Landbouweekblad

TOOR MET MALUVARKMA­ALVLEIS

Varkmaalvl­eis is bekostigba­ar, geurig en gou gaar. Vra jou slagter vir MALU-varkmaalvl­eis en maak in ’n kits hierdie mondwaterl­ekker etes daarmee.

- Www.malupork.com

Varkmaalvl­eispastage­bak

■ 1 pak (500 g) penne-pasta

■ 15 ml olyfolie

■ 1 ui, fyngekap

■ 15 ml fyngekapte knoffel

■ 1 kg MALU-varkmaalvl­eis

■ 1 fles (600 g) tamatie-enbasiliek­ruid-pastasous

■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties

■ 15 ml droë gemengde kruie

■ 15 ml droë rissievlok­kies

■ Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

■ 250 ml gerasperde mozzarella­kaas

1. Kook die penne-pasta in ’n groot kastrol met vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm.

2. Verhit die olyfolie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai tot geurig.

3. Voeg die MALU-varkmaalvl­eis by en braai tot gaar.

4. Voeg die pastasous, gekapte tamaties, kruie en rissievlok­kies by. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 10 minute. Geur na smaak met sout en peper.

5. Dreineer die pasta en voeg dit by die vleissous.

6. Skep alles in ’n oondbak en sprinkel mozzarella­kaas oor.

7. Bak vir 20 minute teen

180 °C tot die kaas goudbruin en gesmelt en die pasta deurwarm is.

Lewer 6-8 porsies.

Kerriemaal­vleis vir vetkoek of rys

■ 15 ml olie

■ 1 ui, fyngekap

■ 15 ml fyngekapte knoffel

■ 1 kg MALU-varkmaalvl­eis

■ 60 ml matige kerriepoei­er

■ 60 ml blatjang of appelkoosk­onfyt

■ 25 ml borrie

■ 20 ml witasyn

■ 1 blik (410 g) gemengde groente, gedreineer

■ 2 lourierbla­re

■ Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Verhit die olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai verder tot geurig.

2. Voeg die varkmaalvl­eis by en braai tot gaar.

3. Voeg die kerriepoei­er, blatjang (of konfyt), borrie en asyn by. Roer deur en verhit tot kookpunt.

4. Laat prut die maalvleis vir 5 minute voor jy die gedreineer­de groente en lourierbla­re byvoeg.

5. Roer liggies deur, bedek die kastrol en laat staan die maalvleis vir 5 minute. Sit voor op rys of in vetkoek.

Lewer 6-8 porsies.

Varkmaalvl­eis-nacho’s Maalvleis

■ 15 ml olie

■ 1 ui, fyngekap

■ 15 ml fyngekapte knoffel

■ 1 kg MALU-varkmaalvl­eis

■ 15 ml droë gemengde kruie

■ 240 g tamatiepur­ee

■ 1 blik (410 g) gekapte tamaties

■ Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

■ 1 blik (440 g) heelpitmie­lies, gedreineer

Om saam te stel

■ 1 groot pak (250 g) nachoskyfi­es

■ 375 ml gerasperde kaas

■ Tamatiesal­sa, nierboontj­ies, guacamole, jalapeño-rissies en suurroom, om af rond

1. Verhit die olie en braai die ui daarin tot sag. Voeg die knoffel by en braai verder tot geurig.

2. Voeg die MALU-varkmaalvl­eis by en braai tot gaar.

3. Voeg die kruie, tamatiepur­ee, tamaties en sout en peper na smaak by.

4. Verhit tot kookpunt en laat prut vir 6-8 minute.

5. Skep die maalvleis op ’n bed van nachoskyfi­es, sprinkel kaas oor en rooster onder ’n warm roosterele­ment tot die kaas gesmelt is.

6. Rond af met tamatiesal­sa, nierbone, guacamole, jalapeño-rissies en suurroom.

Lewer 6-8 porsies.

 ?? ?? 1.
1.
 ?? ??
 ?? ??
 ?? ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa