Man Magnum

Koedoehori­ngs

- – Charles Terblanche, Oos-kaap

Baie dankie vir die broodnodig­e artikel (Magnum, Jan 2020) oor ware draaie van ʼn koedoehori­ng. Ek het in Namibië geleer jag en eers baie jare later in die Karoo kom wysword dat ʼn koedoe kan sien wat hy met die punt van sy horings doen of wil doen. Ek wou dit eers nie glo nie en ek het baie jare nie die kans laat verbygaan om net te kyk nie. Keer op keer het ek in die spiraal van die horings aan die binnekant afgekyk en elke keer in die oogkas vasgekyk. So kan ʼn koedoebul dan ʼn lekker pruimboomt­akkie afbreek, optel en eet. Baie van ons het seker al gewonder hoe die ‘ou grotes’ dit regkry? Daar is nog van ons wat dit nie weet of glo nie. Kyk gerus self.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa