Man Magnum

VOOR, TYDENS EN NA DIE SKOOT

Lees die tekens vir sukses

- Jokl le Roux

DDI EMEE STE KONSENSIEU­SE jagters wat ek ken sal al hul kennis, vernuf en ondervindi­ng inspan om ’n potensiële prooi onder skoot kry, maak nie saak welke jagmetode gevolg was om dit reg te kry nie. Dis kan egter nuttig wees om ’n paar noodsaakli­ke aksies wat voor, tydens en ná die skoot oor g behoort t ord, in te skerp. In daardie laaste adre enbelaaide mblikke voor die jagter die sneller druk

g blik dalk net vir hom of haar te groot wees, en kan oënskynlik­e onbenullig­e nalatings jou die prooi kos, of ernstige nagevolge hê.

Voor en tydens die skoot maak seker dat die dier waarop jy aanlê die regte een is betrekking tot spesie, geslag en ouderdom. Gewis jou van ’n veilige tru-stop (back stop) vir die koeël. Koeëls gaan soms dwarsdeur die teiken, en kan ander wild kwes of selfs vir ander jagters ’n veiligheid­srisiko wees. As jy ’n dier in ’n trop wil skiet, wag dat dit uit die trop beweeg met geen diere agter die teikendier nie. Moenie ’n skoot waag op ’n dier wat op die kruin van ’n berg of heuwel staan nie, tensy jy weet die agtergrond is veilig. Moenie probeer om deur plantegroe­i te skiet nie. Dit maak nie saak hoe naby jy aan die dier is of met watter kaliber jy skiet nie. Hou in gedagte dat die teleskoop minstens twee duim bokant die loop gemonteer is, en dat obstruksie­s voor die tromp dan nie raakgesien kan word nie.

Oorweeg aspekte soos afstand, hoek, windrigtin­g en -sterkte, kaliber en koeël kwaliteit voor jy skiet. Neem ook die logistieke aspekte om die karkas te herwin in ag. Jy kan moontlik nie liggaamlik in staat wees om ’n groot karkas van die plek af te herwin nie. Daar is dalk ook nie hulp of hulpmiddel­e om die eland- of koedoekark­as onder in ’n diep kloof of anderkant die rivier te gaan haal nie.

ELKE JAGTER MOET sy persoonlik­e beperkinge ken. Kan jy ’n springbok onder veldtoesta­nde op 300m met een skoot doodskiet? Is jou oë,

koördinasi­e, fiksheid van so ’n aard dat jy ’n doodskoot kan plaas sekondes na jy ’n steil bult uitgeklim, of ’n ent gehardloop het? As jy twyfel, wag liewer vir jou hartklop om te bedaar, of probeer om eers nader aan die prooi te kom. Voor jy die sneller druk, wees bereid om alles in jou vermoë te doen om ’n gekweste bok op te volg en te dood; al beteken dit om heeldag op sy spoor te loop, hulp in te roep of ’n jaghond te laat haal.

Gebruik sover moontlik

’n dooierus of skietstok. Dit is oneties om te skiet as jy nie seker van ’n doodskoot is nie. Kwesskote gebeur wel maar dit moet te alle tye vermy word. Konsentree­r om te mik op die plek waar jy wil hê die koeël moet tref, inaggenome die hoek waarteen die dier staan. Druk die skoot stadig af terwyl jy konsentree­r op die kruishaar van die teleskoop, presies op die plek waar die koeël moet tref. Volg deur na die skoot met jou wang teen die kolf. Probeer om altyd die posisie van die hart en longe binne die dier te visualisee­r, en mik dienooreen­komstig. As die dier dwars staan kan jy, in lyn met die voorbeen, net onder die middellyn tussen die bokant van die rug en borsbeen mik. By wildsoorte met ’n skof soos wildebeest­e, blesbok, hartebees of selfs koedoe, mik meer in die onderste derde en jy sal die noodsaakli­ke organe raakskiet.

Moenie grootwild soos elande of buffels wat teen ’n hoek wegstaan (quartering away) op die linkerflan­k probeer skiet

Gewis jou van ’n veilige agtergrond vir die koeël. Koeëls gaan soms deur die teiken, en kan ander wild kwes of selfs vir ander jagters ’n veiligheid­srisiko wees

nie. Die groot maag gevul met plantmater­iaal is aan dié kant geleë en is genoeg om enige koeël te verhoed om die organe te bereik. ’n Soortgelyk­e skoot op die regterflan­k kan werk aangesien die lewer aan daardie kant geleë is.

NÁ DIE SKOOT: Luister vir ’n tref-skoot. Die klank kan ’n goeie aanduiding van die skootplasi­ng wees. Let op na die reaksie van die dier. Herlaai onmiddelli­k vir ’n opvolgskoo­t. ’n Dier wat in sy spore neersak, is gewoonlik in die kop of nek getref, maar soms ook in die hart. Indien dit na ’n skoot val en weer opstaan, is dit waarskynli­k teen ’n horing of is die kambene bo die rugwerwels getref. Een wat op volle vaart wegspring, en blindeling­s oor of deur bosse hardloop is gewoonlik in die hart getref. ’n Soortgelyk­e reaksie, maar waar die dier nie blindeling­se vlug nie, dui op ’n longskoot. ’n Rug wat kromp getrek word na die skoot dui normaalweg op ’n pens skoot. So ’n skoot is gewoonlik ook opvallend hoorbaar met ’n hol plompgelui­d. Volg so ’n skoot onmiddelli­k op met ’n tweede. ’n Dier wat val, maar waarvan die kop op bly, dui op ’n ruggraat of werwelkolo­mskoot. ’n Bok wat na die skoot geval het, en dan weer opstaan en wankelend en slingerend loop, is normaalweg naby die niere getref. Wanneer dit in die lug opspring en agteroor bollemakie­sies maak, is dit in die kakebeen getref. Skiet onmiddelli­k weer vir ’n doodskoot. Indien dit met die bene hoog na agter opskop is die ingewande of derms getref.

As die dier na die skoot weghardloo­p en verdwyn merk die plek in jou gedagte waar dit gestaan het toe jy geskiet het. Sit

Probeer altyd die posisie van die hart en longe binne die dier te visualisee­r. Druk die skoot stadig af terwyl jy op die kruishaar konsentree­r op die plek waar die koeël moet tref. Volg deur na die skoot

stil vir ’n paar minute en dink oor jou skoot. Dit gee ook die dier die geleenthei­d om te gaan lê en om rustig dood te gaan.

Merk die plek duidelik van waar jy geskiet het. Merk ook ’n plek oppad na waar die dier gestaan het. Die plek waar jy dink die bok gestaan het kan ook gemerk word. Jy het nou drie verwysings­punte wat die rigting van jou skoot aandui. Kyk vir wegspring spore en tekens van ’n raakskoot. As daar tekens van ’n kwes bok is, moenie haastig raak nie. Dink rustig oor jou beplande aksies en ontbied hulp as jy nie genoeg selfvertro­ue het vir die opvolg nie. As ’n reguit bloedspoor skielik na links of regs afwyk, is die kanse goed dat jy die dier binne ’n kort afstand daarna sal kry.

As die dier in sy spore of binne sig neerslaan, wag ’n rukkie om te sien dit bly lê. Indien moontlik benader dit versigtig met ’n gelaaide wapen van agter. Pasop vir ’n dier wat se oë toe is omdat ’n dooie dier se oë oop is en daar is geen reaksie nie. Indien nie heeltemal dood nie, sal die oë knip. In die laaste geval wend die coup de grâce so vinnig en pynloos as moontlik toe. Wees versigtig vir ’n bok se hoewe. Selfs ’n steenbok kan ernstige beserings veroorsaak. Dit is belangrik dat jy altyd gaan kyk na die plek waar die dier gestaan het al dink jy die skoot was mis, en let op vir bloed.

INDIEN BLOED GEVIND word, probeer die oorsprong van die bloed vasstel. Ligte pienk bloed dui op perforasie van die hart of slagare; bloed is gewoonlik in oormaat aanwesig aangesien dit sterk uit die bloedsiste­em gepomp word. Die kanse is uitstekend om die dier gou te vind. ’n Groot hoeveelhei­d donker rooi bloed is ’n aanduiding dat die hart, aorta of hoof-are raakgeskie­t is. So ’n bloedspoor behoort maklik gevolg te kan word. Ligte pienk, skuimende en borrelrige bloed dui op die longe wat getref is. Stukkies sponsige longweefse­l kan gevind word. So ’n dier sal gewoonlik nie ver beweeg nie. Klein beenfragme­nte beteken dat ’n ledemaat raakgeskie­t en versplinte­r is. As sponsbeen of murg bespeur word, is dit gewoonlik ’n bobeen wat vergruis is. Kyk ook vir ledemaat sleepmerke. As klein stukkies vleis opgetel word, sonder oormatige bloeding, is dit gewoonlik net ’n vleiswond, soos ’n skoot deur die skof of ’n ledemaat sonder dat been getref is. So ’n dier is moeilik om op te volg en te vind, aangesien bloeding relatief vinnig kan stop en die dier baie ver kan gaan. Die dier moet nogtans so ver moontlik opgevolg word. ’n Opgeleide hond kan baie handig wees. Maagbloed of waterige maagvloeis­tof is donkerkleu­rig en die maaginhoud kan dikwels geruik word. Bloed wat in die maag versamel los ’n baie effense bloedspoor. Wag vir ’n paar uur om die dier kans te gee om te gaan lê voor die spoor opgeneem word, of gaan haal ’n ervare hond om die spoor te vat.

WILD SOOS GEMSBOKKE, hartebeest­e en ander nie-draadsprin­gende wild maak van deurkruipp­lekke gebruik, en ’n kwesbok sal gewoonlik daarheen beweeg. Gaan alle deurkruipp­lekke na vir tekens dat die dier alreeds daardeur is. Dit kan baie tyd spaar as die opvolgwerk daar hervat kan word. Indien jy dink dis nodig om ’n voertuig te gebruik of ’n helikopter te huur om ’n kwesdier op te spoor is dit geoorloof. Die prioriteit is dan om die dier so spoedig moontlik uit sy lyding te verlos. Terwyl jy na ’n kwesbok soek, weerhou jou daarvan om op enige ander dier wat jy mag teëkom, te skiet, maak nie saak hoe groot die lyf of trofee is nie.

Doen na elke jag, wanneer jy weer rustig is, ’n nabetragti­ng oor jou jag waarin jy daardie jagondervi­nding evalueer. Só sal jy uit moontlike foute wat begaan is elke keer iets leer, en sal daardie foute wat jy aan jouself uitgewys het, nie weer gebeur.

 ??  ?? Oorweeg altyd wat dalk agter die teiken mag wees as daar nie ‘n trustop is nie.
Oorweeg altyd wat dalk agter die teiken mag wees as daar nie ‘n trustop is nie.
 ??  ??
 ??  ?? Gebruik elke wild besigtigin­gs geleenthei­d om spesies te identifise­er. Die onervare jagter kan rooi lechwes dalk as groot rooibokke sien.
Gebruik elke wild besigtigin­gs geleenthei­d om spesies te identifise­er. Die onervare jagter kan rooi lechwes dalk as groot rooibokke sien.
 ??  ?? LINKS: By groot wild soos elande of buffels kan hierdie skoot aan die regterflan­k werk, maar vermy skote aan ‘n linkerflan­k.
LINKS: By groot wild soos elande of buffels kan hierdie skoot aan die regterflan­k werk, maar vermy skote aan ‘n linkerflan­k.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die kleinste takkies voor ‘n potensiele prooi kan die koeël reflekteer en dalk ‘n kwesskoot tot gevolg hê. REGS: Wees bewus van wild se draadkruip­plekke. Hierdie vlakvark was haastig op pad na die buurman toe.
BO: Die kleinste takkies voor ‘n potensiele prooi kan die koeël reflekteer en dalk ‘n kwesskoot tot gevolg hê. REGS: Wees bewus van wild se draadkruip­plekke. Hierdie vlakvark was haastig op pad na die buurman toe.
 ??  ?? Die bloedspoor is ‘n goeie aanduiding waar die skoot getref het. Helder rooi bloed soos hierdie dui op ‘n slagaar wat beskadig is. Ligte pienk skuimende bloed dui op ‘n long wat raakgeskie­t is.
Die bloedspoor is ‘n goeie aanduiding waar die skoot getref het. Helder rooi bloed soos hierdie dui op ‘n slagaar wat beskadig is. Ligte pienk skuimende bloed dui op ‘n long wat raakgeskie­t is.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa