Man Magnum

KAMANJAB BERGSEBRA

...klippe kou in Kaokoland

- Francois Jacobs

Kaokoland se rateltaai streep-donkies

TY DENS ʼnKO UE oggend op Potchefstr­oom, net voor die wintervaka­nsie, het ek na die jagveld verlang en reëlings getref vir ʼn Hartmann-bergsebra jag in Kamanjab se onherbergs­ame berge in die noorde van Namibië. Dit was nog altyd ʼn groot droom om dié sebra in hulle natuurlike habitat te jag, maar ek was nog nie suksesvol nie. Dié vakansie was ook die eerste keer dat ek my meisie, Renate, sou saam neem ‘huis toe’.

Die plaas waar die jag gereël was het diep in die bergreeks gelê en het slegs een pad gehad wat deur dit geloop het. Die res van die plaas was vir kilometers slegs te voet toeganklik. Renate en ek was vóór dagbreek by ʼn watergat. Ek het onmiddelli­k die vars spore gevolg. Die spore is ʼn berg oor, so ook ʼn tweede en by die derde berg het ek die spoor verloor. Terwyl ek op die spoor was, was ek weer in verwonderi­ng hoe dié sebras dit regkry om nou voetpaadji­es langs steil kranse te volg. Ons het besluit om na die naaste bergkruin te stap en van daar die valleie met verkykers te deursoek na die sebras.

Ek het harde lesse geleer op my vorige jag na sebras in die berge. Die belangriks­te item wat enige jagter moet hê tydens so ʼn jag is goeie en gemaklike stapskoene. Alhoewel die betroubare Namibiese koedoeleer veldskoen sy plek het in die jagveld, los dit maar by die huis as jy berge gaan aanpak, anders gaan jy huil. Jou jagklere moet vaal en aangepas wees vir die dorre bergwêreld. ʼn Goeie verkyker en afstandsoe­ker is ʼn moet. Dit is baie belangrik om gereeld onder ʼn boom te gaan sit om elke vallei en kruin deeglik te fynkam vir enige beweging. Dit is gewoontlik ʼn bewegende oor of stert wat die bergsebra weggee.

Die belangriks­te item wat enige jagter moet hê tydens so ʼn jag is goeie en gemaklike stapskoene

OMDAT EK SELDE verder as 150m skiet, het ek my betroubare Mausergewe­er in .30-06 saamgeneem. Dit was toegerus met ʼn Swarovski Habicht 4x36 teleskoop en ek het handgelaai­de 180gr

PMP patrone gehad. Dit is ook belangrik om iets te ete te neem en genoeg water vir minstens 12 ure se stap. Omdat Renate by was het ek ʼn ligte piekniek-ete gepak met romantiese bedoelings. Sy was egter ná agt ure se stap in die skroeiende hitte nie meer so opgewonde oor haar eerste besoek nie. Ons het ook eers teen laat middag drie sebras gewaar, maar hulle was baie ver.

Die Hartmann-bergsebra, wat in groot dele van Namibië se bergreekse voorkom, is een van die gehardste diere. Hulle oorlewing in droë dorre areas, insluitend die Namib woestyn, is vir my ʼn natuurlike wonder. Die gemiddelde massa van ʼn volgroeide Hartmann is tussen 210 en 230kg. Hulle is besonders goed gekamoefle­er teen ʼn bergagtige agtergrond en raak maklik weg as jy jou oë van hulle afneem. Hulle vel met wit en swart strepe gee jagters verkeerdel­ik die idee dat hulle sou uitstaan in hulle omgewing. Bergsebras lyk ook altyd nader as wat die afstand werklik is en daarom moet ʼn jagter baie seker maak hoe vêr die skoot is. Dit is hoogs onwaarskyn­lik dat jy ʼn sebra sou gewaar voordat hy jou gewaar. Soms hoor jy net klippe rol en kan jy seker wees dit ʼn bergsebra was wat op die vlug geslaan het. Ek het geleer dat hulle tydens die hitte van die dag in ʼn skaduwee kol onder ʼn bergkruin rus tot temperatur­e in die valleie weer daal. Vroegoggen­de en in die aande beweeg hulle dan weer af op soek na weiding en water. In die berge is wind geneig om te dwarrel en ek het geleer dat dit altyd beter is om so hoog as moontlik op die berg se kruin te loop, maar nie so dat jou silhoeët maklik gesien kan word nie.

RENATE, MET DIE meeste toerusting, het onder ʼn boom gewag terwyl ek verder agter die drie sebras aanbeweeg het. Die terrein voor my sou veroorsaak dat ek soms die sebras buite sig sou hê en daarom het ek ʼn rotspunt bokant hulle as mikpunt ge

identifise­er. Daarna het ek elke vallei en mopaniebos tussen my en die sebras as skuiling gebruik om nader te beweeg. Na meer as ʼn uur se bekruip was hulle skielik minder as 80 tree voor my gewees. Dit het gelyk of hulle reeds van my geweet het, maar het nie weggehardl­oop nie. Toe ek aanlê het bokkoors my oorval sodat my hele liggaam gebewe het. Ek het my hele lewe lank gedroom om ʼn Hartmann te jag, maar daar is niks wat jou kan voorberei vir die oomblik as jy die sneller moet druk nie. Ek het diep asem gehaal en die geweer in my skouer gelig. Die skoot was oorverdowe­nd in die berg. Vir ʼn oomblik het ek getwyfel oor die skoot want al drie sebras het nog steeds na my gestaan en kyk. Dit was die vreemdste gedrag wat ek nog ooit gesien het. Die sebra waarna ek geskiet het het toe ʼn paar tree gegee en gaan lê. Die ander twee sebras het 20m verder geloop en weer gaan staan. Ek het weer die geweer gelig en nog ʼn bergsebra op die blad geskiet wat 60 tree verder neergeslaa­n het. Ek was baie gelukkig dat die twee karkasse nie teen die steil afgrond afgerol het nie.

Nadat Renate by my aangesluit het het ek skielik besef wat se reuse taak voorlê. Die roete terug na die voertuig was omtrent 8km oor berge en deur valleie, en dit het donker geword. Toe dit pikdonker raak het ons vir so ʼn rukkie gewag vir die maan om op te kom - dit was gelukkig volmaan en ons kon darem so min of meer ʼn paadjie sien. Die stap na die voertuig was ʼn naelbyt-affêre. Uiteindeli­k het ons by die bakkie aangekom en opstal toe gery. Ek het vinnig iets geëet en toe sewe slagters opgelaai om te help om die sebras te herwin. Ek het met die terugstap orals stukke toiletpapi­er aan die bome vasgemaak, sodat ons die pad na die sebras maklik in die donker sou kon kry. Elk van die slagters het ʼn koplig gehad en ons het genoeg tou saamgevat om takdraagba­re vir die vleis te maak.

Ons het die 8km in die bergagtige terrein met ʼn volmaan en kopflitse aangepak. Teen ongeveer 23:00 het ons na vier ure se stap by die karkasse aangekom. Die slagters was teen dié tyd nie meer baie opgewonde nie veral toe hulle besef hoe ver die vleis en velle teruggedra moes word. Om die gemoedere te lig tydens die afslag het ek ʼn vuur gemaak en vir hulle lewer gebraai. Om die twee sebras te slag en die honderde kilogram vleis op die selfgemaak­te takdraagba­re te pak het ons amper die hele nag geneem. Met die terugtog het van die moeë slagters eenvoudig inmekaar gesak en wou net tou opgee. Ons was eers teen sonop weer by die bakkie.

By die opstal het ek met my vuil lyf en klere in die bed geklim! Ek was aan die slaap voor my kop die kussing getref het.

DIE MOORDENDE DAG kan nie maklik vergeet word nie en ten spyte van die swaardra uit die berg het die velle mooi behoue gebly. Vir ʼn onvergeetl­ike ervaring moedig ek jagters aan om dié sebra te voet te jag. Renate (en ek) het die jag oorleef en hoewel sy my sedertdien op baie jagtogte vergesel het, sit sy haar voet neer vir nog ʼn sebrajag in Kamanjab se berge!

Vir ʼn onvergeetl­ike ervaring moedig ek jagters aan om ʼn bergsebra te voet te jag

 ??  ?? LINKS: Die plek waar die jag begin het is geleë in die oop vlakte op die horison in die agtergrond. REGS: Natuurlike watergat in die berge.
LINKS: Die plek waar die jag begin het is geleë in die oop vlakte op die horison in die agtergrond. REGS: Natuurlike watergat in die berge.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: Daar was kameelperd­e aan die voet van die berg. REGS: Die tweede sebra wat geskiet is en my Mausergewe­er in .30-06.
LINKS: Daar was kameelperd­e aan die voet van die berg. REGS: Die tweede sebra wat geskiet is en my Mausergewe­er in .30-06.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Hartmann-bergsebras is goed gekamoefle­erd in die berg terrein.
BO: Hartmann-bergsebras is goed gekamoefle­erd in die berg terrein.
 ??  ?? ONDER: Die sebras het my tot hoog in die berg laat klim.
ONDER: Die sebras het my tot hoog in die berg laat klim.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die skrywer met vaal jagklere wat gepas was vir die dorre bergwêreld.
ONDER: Son opkoms voor die dag se jag begin.
BO: Die skrywer met vaal jagklere wat gepas was vir die dorre bergwêreld. ONDER: Son opkoms voor die dag se jag begin.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa