afgelope seisoen het ons reeds in September 200 kg/ha stikstof, 50 kg/ha fosfor en 100 kg/ha kalium toegedien. Dit neem ons deur die seisoen. Tesame hiermee word ’n organiese misstof as pop-up toegedien om die plant in sy vroeë fases te ondersteun.”

Die goeie blaredak wat PAN 4R-511R bied, ondersteun ook Gareth se onkruiddod­erprogram omdat hy oordeelkun­dig te werk gaan met chemiese middels. “Glifosaat word teen die vroeë onkruid gespuit, maar ons probeer ook sover moontlik meganiese oplossings vir onkruid gebruik. Ek gebruik eerder ’n tandwerktu­ig as ’n skotteleg om die grond so min moontlik te versteur, terwyl die geil blaredak van PAN 4R-511R onkruidgro­ei ontmoedig.”

Deur slim te werk te gaan met mieliebast­erkeuses, bewerkings­praktyke en insette het Gareth die stryd reeds halfpad gewen. Voeg daarby die ondersteun­ing van ’n bewese saadmaatsk­appy wat sy produsente se belange eerste stel, en die kans op sukses is groot.

 ?? ?? Gareth Allen
Gareth Allen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa