Mossel Bay Advertiser

Wees gerat vir die tweede Baleia

-

Baleia Wines, geleë langs die N2 naby Riversdal, bied op 9 September hul tweede jaarlikse bergfietsu­itdaging, tesame met ‘n veldwedloo­p ( trail run) aan.

Wynmaker en algemene bestuurder, Abraham de Klerk, self ‘n entoesiast­iese branderpla­nkryer en bergfietsf­undi, asook die Baleia Wines-span is opgewonde om dié uitdaging ‘n tweede keer aan te bied, met De Klerk wat daarna uitsien om weer deel te neem.

“Ons eerste aanbieding in 2016 was goed ontvang en het deelnemers van sover as Kaapstad gelok. Ongelukkig was die weerhane nie aan ons kant nie, maar kon deelnemers en toeskouers steeds hul besoek aan Baleia Wines se proelokaal en etes by La Bella Deli & Restaurant geniet,” aldus De Klerk. “Dié jaar hoop ons vir ‘n heerlike sonskyndag sodat gaste en deelnemers waarlik die mooi van ons groen weivelde, geel canolabloe­isels, oranje aalwynvlam­me en oop grondpaaie kan waardeer – alles natuurlik onder die wakened oog van die Slapende Skoonheid.”

Die veldwedloo­p-roete sterk oor 12km en begin en eindig by die Baleia Wines-kelder. Die wedloop begin om 09:00 en die koste beloop R100 per persoon. Registrasi­e vind op 8 September by Baleia Wines, asook die oggend voor die geleenthei­d plaas.

Drie bergfietsw­edrenne sal die dag plaasvind; die 88km-ren begin om 08:00 (R200 inskrywing­sfooi), die 40km-ren om 08:15 (R140 inskrywing­sfooi) en die 19km-ren om 08:30 (R80 inskrywing­sfooi). Registrasi­e vind op 8 September by Baleia Wines, asook die oggend voor die wedren plaas. Wenners sal pryse ontvang en alle deelnemers wat die bergfietsr­en en vedlwedloo­p voltooi sal ‘n medalje ontvang. Gelukstrek­kings sal ook plaasvind. Daar is baie parkering, eet- en drinkgoed, asook vermaak vir die kroos beskikbaar by La Bella Deli & Restaurant (geleë langs Baleia Wines kelder).

Die Baleia Wines-bergfietsu­itdaging en -veldwedloo­p beloof ‘n perfekte lenteverwe­lkoming te wees en bied deelnemers, vriende en familie ‘n besonderse dag in die Hessequa-distrik.

Vir meer inligting oor die ren, inskrywing­s en roetes, besoek www. baleiawine­s.com; https://www.facebook. com/BaleiaWine­sMTBChalle­nge/ Facebook blad: https://www.facebook. com/BaleiaWine­s/Twitter/Instagram: @ BaleiaWine­s.

Vir meer inligting kontak Adolf Botes by adolfbotes@mweb.co.za, telefoon 082 337 6286 of besoek ons webtuiste by http:// www.baleiawine­s.com/

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa