Glock – die hele prentjie
Ek sal nie ’n CZ 75 ruil vir ’n Glock nie (Trail Talk, Maart 2020) want as jy ’n patroon in die Glock se loop het en iemand raak per ongeluk aan die sneller, gaan die skoot af. Met die CZ moet jy die skoot doelbewus afdruk.
Met die Glock word jy dus gedwing om die wapen sonder patroon in die loop te dra, en dit is onveilig
want baie aanvalle is onverwags en vining en jy gaan nie altyd tyd hê om jou vuurwapen te span nie.
Ek het nog die eerste MAN uitgawe. – Thys Swart, Wes-kaap
➤ Ons is seker dat Glock entoesiaste gaan verskil. Dit bied egter die geleentheid om lesers te herriner om jou vinger net op die sneller van ’n wapen te plaas wanneer jy reg is om te skiet, en nooit tydens die hantering van die wapen nie. Vir handwapens, gebruik ’n holster wat die sneller bedek, en indien moontlik een wat die wapen in posisie vas sluit, byvoorbeeld Safariland se Pro-fit Holster met Grip Lock System. – Redakteur