Landbouweekblad

Goeie biosekerhe­id sorg vir topsukses

- NAVRAE: 082 359 1696, e-pos: bennie@bvdl. zo.za; cecilia@pvtlaw.co.za

Hou die kudde geslote en stel ’n behoorlike biosekerhe­idsplan vir beeste en mense in werking. Dít was die beste raad wat die eienaars van vanjaar se PinZ2yl-elitekoei gekry het toe hulle hul stoetery begin het. Vandag pluk hulle die vrugte van hierdie raad.

Siektebeka­mping is oral belangrik om die verspreidi­ng van siektes hok te slaan. Dit geld ook by Marken in Limpopo waar Bennie en Cecilia van der Linde hul BergAlleen PinZ²ylstoetery bedryf.

Beeste wat ingekoop word, word slegs by bekende telers met voldoende gesondheid­sertifikat­e bekom. Dan word die diere eers in kwarantyn gehou.

Die egpaar het die Elitekoei, PZ 13-238, in 2016 saam met 21 ander stoetbeest­e as ’n dragtige vers gekoop – in dieselfde jaar dat hulle die BergAlleen-boerdery se stoetery geregistre­er het. Wyle Paul Bester het die beeste vir hulle in Bertie Van Zyl (Edms.) Bpk. se Mathomo-stoetery by Mooketsi uitgesoek.

Met hierdie aankoop het Bennie en Cecilia ’n reëling gehad om gesonde, geleende bulle vir twee dektye te gebruik om hul genetiese poel te verbreed. In die derde jaar het hulle ’n bul gekoop. Die interrasbe­oordelaar Martin Seyfferdt het dié bul raakgesien en hulle aangeraai om hom eerder te slag, want hy het strukturel­e foute gehad.

Toe koop hulle ’n goeie bul by die Bakari PinZ²yl-stoetery van Pretoria.

Daarna het hulle hul eie bulle geteel en met deeglike bestuur en beplanning ’n kudde opgebou met goeie melkeiensk­appe, koeie wat maklik kalf, gehardheid, vinnige groei en goeie moedereien­skappe.

Puik kalfrekord

Die Elitekoei se kalfrekord van agt kalwers en ’n tussenkalf­periode van 368 dae spreek boekdele. Sy is weer dragtig. Sy is fenotipies korrek met besonder goeie moedereien­skappe en melkproduk­sie en -gehalte. Boonop pas sy haar kalwers goed op en staan nie verniet as Kwaai Koei bekend wanneer sy ’n klein kalfie het nie.

Haar eerste bulkalf, BB 17-16, word steeds as ’n kuddevaar gebruik.

Dit is die stoetery se eerste Elitekoei, hoewelhyal­verskeieke­reSAStambo­ekseElitev­leisbeesto­ekenning ontvang het – brons in 2018 en 2019 en silwer sedert 2021.

Geseën met goeie weiding

Die plaas is op ’n vlakte aan die noordelike voet van die Waterberg geleë. Ondanks die afgelope somer se skrapse 300 mm reën bied die gras en rosyntjieb­osse op sanderige grond steeds goeie weiding. Na gelang van die seisoen en reën gebruik hulle Alzu se winter- of somerlek in blokvorm vir minder vermorsing en matige inname.

Die somers is besonder warm en die kwik daal in die winter soms tot onder vriespunt. ’n Swaar bosluislad­ing en gepaardgaa­nde siektes word met ’n dipprogram aangedurf.

Die plaas is met soetveld geseën, met ’n verskeiden­heid grasse, soos Eragrostis, vingergras, rooigras en bloubuffel­gras. Die plaas is in 15 kampe verdeel met waterpunte in elke kamp wat van ’n sentrale dam af volgehou word. Hulle pas drukbeweid­ing toe.

’n Dektyd met natuurlike dekking deur gekose bulle word gevolg, sê Bennie.

Hoewel ’n plaas en beesboerde­ry nooit deel van Cecilia se drome was nie, is sy van die begin af betrokke.

Sy behartig die administra­sie op Logix, wat grootliks tot hul eerbewyse bygedra het, sê Bennie. “Ons is dus ’n goeie span, al is sy steeds heeltyds in haar regsprakty­k in Pretoria.”

 ?? FOTO’S: BERGALLEEN-BOERDERY BK ??
FOTO’S: BERGALLEEN-BOERDERY BK
 ?? ?? Bennie en Cecilia van der Linde
Bennie en Cecilia van der Linde

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa