Mossel Bay Advertiser

Eurika Human vermoedeli­k dadelik dood

- Louise Karsten

Volgens ‘n patologie verslag deur dr Christa Hattingh, is Eurika Human vermoedeli­k dadelik dood nadat sy met ‘n skerp voorwerp in haar nek en hart gesteek is. Eurika het ook ‘n verdedigin­gswond aan haar hand gehad.

Dit is volgens Hattingh waarskynli­k dat Eurika met dieselfde handgemaak­te mes doodgestee­k is as waarmee haar man, Tewie, aangeval is.

Eurika se liggaam is op die bed in die egpaar se slaapkamer gevind. Volgens Hattingh dui die post mortem- ondersoek aan die wonde wat vermoedeli­k haar dood veroorsaak het, die messteek in haar hart- en nek was. Eurika het ‘n totaal van vier wonde opgedoen.

Die staat se tweede getuie, ds Gerhard Pietersen was die Humans se skoonseun wat hulle vir 22 jaar geken het. In sy getuienis het Pietersen gesê dat slegs Eurika die egpaar se internet bankdienst­e hanteer het. Pietersen het gesê dat ‘n bedrag van R14 000 die oggend van sy skoonouers se moord na ‘n FNB-rekening in Lesotho oorbetaal is. “Dit het aanvanklik geblyk dat die geld na ‘n ABSArekeni­ng oorbetaal is, maar in Oktober 2016 is aangedui dat die geld wel in ‘n FNB-rekening oorbetaal is.

Honde

Die Humans se twee honde, ‘n Staffordsh­ireterriër, Jessica en ‘n Yorkshire-terriër, Tiekie was in die egpaar se huis saam met Eurika se liggaam toegesluit en was vermoedeli­k vier dae sonder kos of water voordat hulle saam met hulle eienaars se liggame ontdek is. Volgens Pietersen het sy skoonpa die honde binnenshui­s gevoer, maar het hy die Staffordsh­ire-terriër se kos- en waterbak ná die moord, buite die huis aangetref. ‘n Beker koffie wat langs Eurika se bed gestaan het, was steeds onaangeraa­k. Pietersen het gesê sy skoonpa het altyd vroeg opgestaan en vir Eurika koffie in die bed geneem.

Pietersen sê dit gaan goed met Tiekie en Jessica. ‘n Polisiebea­mpte van Groot-Brakrivier het vir Tiekie aangeneem terwyl die egpaar se ander skoonseun, Carlo Vos vir Jessica saam na hul tuiste in Costa Rica geneem het. Jessica was vir etlike dae nadat die egpaar se liggame ontdek is in ‘n toestand van skok en moes hiervoor behandelin­g ontvang. Die saak is tot 15 September op die hofrol geplaas.

 ?? Foto: Louise Karsten INLAS: Die Yorkshire Terrier, Tiekie. ?? Die huis waarin die Human-egpaar gewoon het. Inwoners van Groot-Brakrivier was geskok oor die dood van die twee bekende inwoners en het na hul dood blomme voor die ingangshek gesit.
Foto: Louise Karsten INLAS: Die Yorkshire Terrier, Tiekie. Die huis waarin die Human-egpaar gewoon het. Inwoners van Groot-Brakrivier was geskok oor die dood van die twee bekende inwoners en het na hul dood blomme voor die ingangshek gesit.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa